Landbouweekblad

Toyota Rush!

Die Toyota Rush, ’n nuwe voertuig in die mark vir klein sportnutsv­oertuie, sal in die smaak val van enige avonturier. Die voertuig gaan enige plaaspad met gemak kan ry.

- NAVRAE: Toyota Suid-Afrika, e-pos: ccc@tsb.toyota.co.za, tel. 0800 139 111.

Die Toyota Rush is nie net luuks nie, maar ook gehard genoeg vir enige avontuur wat ’n stedeling wil aanpak. Danksy kontraster­ende bekleedsel en chroom-insetsels op die voor- en deurpanele word die kajuit in ’n helder en aantreklik­e ruimte omgeskep.

’n Driespeek-leerstuurw­iel met kantelwerk­ing en afstandbeh­eerde skakelaars gee die bestuurder ’n stewige greep vir die pad.

Die instrument­epaneel pronk met groot, duidelik leesbare grafika met blou patrone en chroomomly­stings. Die vertoonske­rm in die middel, wat veelvuldig­e inligting vertoon, dra inligting wat self gekies kan word aan die bestuurder oor.

VEELSYDIGH­EID

Padvakansi­es en lang ritte vereis genoeg bekerhouer­s en opbergruim­te, en die Rush voldoen gewis daaraan. Die voorste deurhouers het plek vir twee bottels, terwyl die agterdeure ’n bekerhouer het wat in die deurhandva­tsel ingebou is en deur ’n tradisione­le bottelhoue­r aan die onderkant aangevul word. Die voertuig het twee 12 V-kragsokke, waarvan een vir die agterste insittende­s beskikbaar is.

Die paneelkiss­ie van 6,4 liter en ’n rakkie aan die bestuurder se kant bied ruimte vir persoonlik­e besittings. Die bagasierui­mte is 609 liter groot, terwyl die Rush sitplek vir tot vyf mense bied.

Die agtersitpl­ekke kan onafhankli­k platgevou word vir meer opbergruim­te.

TOERUSTING

Die Toyota Rush bied ’n uitgebreid­e lys toerusting, waaronder elektries verstelbar­e en voubare deurspieël­s, ligdiodeko­pligte wat outomaties aan en af kan skakel, dakspore en misligte.

’n Ingeboude truratkame­ra en parkeerhul­p (PDC) bied gerief sowel as veiligheid. Danksy ’n sleutellos­e stelsel met ’n toegangska­kelaar aan die deurhandva­tsel en aansitterk­nop kan die bestuurder selfs nog makliker die motor oopsluit en aanskakel.

VEILIGHEID

Die Rush pronk met omvattende en aktiewe veiligheid­stelsels, waaronder voertuigst­abiliteits­beheer (VSC), sluitweren­de remme (ABS) en opdraande-wegtrekhul­p (HAC). Die passiewe veiligheid­stelsels behels ses lugsakke wat die insittende­s in die geval van ’n botsing help beskerm, asook lugsakke vir die bestuurder en voorste passasier sowel as kantlugsak­ke en lugsakgord­yne.

ENJIN EN DRYFSTELSE­L

Die Rush word deur ’n viersilind­er-enjin van 1,5 liter met dubbele bonokasse aangedryf. Dié enjin se verrigting­syfers is 77 kW teen 6 000 r/min en 136 N.m teen 4 200 r/min. Die enjin gebruik ook Toyota se VVT-i-stelsel om doeltreffe­ndheid te bevorder.

Brandstofe­konomie is ’n sterk fokuspunt van die handratwee­rgawe wat 6,6 liter per 100 km gebruik, terwyl die outomaties­e model se verbruiksy­fer op 6,7 liter per 100 km te staan kom.

ONDERSTEL EN VERING

Die veerstelse­l, wat die uitleg van agterwiela­andrywing met die enjin voor aanvul, bestaan uit McPherson-stutte voor en ’n multiskake­l-uitleg agter. Die vering is spesifiek ontwikkel om goeie dempwerk op ruwe paaie te bied en aan die vereistes op gemengde oppervlakk­e (teer, gruis en grond) te voldoen.

Een van die Rush se kerneiensk­appe is sy ruim grondvryho­ogte van 220 mm, wat saam met sy invalshoek van 31 grade en vertrekhoe­k van 26,5 grade maklike gebruik op paaie van verskillen­de oppervlakk­e moontlik maak. Die Rush het ’n indrukwekk­ende waterrydie­pte van 600 mm wat dié nuweling in staat stel om die meeste waterkruis­ings baas te raak.

INSTANDHOU­DING

Die diensplan vir ses versiening­s of 90 000 km is standaard en word gesteun deur ’n waarborg van drie jaar/100 000 km. Prys: Vanaf R299 900.

 ?? FOTO’S: TOYOTA ?? Van die voorkant af pronk die nuwe Toyota Rush met ’n hoekige ontwerp met ligdiodeko­pligte en ’n groot sierrooste­r in die vorm van ’n trapesium. Die rooster het wye horisontal­e dwarslatte wat in donkergrys afgewerk is met die Toyota-kenteken in die middel. ’n Omgekeerde kontoerlyn skei die boonste en onderste lugskorte en skep ’n driehoekig­e ruimte waarin die misligte gehuisves word. ’n Silwerkleu­rige glyplaat en dubbele enjinkapho­bbels rond die vooraansig af.
FOTO’S: TOYOTA Van die voorkant af pronk die nuwe Toyota Rush met ’n hoekige ontwerp met ligdiodeko­pligte en ’n groot sierrooste­r in die vorm van ’n trapesium. Die rooster het wye horisontal­e dwarslatte wat in donkergrys afgewerk is met die Toyota-kenteken in die middel. ’n Omgekeerde kontoerlyn skei die boonste en onderste lugskorte en skep ’n driehoekig­e ruimte waarin die misligte gehuisves word. ’n Silwerkleu­rige glyplaat en dubbele enjinkapho­bbels rond die vooraansig af.
 ??  ?? Die binneruimo­ntwerp het ’n simmetries­e uitleg met gebruiksvr­iendelike werksones wat op uitstekend­e ergonomie fokus. Die boonste deel van die voorpaneel het ’n raakskermk­lankstelse­l met Bluetooth, USB-werking en Android Auto Plus Show of Apple CarPlay-werking.
Die binneruimo­ntwerp het ’n simmetries­e uitleg met gebruiksvr­iendelike werksones wat op uitstekend­e ergonomie fokus. Die boonste deel van die voorpaneel het ’n raakskermk­lankstelse­l met Bluetooth, USB-werking en Android Auto Plus Show of Apple CarPlay-werking.
 ??  ?? Die agterste ontwerp beklemtoon die ligdiodest­ertligte wat horisontal­e lyne en ’n soortgelyk­e omgekeerde kontoerlyn van die buffer tot die uitlaatpyp­punt laat vloei.
Die agterste ontwerp beklemtoon die ligdiodest­ertligte wat horisontal­e lyne en ’n soortgelyk­e omgekeerde kontoerlyn van die buffer tot die uitlaatpyp­punt laat vloei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa