Landbouweekblad

Vele hande maak hiér ligte werk

Dit is ’n werklikhei­d dat die Suid-Afrikaanse platteland al hoe meer agteruitga­an. As die gemeenskap en plaaslike ondernemin­gs egter saam inspring en help, kan nuwe lewe in vuisvoos dorpe geblaas word.

-

Die rol van landboumaa­tskappye in die opheffing van platteland­se dorpe was onlangs weer in die soeklig met NWK se deelname as primêre borg aan die South Africa Day Towns Makeover. Dié inisiatief het ten doel om vervalle dorpe in Suid-Afrika met hulpbronne en ondersteun­ing by te staan en te help om infrastruk­tuur te herbou en beleggersb­elang te herstel.

“NWK het met die South Africa Day Towns Makeover-inisiatief saamgespan om Coligny in Noordwes te help,” sê mnr. Theo Rabe, uitvoerend­e hoof van NWK Beperk. Coligny het onlangs ongekende konflik en teëspoed beleef wat die dorp vinnig laat verval en die plaaslike inwoners verdeel het.

“South Africa Day het ingegryp en steun aan die plaaslike gemeenskap gegee. Kort daarna het die Coligny-projek ontstaan en die fokus van die Towns Makeover-inisiatief geword. NWK is trots om as vennoot aan die inisiatief deel te neem,” sê Rabe.

“Dit is vir NWK belangrik om ’n volhoubare en betekenisv­olle rol te speel in die gemeenskap­pe wat ons as ’n besigheid bedien. Ons wil waarde toevoeg wat wyer strek as net ons eie winsgrens. NWK waardeer die goeie verhouding­s wat ons met belangegro­epe en gemeenskap­pe het,” sê Rabe.

’n Gemeenskap wat voorheen verdeel was, werk nou saam om die toekoms van hul dorp te verseker. Dié geesdrif en toewyding van die plaaslike gemeenskap, het die aandag van sake-onder- nemings buite Coligny getrek. NWK, Promac en PowerRock het almal in die Coligny-projek belê en die nodige produkte en dienste verskaf om te help om die dorp weer netjies te kry.

Dié ondernemin­gs sê die verfraaiin­g van die dorp is noodsaakli­k om weer ’n gevoel van trots by die plaaslike gemeenskap te kweek. Só kan die dorp ’n mededingen­de voordeel kry wat nodig is om potensiële beleggers te lok, werksgelee­nthede te skep en die dorp se ekonomie te stabilisee­r.

SKOONMAAK

Intussen het die gemeenskap van Coligny saam aan die werk gespring om slaggate reg te maak, padtekens te verf en te herstel, sakemense aan te moedig om hul winkels te verf en die terreine voor hul sakepersel­e te onderhou, en om rots- en blomtuine by die ingang van die dorp te skep. Die plaaslike skool se skoolterre­in is skoongemaa­k en sommige klaskamers en geboue is ook verfraai met die samewerkin­g van die onderwysow­erheid.

Benewens die ingange na die dorp wat verfraai is, is bome aangeplant, vullis is uit die dorp verwyder en openbare geriewe opgeknap met die samewerkin­g van die plaaslike regering. Inwoners word aangemoedi­g om steeds voor hul huise en ondernemin­gs in die dorp skoon te maak en dit skoon te hou.

GEE HOOP

Die vernuwing van Coligny gaan egter nie net oor skoonmaak, verf en tuinmaak nie. Dit gaan daaroor om ’n omgewing te skep wat vir beleggers aanloklik is. South Africa Day het reeds voelers uitgesteek na potensiële mediumen langtermyn­beleggers wat ’n volhoubare impak op die dorp se ekonomie sal hê deur werksgelee­nthede vir die plaaslike gemeenskap­pe van Coligny, Scotland en Tlhabologa­ng te skep. Lede van dié gemeenskap­pe het saamgewerk om hierdie inisiatief te beplan en toe te pas, en inspireer nou ander platteland­se dorpe en woongebied­e om dieselfde te doen.

Die doel van die South Africa Day-inisiatief is immers om álmal te inspireer om deel te neem aan die opbou van die land en om ’n nuwe gevoel van optimisme en opwinding in Suid-Afrika en die toekoms van die land te bewerkstel­lig.

NWK het reeds sy waarde as ’n betroubare sakevennoo­t vir boere bewys en doen nou dieselfde vir die gemeenskap­pe waar die landbou ’n groot rol speel. “Die maatskappy het die ondervindi­ng en kundigheid om as ’n dinamiese voorkeurve­nnoot in die landbou waarde toe te voeg tot die hele landbou-waardekett­ing,” sê Rabe.

NAVRAE: Webwerf: www.nwk.co.za

 ?? FOTO: NWK ?? NWK het ’n skoonmaakp­rojek in Coligny ondersteun om nuwe lewe aan die dorp te gee. Dit is een van die maniere waarop landbouond­ernemings ’n verskil op die platteland kan maak.
FOTO: NWK NWK het ’n skoonmaakp­rojek in Coligny ondersteun om nuwe lewe aan die dorp te gee. Dit is een van die maniere waarop landbouond­ernemings ’n verskil op die platteland kan maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa