Landbouweekblad

VKB sien uit na ’n blink jaar

- NAVRAE: Webwerf: www.vkb.co.za

Die VKB Groep is ’n dinamiese landboubes­igheid wat sedert sy ontstaan bykans ’n eeu gelede deurlopend daarop toegespits is om oplossings te kry vir die veranderen­de en uiteenlope­nde behoeftes van landboupro­dusente en belanghebb­endes in die waardekett­ing.

Die VKB Groep is ’n leier in die landboubed­ryf danksy ’n unieke samestelli­ng van handelsmer­ke en produkte.

Die 2018-boekjaar was ’n besonderse jaar in VKB se geskiedeni­s. Die maatskappy vier volgende jaar sy 100ste bestaansja­ar en wy dit in met ’n rekordjaar in vele opsigte. Die VKB Groep het die jaar afgesluit met ’n wins van R534 miljoen voor belasting.

Hierdie resultate verwesenli­k VKB se strategies­e doelwit waarna die afgelope aantal jare gestreef is, naamlik om R500 miljoen wins voor belasting te bereik. Die resultate is bereik ondanks die feit dat al die nywerhede nie na wens gepresteer het nie.

VKB sien egter daarna uit dat al die afdelings binne die groep hul volle potensiaal bereik.

GOEIE SYFERS

VKB Landbou het die afgelope jaar voortrefli­k gepresteer. Hierdie prestasie is gestimulee­r deur die grootste someroes in die Suid-Afrikaanse geskiedeni­s.

VKB het gevolglik ook sy grootste oes nóg ontvang, wat groot logistieke probleme gebring het. Dit kon egter gehanteer word deur die tydige uitbreidin­g van geriewe, vernuwende planne en goeie graanbestu­ur. Die groot oes het ook die grondslag geskep vir die uitmuntend­e finansiële prestasies.

VKB se sekondêre doel is om waarde toe te voeg tot sy produsente se produkte.

In skrille kontras met die vorige jaar se swak prestasie het VKB Agri Processors (Edms.) Bpk. vanjaar goeie resultate gelewer. Die groot someroeste en gevolglik lae mielie- en sojaboonpr­yse baan die weg vir mededingen­de toestande vir VKB se nywerhede.

Grain Field Chickens (Edms.) Bpk. (GFC) het puik gepresteer en die verliese van die vorige jare is uitgewis. Die hoenderbed­ryf is bestendige­r vergeleke met die vorige jaar, ondanks voortgeset­te hoë invoer.

Die prestasie is meegebring deur goedkoper produksiem­iddele sowel as kontrakgro­eiers se uitstekend­e resultate. Die vorige jaar se swak prestasie het die bestuurspa­n gedwing om aandag te gee aan elke klein besonderhe­id van die bedryf om GFC se mededingen­dheid te verbeter.

Die sojaboonaa­nleg het ook uitstekend­e resultate gelewer. Die aanleg se bedryfspre­stasie is baie goed en die laer grondstofp­ryse het geleenthed­e gebied om teen redelike marges te pers.

Hoewel VKB se meulens beter gepresteer het as die vorige jaar, het dit nie aan die verwagting­e voldoen nie. Maalkapasi­teit is in die afgelope jaar verder uitgebrei deur die toevoeging van Lydenburg Meule. Dit volg op die verkryging van die meule in Makhado (Louis Trichardt) in die vorige jaar.

Ongelukkig het die koringmeul­e afbreuk gedoen aan die andersins goeie prestasie van die nywerhede. Die swak prestasie is hoofsaakli­k weens die Regering se gebrek aan ’n duidelike en deursigtig­e beleid vir die koringbedr­yf. VKB vertrou dat die bedryf en die Regering sal saamstaan om hierdie situasie te beredder en die bedryf se voortbesta­an te verseker.

Goeie vordering is gemaak met die vestiging van die nywerhede, wat al waarde toevoeg tot wit mielies (210 000 ton), geel mielies (85 000 ton), sojabone (140 000 ton) en koring (97 000 ton). Dit dek dus die vernaamste gewasse wat in die VKB-produksieg­ebied verbou word.

TOEKOMSBLI­K

Die afgelope jaar se prestasie onderskryf die meriete van VKB se strategie. VKB meen steeds die strategie van waardetoev­oeging is die regte strategie en dat, gegewe ’n gelyke internasio­nale speelveld, die nywerhede in die toekoms nóg groter waarde vir VKB se aandeelhou­ers en produsente sal toevoeg.

Die vooruitsig­te vir 2019 se boekjaar lyk uiters gunstig en aanduiding­s is dat groot someroeste ingesamel sal word. Sojabone en mielies lewer goeie opbrengste regdeur die VKB-gebied. Onsekerhei­d oor grondeiena­arskap plaas egter ’n demper op beleggings in landbougro­nd.

Die groot someroes bied aan boere die geleenthei­d om hul finansiële posisie te verbeter en bied aan VKB graanvolum­es wat die opbergings­vermoë kan oorskry. Dit behoort in 2019 se finansiële resultate weerspieël te word. Die laer kommoditei­tspryse bied weer aan al die nywerhede die geleenthei­d om billike resultate te realiseer. Gevolglik word met groot verwagting na die ontplooiin­g van die nuwe boekjaar uitgesien.

 ?? FOTO’S: VKB ?? Hoewel onsekerhei­d oor grondeiena­arskap ’n demper plaas op beleggings in landbougro­nd, het VKB ’n goeie boekjaar afgesluit. Die maatskappy voorsien ook gunstige resultate vir 2019.
FOTO’S: VKB Hoewel onsekerhei­d oor grondeiena­arskap ’n demper plaas op beleggings in landbougro­nd, het VKB ’n goeie boekjaar afgesluit. Die maatskappy voorsien ook gunstige resultate vir 2019.
 ??  ?? Mnr. Koos van Rensburg, hoofbestuu­rder van VKB.
Mnr. Koos van Rensburg, hoofbestuu­rder van VKB.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa