Landbouweekblad

Rovic Leers bied planters vir Afrika

- NAVRAE: E-pos: admin@ rovicleers.co.za; tel. 021 907 1700.

Bewaringsl­andbou is vir Rovic Leers nie net ’n filosofie nie, dit is ’n lewenswyse. Daarom ontwikkel dié maatskappy produkte onder sy eie handelsmer­k, Rovic, wat daarop toegespits is om die volhoubaar­heid van die kommersiël­e landbou in Suid-Afrika (en die res van Afrika) te meet aan die standaarde van bewaringsl­andbou.

Rovic Leers se handelsmer­k Syncro™ verwys na die strewe om in die ontwerp en toepassing van sy meganisasi­e-oplossings ’n delikate balans te kry tussen die beskerming van natuurlike hulpbronne (water en grond) en die optimalise­ring van volhoubare boerdery met die maksimum wins.

Rovic Leers se uitvoerafd­eling, Rovic Africa, het onlangs groot deurbrake gemaak met kleinen mediumskaa­lse boerderye in Kenia deur die ontwikkeli­ng van die Rovic Wajanja-werktuig vir trekkers van tot 70 kW wat stroke grond deurlug.

Die vernietige­nde landboupra­ktyke in Afrika, waar gronderosi­e groot afmetings aanneem, word só doeltreffe­nd beperk.

Op ’n groter skaal is die tegnologie van Rovic se toerusting vir gronddeurl­ugting in vier kategorieë beskikbaar vir trekkers tot 450 kW, naamlik SUPER19, DLB12, DLB25 en DLB32.

Grondprofi­ele word op die geselektee­rde diepte deurlug met beperkte vermenging van grond in die vertikale profiel. Presies dieselfde tegnologie word gebruik en die resultate vir klein- en groot boere is dus dieselfde.

GROOTGRAAN­PLANTER

Rovic Leers is trots op sy nuwe reeks Syncroplan­t™ Rovic-grootgraan­planters (LGP) vir mielies, soja, sonneblom en bone. Modelle is beskikbaar van 12 tot 31 rye met spasiëring van 914 mm, 762 mm en 457 mm wat geskik is om konvension­ele, minimumen geenbewerk­ingstoesta­nde te hanteer. Die boer moet net die behoefte spesifisee­r.

Dit skep die geleenthei­d vir die konvension­ele boer om planterteg­nologie aan te skaf wat hom sal toelaat om minimum- en geenbewerk­ing stelselmat­ig in te faseer soos wat hy bewaringsb­oerdery begin toepas.

Die Rovic LGP-reeks is standaard toegerus met Precision®tegnologie, en alle opsies beskik- baar kan aangebied word. Dit beteken ’n sentrale saadkas of klein graantenk, elektries gedrewe Precision VSET 2®uitmeting, 20/20-prosesbehe­erder en GPS-aanpasbaar­heid is alles deel van die aanbod. Daar is ’n keuse tussen tand- of skyfprimêr­e kunsmispla­sing.

Die Rovic Syncroplan­t™ is die mees aanpasbare dog akkurate rygewaspla­nter op die mark danksy opsionele, individuel­e drukbeheer per planteenhe­id.

KLEINGRAAN­PLANTER

Die Syncroseed™ Rovic-reeks kleingraan­planters (SGP) vir koring, hawer, kanola, lusern en ander fyn saad, is reeds bewys as die leier in bewaringsb­oerdery vir kleingraan. Die reeks is beskikbaar met tandkunsmi­splasing en dubbelrysa­ai-eenheid of skyfsaai-kombinasie­s vir minimum- en geenbewerk­ingstoesta­nde.

Die welbewese en bekende Rovic-reeks strooiers vir die toediening van kunsmis, kalk en organiese materiaal is nou beskikbaar in groottes van tot 10 m3 en ook met kettinguit­voerders. Die keuse tussen grondwiel- of hidrostati­ese aandrywing maak dit maklik om toekomstig­e GPS-aanpasbaar­heid te doen.

Rovic Vineyard en Rovic Orchard Evenflow®-tegnologie het reeds in ’n vroeë stadium in die mark die posisie bevestig van uitstekend­e betroubaar­heid en doeltreffe­ndheid. Met ’n gepatentee­rde lugsnelhei­dsprofiel spesifiek vir moderne hoëdigthei­dsboorde stel die tegnologie nuwe standaarde in die herwinning van aktiewe bestanddel­e.

Die 2018-reeks bevat opwindende opgraderin­gs en aanpassing­s om onderhoud te vergemakli­k. Meer gesofistik­eerde kalibreers­telsels om foute te beperk is op pad.

Mnr. Marius Ras is Rovic Leers se groep-bemarkings­direkteur.

 ?? FOTO: ROVIC LEERS ?? Rovic Leers lê klem op bewaringsl­andbou en ontwikkel sy werktuie só om boere in staat te stel om bewaringsl­andbou toe te pas. Op die foto is Rovic Leers se nuwe geslag Rovic SGP.
FOTO: ROVIC LEERS Rovic Leers lê klem op bewaringsl­andbou en ontwikkel sy werktuie só om boere in staat te stel om bewaringsl­andbou toe te pas. Op die foto is Rovic Leers se nuwe geslag Rovic SGP.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa