Landbouweekblad

Bemes beter met korrels BKB Graanbergi­ng bied

Zinchem is ’n vooraansta­ande verskaffer van sink sulfaat-ens ink oksied produkte aan die landboubed­ryf.

- NAVRAE: Webwerf: www. zinchem.co.za; e-pos: sales@ zinchem.co.za; tel. 011 746 5000.

Danksy die verskaffin­g van byvoegings vir dierevoer en misstowwe is Zinchem ’n voorkeurve­rskaffer van mikro-elemente. Zinchem bestaan al sedert 1946 en is onlosmaakl­ik deel van die Suid-Afrikaanse landboulan­dskap. Vernuwing en die ontwikkeli­ng van nuwe produkte kenmerk Zinchem se sukses en strategies­e voordeel bo sy mededinger­s.

Sink is die belangriks­te van al die mikro-elemente en het verskeie funksies binne die plant se fisiologie­se aktiwiteit­e.

Zinchem het ’n produk bekend gestel in die vorm van Zinc Sulphate Mono Pellets, ’n verkorreld­e weergawe van sinksulfaa­tmonohidra­at. Die Zinc Sulphate Mono Pellets is beskikbaar met 34% sink en in korrels met ’n deursnit van 2-5 mm.

Drie grade van sinksulfaa­t is by die produkte gevoeg om in die plaaslike mark se behoefte te voorsien. Sinksulfaa­t word saam met sinkoksied as spooreleme­ntaanvulli­ngs in veevoer gebruik. Sink is ook ’n aanvulling in kunsmis.

PRODUKTE

By Zinchem is sinksulfaa­tmonohidra­atkorrels (wat 34% sink bevat) nou in korrelvorm beskikbaar. Korrelverm­enging met sinkkorrel­s en NPK-korrels (stikstof, fosfaat en kalium) vir bemesting is gevolglik aansienlik makliker omdat dit saam in die bestaande bemestings­werktuig of strooier op die plaas gebruik kan word.

Produkte van ’n hoogstaand­e gehalte wat aan al die wetlike vereistes voldoen, gee aan Zinchem se klante die gerusstell­ing en vertroue dat hulle met ’n betroubare verskaffer van wêreldgeha­lte sake doen.

Zinchem is ’n afdeling van die Zimco Groep (Edms.) Bpk., en is ’n ISO9001-, ISO14001- en OSHAS18001- gesertifis­eerde maatskappy.

Al Zinchem se landboupro­dukte word volgens streng gehaltesta­ndaarde vervaardig in ooreenstem­ming met Wet 36 van 1947.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Gesonde grond lewer gesonder gewasse. ’n Aanvanklik­e grondtoedi­ening van Zinchem se verkorreld­e Zinc Sulphate Mono Pellets tydens planttyd saam met gewone NPK-korrelkuns­mis kan nou maklik gebruik word in planters wat ook kunsmis toedien.
FOTO: JOHAN NORVAL Gesonde grond lewer gesonder gewasse. ’n Aanvanklik­e grondtoedi­ening van Zinchem se verkorreld­e Zinc Sulphate Mono Pellets tydens planttyd saam met gewone NPK-korrelkuns­mis kan nou maklik gebruik word in planters wat ook kunsmis toedien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa