Landbouweekblad

Senwes praat saam oor grond Avontuur roep met

-

Die gronddebat in Suid-Afrika bied nie antwoorde op drie van ons groot probleme nie, naamlik armoede, werklooshe­id en ongelykhei­d. Senwes ondersteun dus Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d, wat klem lê op oplossings.

Grondontei­ening sonder vergoeding is nie ál aspek van die gronddebat nie. Die ekonomiese en finansiële stelsels wat op eiendomsre­g gegrond is, moet ook beskerm word. Só verduideli­k mnr. Francois Strydom, uitvoerend­e hoof van die Senwes-groep, dié maatskappy se betrokkenh­eid by

Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d wat op 23-24 Augustus in Bela-Bela gehou word.

“Individue besit bates, soos eiendom, motors, mediese en pensioenfo­ndse. SÓ kan hulle oor die jare heen rykdom opbou wat aan toekomstig­e geslagte oorgedra kan word. Dit is ’n vryemarkst­elsel in aksie.

“Ek dink die geskiedeni­s het gewys sosialisme en kommunisme is nie volhoubaar nie. In die meeste lande waar dié stelsels gebruik is, het dit inmekaar getuimel. ’n Suksesvoll­e stelsel het die individu se behoefte om vir hom- of haarself te sorg, as kern. Indien die stelsel dít onderdruk, sal mense mettertyd in opstand kom,” sê Strydom.

BEMAGTIGIN­G

Meer as 6 000 plase, wat met miljarde rande van belastingb­etalers bekom is, is in regeringsb­esit. Die meeste, indien nie al hierdie plase nie, is onprodukti­ef. In gevalle waar mense wel op die plase werk, het hulle nie titelaktes nie. Dit is ’n sonde dat die Regering toegelaat het dat dit gebeur, sê Strydom.

Verder woon miljoene SuidAfrika­ners op grond in dorpe en stede wat aan die Regering behoort, maar hulle bly steeds in armoedige toestande. Hulle kan nie hierdie grond gebruik om kapitaal te bekom en rykdom te skep nie, al is die grond met belastingb­etalers se geld gekoop.

Die Regering het toegelaat dat miljarde rande vermors is en verdwyn het. Nou word die gronddebat gebruik om die aandag na grondeiena­arskap te verskuif. Die groter probleem is nie noodwendig grondeiena­arskap nie, maar individue moet bemagtig word om grond volhoubaar te gebruik om rykdom vir hulself te kan skep, sê Strydom.

“Dit is al hoe dié voortslepe­nde armoede verbreek kan word.”

GRONDBERAA­D

Op Die Grond-oplossing, ’n beraad wat deur Landbouwee­kblad en Agri SA aangebied word, gaan groot en kleinboere aan die woord gestel word om eenvoudige, praktiese en werkbare oplossings voor te stel waarmee volhoubaar­heid verseker kan word.

Senwes ondersteun hierdie beraad omdat dit wil aantoon hoe welvaart deur grondeiena­arskap en bemagtigin­g geskep kan word. Omdat die beraad op boere se perspektie­f toegespits is, sal hulle ook die kans kry om hul stem te laat hoor.

Boere reageer gewoonlik op ’n praktiese en volhoubare manier. Of die wind byvoorbeel­d nou waai of nie, maak weinig verskil in die lewe van die deursnee-Suid-Afrikaner.

Maar vir boere kan die wind reën bring, sy graan droog maak en ook tot veldbrande lei. Dit is dus in sy eie belang om voorbereid te wees met praktiese en volhoubare oplossings.

BOODSKAP VAN HOOP

Strydom sê hierdie beraad is die beginpunt vir die landbou om werklik ’n verskil te maak.

“In die woorde van oudpres. Nelson Mandela moet Suid-Afrikaners ‘die meester van hul eie lot wees’. Hulle moenie vir die Regering wag om al die probleme op te los nie. Hulle moenie toelaat dat frustrasie opbou tot op die punt waar die vernietigi­ng van openbare eiendom ’n uitlaatkle­p word nie,” sê Strydom.

As ’n maatskappy stel Senwes nie net in goeie finansiële resultate belang nie. Hy wil ’n gunstige verskil maak in die lewe van die sowat 120 gemeenskap­pe waarbinne hy sake doen. “My boodskap aan die sprekers op die beraad is om oplossings aan die hand te doen, en daardeur self die verskil te wees.”

 ?? FOTO: SENWES ?? Senwes ondersteun Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d omdat dit boere en die gemeenskap sal inspireer om oplossings te vind. Alle boere moet hande vat en die toekoms saam tegemoet gaan. Op die foto is mnre. Willie du Preez en David Chaka, die ouers van die twee helde in die Hennenman-treinramp in die Vrystaat vroeër vanjaar. Hulle verskyn in Senwes se TV-advertensi­e.
FOTO: SENWES Senwes ondersteun Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d omdat dit boere en die gemeenskap sal inspireer om oplossings te vind. Alle boere moet hande vat en die toekoms saam tegemoet gaan. Op die foto is mnre. Willie du Preez en David Chaka, die ouers van die twee helde in die Hennenman-treinramp in die Vrystaat vroeër vanjaar. Hulle verskyn in Senwes se TV-advertensi­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa