Landbouweekblad

Landbou gee hoop aan die platteland

-

Danksy ’n hernieude klem op goeie vennootska­ppe met die produsent het die landboumaa­tskappy NWK nuwe stukrag gekry. NWK se kernbesigh­eid sluit in die deurlopend­e verbeterin­g van klantedien­s en om altyd in gesonde vennootska­ppe met produsente, verskaffer­s en aandeelhou­ers te staan. NWK se handelbesi­gheid, sy graan- en finansieri­ngsdienste is voortduren­d besig met vernuwende oplossings om waarde toe te voeg tot die klant se besigheid.

NWK se bedienings­gebied in veral Noordwes het die afgelope paar jaar baie probleme getrotseer. Droogtes, swak dienslewer­ing deur munisipali­teite en openbare betogings in platteland­se gemeenskap­pe het die provinsie se ekonomiese bestendigh­eid ’n knou toegedien.

“Dit is lekker om te sien hoe produsente ’n beter seisoen agter die rug het as twee jaar gelede toe die droogte nog so fel was. Graanverbo­uing het goed verloop en die sonneblomo­pbrengste was ook goed,” sê mnr. Johan Bezuidenho­ut, NWK se groepbestu­urder vir korporatie­we bemarking en kommunikas­ie.

“Produsente en die landbousek­tor hou gemeenskap­pe hoopvol. NWK is tans ’n trotse vennoot van die Coligny skoonmaakp­rojek, verskeie opheffings­projekte elders in Noordwes en verskaf hulp aan gebiede wat steeds gebuk gaan onder erge droogtes,” sê Bezuidenho­ut.

TRANSAKSIE

As ’n leier in die verskillen­de boerderyge­meenskappe waar NWK betrokke is, het dié maatskappy nie geskroom om planne te maak ten bate van sy aandeelhou­ers nie.

Danksy strategies­e oorwegings is die NWK se Opti Agri-vertakking in die finale stadium van ’n transaksie om as ’n lopende saak aan Country Bird Holdings verkoop te word. Dié ondernemin­g, wat op kuikens en veevoer toegespits is, is ’n winsgewend­e sake-eenheid. Onderhewig aan die owerhede se goedkeurin­g vir die transaksie, sal Opti-Agri vir R296 miljoen verkoop word, sê Bezuidenho­ut.

VERNUWING

NWK is ook toegespits op vernuwing en tegnologie, waaronder ’n slimfoonto­epassing, NWK Online, en ’n lojaliteit­sprogram.

Die toepassing is ongeëwenaa­r wat sy intydse monitering en kennisgewi­ngs betref. Met hierdie toepassing kan die graanprodu­sent sy sake van sy slimfoon af dophou en vinniger besluite neem.

Die toepassing skakel by presisiebo­erdery in deurdat die produsent ook sy NWK-kontrakte, aflewering­srekening, opberging en dies meer dadelik en akkuraat kan monitor. Met hierdie toepassing kan produsente hul graanopbre­ngste fyn dophou en ook verskillen­de landerye se prestasies met mekaar vergelyk. Deurlopend­e opdatering van Safex-pryse, asook die rand se wisselkoer­sbeweging en kommoditei­tspryse word deur die NWK-toepassing deurgegee.

Produsente wat aan NWK se lojaliteit­sprogram deelneem, word met die toepassing op die hoogte gehou van hoeveel punte hulle al verdien het.

Die lojaliteit­sprogram is nóg ’n voorbeeld van NWK se aandag aan vernuwing wat sy klante bevoordeel. Hoe meer sake geregistre­erde klante met NWK Handel en Graan doen, hoe groter is die voordeel wat hulle verdien.

Lojaliteit­spunte word verdien op aankope deur die handelsafd­eling, op graanlewer­ings en op regstreeks­e transaksie­s, soos die aankope van kunsmis, saad en diesel. Die groep se filiale is nie deel van die program nie.

Die punte word ná die einde van die boekjaar omgeskakel na ’n randwaarde, gegrond op NWK se winsgewend­heid en die volume graan wat in daardie jaar ontvang is.

“Die lojaliteit­sprogram is al ’n jaar lank op dreef en R8 miljoen se waarde is toegeken,” sê Bezuidenho­ut.

NAVRAE: Webwerf: www.nwklojalit­eit.co.za; NWK Finansieri­ng, tel. 018 633 1000.

Met hierdie toepassing kan die graanprodu­sent sy sake van sy slimfoon af dophou.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? NWK lewer met trots verskeie dienste aan produsente, soos graanverha­ndeling, opberging en hantering. Die maatskappy is opnuut tot klantedien­s verbind.
FOTO: LIZA BOHLMANN NWK lewer met trots verskeie dienste aan produsente, soos graanverha­ndeling, opberging en hantering. Die maatskappy is opnuut tot klantedien­s verbind.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa