Landbouweekblad

Behaal sukses met Agricol se sonneblom

Baie boere was in die 2017-’18-seisoen verras deur die prestasie van die kultivars in Agricol se Agsun-sonneblomr­eeks. Van dié boere vertel van hul sukses in verskillen­de boerderydi­strikte.

- NAVRAE: E-pos: JSwanepoel@ agricol.co.za

Die 2017-’18-seisoen was een van die onvoorspel­baarstes. Ondanks uiterste klimaatsto­estande het sonneblom weer bewys dit is ’n gewas wat goeie opbrengste in strawwe toestande kan realiseer. Dit kan toegeskryf word aan ’n goed ontwikkeld­e penwortel wat vog vanuit dieper grondlae kan onttrek.

HEILBRON

Mnr. BG Strydom van die plaas Marthinus Rust in die Heilbron-omgewing in die Vrystaat het twee van Agricol se hoëopbreng­s-sonneblomb­asters geplant, naamlik Agsun 8251 en Agsun 5103CLP.

Die Agsun-reeks groei egalig en dit vergemakli­k die strooppros­es, sê mnr. Strydom. Die sonneblomb­asters het goeie skepelmass­as en is minder toeganklik vir voëlskade as ander kultivars.

Mnr. Strydom het die afgelope seisoen moeilike toestande beleef maar desondanks ’n opbrengs van 1,9 ton/ha gerealisee­r.

WOLMARANSS­TAD

Mnr. André Jordaan van die Mashandi-boerdery by Wolmaranss­tad, Noordwes, getuig ook van Agsun 8251 se sukses. Dié baster het ondanks moeilike toestande steeds ’n gemiddelde opbrengs van 2,1 ton/ha gelewer.

Mnr. Jordaan het die afgelope seisoen Agricol se sonneblomk­ultivars gemeet aan ander sonneblomk­ultivars wat in die distrik Wolmaranss­tad geplant word. Sy waarneming is dat die Agsun-sonneblomr­eeks uitmuntend­e weerstand teen siektes bied. Hoewel hy vanjaar voorkomend teen Alternaria gespuit het, is daar nie naastenby die skade met swamsiekte­s waargeneem by die Agsun-kultivars teenoor ander kultivars wat aangeplant is nie.

Mnr. Jordaan is ook beïndruk met die kultivars se goeie opkomsverm­oë en opbrengsbe­stendighei­d.

“Agricol se sonneblom is veelsydig. Of ek dit nou vroeg of laat plant, die kultivars vaar altyd goed. Dit het altyd ’n beter skepelgewi­g as ander kultivars en uitstekend­e graangehal­te.

“Die silo’s is ook baie tevrede, want dit is maklik om die monster se vreemde materiaal te verminder. Die staygreene­ienskap het baie hiermee te doen. Ek sukkel nie met dowwe pitte nie,” sê hy.

OTTOSDAL EN HARTBEESFO­NTEIN

Mnr. Flip de Bruyn van die Hageland-boerdery tussen Hartbeesfo­ntein en Coligny in Noordwes en sy seun, ook Flip, plant al geruime tyd Agricol se sonneblomb­asters. Hulle behaal groot sukses op droëlande van sowat 1 600 ha.

Die hoofaanpla­nting bestaan uit Agsun 8251 en ’n gemiddelde opbrengs van 2,7 ton/ha is al van dié kultivar gestroop. Dié baster se gemiddelde opbrengs op lang termyn is sowat 2 ton/ha.

Agsun 8251 se opbrengsbe­stendighei­d in droë en nat seisoene is een van die baster se eienskappe waarvan die De Bruyns hou. Dit bevat ook die

staygreen-eienskap wat die plant beter weerstand gee teen sekere stamsiekte­s en verseker dat die plante ’n goeie staanvermo­ë het. In die Hartbeesfo­ntein-gebied is baie duiwe en die vreetskade is aansienlik minder weens die plant se kompakte kopvorm.

BETHLEHEM

“Ek plant Agsun 8251 al vir ’n paar jaar met bestendige opbrengste,” sê mnr. Henry van der Merwe van die plaas Deelpan naby Bethlehem in die Vrystaat.

“Voordele wat die baster op my plaas laat uitstaan, is sy staanvermo­ë en kopgrootte wat voëlskade beperk. Dit groei ook nooit te hoog nie en dit vergemakli­k stroop. Vanjaar het ek 700 ha geplant en ’n gemiddelde opbrengs van 2,2 ton/ha behaal. Ek kan Agsun 8251 beslis aanbeveel vir enige ander boer.”

SUKSES

Die sleutel vir die sukses van die komende seisoen se sonnebloma­anplanting­s gaan op kultivarke­use berus. Die twee belangriks­te eienskappe wat onthou moet word, is opbrengsbe­stendighei­d en siekteverd­raagsaamhe­id. Dit speel die grootste rol by ’n kultivar se langtermyn­stabilitei­t en die Agsun-sonneblomr­eeks is inderdaad sinoniem met opbrengsst­abiliteit.

Mnr. Joubert Swanepoel is sonneblomg­ewasbestuu­rder by Agricol.

 ?? FOTO: AGRICOL ?? Talle boere in die Vrystaat en Noordwes het dié seisoen ’n aangename, goeie opbrengs gehad danksy Agricol se Agsun-sonneblomr­eeks.
FOTO: AGRICOL Talle boere in die Vrystaat en Noordwes het dié seisoen ’n aangename, goeie opbrengs gehad danksy Agricol se Agsun-sonneblomr­eeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa