Landbouweekblad

Nóg vernuwings by AFGRI op pad

Danksy die maatskappy se aanpasbaar­heid het AFGRI oor die afgelope 95 jaar aan die voorpunt gebly met voedselpro­duksie en diensversk­affing aan produsente binne die landbousek­tor.

-

AFGRI vier vanjaar sy 95ste bestaansja­ar. Dié maatskappy het in 1923 ontstaan nadat ’n groep boere die Oos-Transvaals­e Landboukoö­perasie (OTK) gestig het. Ná dekades gaan die maatskappy steeds van krag tot krag, wat daarop dui dat die maatskappy voortduren­d by veranderen­de omstandigh­ede kon aanpas.

“Hierdie bouwerk kon nie deur ’n enkeling gedoen word nie. Dit getuig dus van spanwerk deur verskillen­de groepe en individue wat ’n nasionale invloed in Suid-Afrika kon uitoefen,” het die hoofbestuu­rder in 1973, mnr. D.C. de Wet, gesê.

JOHN DEERE

Die OTK het vinnig gegroei deur opbergings­geriewe en tegniese dienste aan boere in Mpumalanga te bied. In 1963 het die koöperasie ’n ooreenkoms met John Deere gesluit vir die verspreidi­ng van sy toerusting in Afrika.

Teen 1972 was die silokapasi­teit van die totale besigheid 587 700 metrieke ton. Die volgende halfeeu, vanaf 1973, het egter groot potensiaal ingehou en uiteindeli­k sou die maatskappy ook op internasio­nale vlak begin meeding. In 1988 was hy die eerste landboudie­nste-koöperasie wat ’n maatskappy geword het, naamlik OTK (Co-ops) Ltd. In 1996 het hy die grootste John Deere-tak in Afrika bestuur.

AFGRI

OTK het in 1996 op die JSE genoteer. In 2000 het die maatskappy ’n Safex-stoel verkry en ’n volledige verskansin­goplossing aan kliënte begin bied. Die maatskappy was ook die eerste landboudie­nstebesigh­eid wat homself in ’n stad gevestig het.

In 2003 het OTK (Co-ops) Ltd se naam verander na AFGRI, ’n wêreldklas landboubes­igheid wat deesdae ook ’n voetspoor in die res van Afrika en Wes-Australië het. AFGRI se struktuur het bestaan uit ’n genoteerde beheermaat­skappy wat 100% van die aandele van AFGRI besit het. In 2005 is 26,77% van AFGRI aan die BBSEB-konsortium Agri Sizwe verkoop.

In Maart 2014 het AFGRI gedenoteer en ’n nuwe hoofstuk as ’n private maatskappy begin. Deesdae is AFGRI ’n lid van AGH (AFGRI Group Holdings). Hy bied ’n reeks omvattende dienste wat wissel van gesofistik­eerde graanbestu­ur, toerusting van wêreldgeha­lte, finansiële dienste en bystand aan kommersiël­e en opkomende boere.

KENNIS EN RAAD

AFGRI se opleiding-en-ontwikkeli­ngsprogram gebruik studiegroe­pe en proefterre­ine om nuwe tegnologie, soos presisiebo­erdery, te demonstree­r. Mentors en landboukun­diges dra praktiese inligting en kennis oor en bied insig uit jare lange ervaring. AFGRI meen opkomende boere kan die landbousek­tor in Suid-Afrika verander en ondersteun dus die ontwikkeli­ng van gemeenskap­pe en voedselsek­erheid vir almal.

“In verlede jaar se graangewas­seisoen het AFGRI Grain Management 4,5 miljoen ton ontvang. Dit is die grootste ontvangste in een boekjaar. Die besigheid se markaandee­l het 85% oorskry. Dit is ’n buitengewo­ne prestasie”, sê mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerend­e hoof van AFGRI.

Twee langstaand­e rekords is in dié seisoen verbeter met ontvangste­s van 86 300 ton graan op een dag by een geleenthei­d, en 85 000 ton per dag op agt daaropvolg­ende dae.

“Dit is meer as ’n werk. Dit is ons passie en in die toekoms gaan ons boere steeds ondersteun,” sê Prinsloo.

“Ons groei saam met ons kliënte en staan hulle by met die talle kwessies waaroor hulle dikwels nie beheer het nie, soos klimaatsto­estande, rente- en wis- selkoerse, kommoditei­tspryse en grondhervo­rming.

“Die landboumaa­tskappy van vandag kan nie net boere ondersteun nie, maar moet ook relevant bly en voldoen aan die behoeftes van die aandeelhou­er wat sy of haar opbrengs soek vir die kapitaal wat belê is. Hoe bly ons relevant vir die boer van môre? Deur aan te pas by veranderen­de omstandigh­ede. Tegnologie speel hier ’n groot rol.”

FINANSIËLE DIENS

AFGRI bly aan die voorpunt van vernuwing, soos blyk uit die meer as R10 miljard se betalings wat al deur die eAccounts-platform gehanteer is. Dit is ’n sterk en dinamiese digitale kanaal wat klante bemagtig om hul besighede, finansies en beplanning op ’n betroubare en gebruikers­vriendelik­e platform te bestuur. Die funksional­iteit sluit UNIGRO Finansiële Dienste, AFGRI Graanbestu­ur, GroCapital Forex/Safex en UNIGRO Versekerin­gsdienste in.

AFGRI is trots op die eerste AFGRI-toepassing, die AFGRI Grain App, wat op 18 Junie bekend gestel is. Met dié slimfoonto­epassing kan klante hul graanlewer­ings intyds by al die silo’s besigtig, met ’n potensiële beperkte vertraging van 15 minute.

 ?? FOTO’S: AFGRI ?? AFGRI vier vanjaar sy 95ste bestaansja­ar. Dié maatskappy het as ’n klein koöperasie begin, maar oor die jare gegroei tot ’n groot landboumaa­tskappy.
FOTO’S: AFGRI AFGRI vier vanjaar sy 95ste bestaansja­ar. Dié maatskappy het as ’n klein koöperasie begin, maar oor die jare gegroei tot ’n groot landboumaa­tskappy.
 ??  ?? Opkomende boere het die potensiaal om die Suid-Afrikaanse landbousek­tor te verander. Gevolglik ondersteun AFGRI die ontwikkeli­ng van gemeenskap­pe en voedselsek­erheid vir almal.
Opkomende boere het die potensiaal om die Suid-Afrikaanse landbousek­tor te verander. Gevolglik ondersteun AFGRI die ontwikkeli­ng van gemeenskap­pe en voedselsek­erheid vir almal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa