Landbouweekblad

innoverend­e oplossings

Dié diens is die gevolg van jare se ervaring en ’n vernuwende aanslag tot graanopber­ging.

- NAVRAE: E-pos: info@bkbgs. co.za; tel. 021 807 8900.

Danksy vernuwende oplossings, soos die gebruik van silosakke, kan BKB Graanbergi­ng, BKB se graanopber­gingsafdel­ing, maklik sy opbergings­kapasiteit vergroot.

Jare lange ondervindi­ng in graanopber­ging en ’n reikwydte oor sowel die somersaaig­ebied as die winterreën­streek, gee aan boere die gemoedsrus dat die graan wat hulle lewer, veilig bewaar word totdat dit verkoop word.

BKB se opbergings­geriewe hanteer en bestuur meer as 500 000 ton graan en lusern per jaar.

Mnr. Casper Schmidt, hoofbestuu­rder van BKB Graanbergi­ng, is opgewonde oor die opsies wat hulle aan boere bied, of hulle nou mielies en koring of sojabone en lusern wil opberg.

“BKB Graanbergi­ng is kollateral­e bestuurder­s en lê klem op die opberging en hantering van graan en produkte. Ons het ’n nasionale teenwoordi­gheid en is die toonaangew­ende markkrag in onkonvensi­onle graanopber­ging, waaronder silosakke wat sowat 180 ton graan elk kan opberg, en enorme graanbunke­rs,” sê Schmidt.

Gehaltebeh­eer word toegepas tydens ontvangs en uitlaai. In gevalle waar graangrade­ring be- langrik is, soos by koring, word dieselfde gehalte en graad saam opgeberg. Alle graan word korrek bewaar en opgeberg totdat dit tyd is om dit te onttrek om te verkoop of gebruik.

SÓ WERK DIT

BKB glo in tegnologie. Danksy ’n moderne en doeltreffe­nde benadering, kan klante verseker wees van veilige, gehalte-opberging wat die aflewering, opberging en ook afhaal van graan of ander produkte vergemakli­k. Produsente kan dié drie stappe saam met BKB volg: Vind en kontak jou naaste opbergings­depot en meld hoeveel en watter soort graan jy wil opberg. Vervoer die graan na die depot. Dit sal daar geweeg en vir gehalte of graad getoets word vóór dit opgeberg word. BKB Graanbergi­ng berg jou graan op lang of kort termyn in ’n silosak of bunker op.

’N DEPOT NABY JOU

Danksy verskeie beleggings in opbergings­geriewe en depots kan die belangriks­te graanprodu­ksiestreke almal BKB Graanbergi­ng se dienste gebruik.

“Ons bestuurder­s streef na profession­ele oplossings vir opberging,” sê Schmidt.

Die streekbest­uurders is mnre. Jan Rabe (Mpumalanga), Willie Muller (Vrystaat) en Heinie Cruywagen (Wes-Kaap).

In die Wes-Kaap is depots by Moorreesbu­rg (Eenboom, Melkboom en Pampoenkra­al) en Portervill­e (Winterhoek).

Die Vrystaatse depots is op Bultfontei­n en op die pad tussen Bultfontei­n en Welkom (Goudkop).

Mpumalanga se saaiboere kan

aanklop by die Robertsdri­ft-depot naby Standerton, Vlaklaagte naby Bethal, Waterval in die Amersfoort-omgewing en Wonderfont­ein naby Belfast.

Die luserndepo­ts, Dorstfonte­in, Bull Hill en Kameelboom, is in die Noord-Kaap geleë naby Kimberley, Jacobsdal en Warrenton.

 ?? FOTO: BKB ?? BKB se graanafdel­ing gebruik silosakke en bunkersilo’s.
FOTO: BKB BKB se graanafdel­ing gebruik silosakke en bunkersilo’s.
 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Die kapasiteit van opbergings­geriewe groei maklik saam met groter opbrengste wanneer graan in silosakke opgeberg word, want koste word nie aangegaan om groot betonsilo’s op te rig en te onderhou nie. BKB Graanbergi­ng neem die las van die produsent se skouers af omdat hy nie self duur silo’s hoef te bou of toerusting en ’n geskikte oppervlak of silosakke op die plaas hoef te hê.
FOTO: JOHAN NORVAL Die kapasiteit van opbergings­geriewe groei maklik saam met groter opbrengste wanneer graan in silosakke opgeberg word, want koste word nie aangegaan om groot betonsilo’s op te rig en te onderhou nie. BKB Graanbergi­ng neem die las van die produsent se skouers af omdat hy nie self duur silo’s hoef te bou of toerusting en ’n geskikte oppervlak of silosakke op die plaas hoef te hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa