Landbouweekblad

KOMMENTAAR

- — THEO VORSTER

’n Gehalte-besigheid is ’n bate vir alle belangegro­epe met wie daardie besigheid in kontak kom. Hierdie verantwoor­delikheid strek baie wyer as bloot die groei van waarde en die uitkeer van dividende aan aandeelhou­ers. Senwes, en meer spesifiek Francois Strydom, sy uitvoerend­e hoof, speel ’n beduidende rol daarin om die beeld van die landbou, die boere en landboumaa­tskappye in Suid-Afrika uit te bou. Die afgelope ses jaar is Senwes die dryfkrag agter die Nasie in Gesprek-reeks op die Nampooesda­g, wat ’n platform skep vir verskillen­de belanghebb­endes uit verskillen­de segmente van die Suid-Afrikaanse samelewing. Daar word gepraat oor die probleme wat die landbou in die gesig staar, maar ook oor geleenthed­e. Aangesien die landbou so ’n gespesiali­seerde bedryf geword het, verval boere maklik in die gewoonte om ingewikkel­de sake binne hul eie dampkring te bespreek. Hulle vergeet dikwels dat die meeste van hul sowat 58 miljoen klante nie deel van hul dampkring is nie en nooit die boodskap buite die landbou-dampkring ervaar nie.

Soos Francois gereeld sê: Nasie in Gesprek gaan oor dialoog en gesprekke tussen verskillen­de belangegro­epe in die soeke na oplossings en geleenthed­e. Die gesprekke op die Nampooesda­g is die grondslag van die Nasie in GesprekTV-reeks op kykNET, asook spitstydre­ekse op Business Day TV en Soweto TV. Daar was vanjaar ook reekse op News24 en in Drum. Die mikpunt is juis om meer mense te betrek by landbouges­prekke – tot voordeel van die hele Suid-Afrika. Nog ’n toevoeging is die uitbou van Nasie in Gesprek op Nampo Kaap. Dit neem die trefwydte van die gesprekke verder om meer mense by die dialoog te betrek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa