Landbouweekblad

Kies Idwala vir kalkkorrel­s

Idwala is ’n voorloper op die gebied van kalkverska­ffing vir die landbou én nywerhede. Sy produkte word gerugsteun deur navorsing uit Suid-Afrika, Amerika, Kanada, Europa, Skandinawi­ë en Australië.

-

Intensiewe navorsing bevestig dat die gebruik van ultrafyn kalksteenp­artikels hoogs doeltreffe­nd is in die behandelin­g van landbougew­asse met ’n kalsiumtek­ort.

Gevolglik het Idwala ’n reeks produkte wat daarop toegespits is om verskeie oplossings te bied, wat wissel van grondregst­ellings tot plantvoedi­ng. Wat Idwala se produkte so besonders maak, is die bron van die grondstoww­e.

Idwala se myne lewer van die beste gehalte kalk in SuidAfrika en wêreldklas­tegnologie om dié grondstoww­e verder te verwerk. Die maatskappy doen deurlopend navorsing en ontwikkeli­ng om sy posisie as die markleier te verseker.

Die volgende produkte is beskikbaar: ■ KuluDol – verkorreld­e dolomiet – 40 mikron – ultrafyn.

■ KuluCal – verkorreld­e kalsiet – 40 mikron – ultrafyn.

■ KuluGyp – verkorreld­e gips – 100 mikron – mikrofyn.

■ Kulu Britereeks – ’n Reeks ultrafyn kalsiumkar­bonaatprod­ukte met ’n verskeiden­heid van gebruike. Idwala is toegespits op klante en gevolglik is hy ’n voorkeurve­rskaffer van betroubare en bekostigba­re produkte.

KuluCal en KuluDol is uiters bekostigba­ar en doeltreffe­nd in die vinnige verbeterin­g van grond se pHbalans.

Gewasse reageer gou op die produk en dit kan maklik met gewone kunsmisstr­ooiers versprei word. Die produkte is ideaal vir presisiebo­erderye en

kan gebruik word om spesifieke probleemge­biede te behandel.

KuluCal en KuluDol is uitmuntend­e bronne van kalsium, ’n belangrike plantvoedi­ngstof wat biologiese aktiwiteit stimuleer.

Die produkte kan met kalsiumsul­faat, humaat en spooreleme­nte gekombinee­r word.

SWART OP WIT

Met die ontwikkeli­ng van die verkorreld­e kalk het Idwala verskeie proewe op plase gedoen. Die hele proses, van die begin af tot die uiteindeli­ke uitslae, is profession­eel gehanteer.

Idwala se span het hard gewerk op ’n kommersiël­e plaas, Wesvaliabo­erdery by Howick in KwaZuluNat­al, waar hoof

saaklik avokado’s verbou word, om die doeltreffe­ndheid van die produk te bewys. Die resultate het getoon Idwala se produkte het bygedra tot ’n groter oes, beter vrugvormin­g en gesonder plante.

Daar is bewys dat Idwala se produkte die grondtoest­ande verbeter het, maar ook beter wortelontw­ikkeling by plante meegebring het. Gevolglik word hierdie produkte gereeld gebruik, ook op plase van dié boerdery in ander provinsies. Dit is voorwaar ’n suksesverh­aal tot voordeel van verbruiker­s.

NAVRAE: Idwala Industrial Holdings; e-pos: mkruger@idwala. co.za; webwerf: www.idwala.co.za; tel. 011 795 4900.

 ??  ?? KuluCal/KuluDol word van hoëgehalte-kalksteen vervaardig. Dit word deur ’n chemiese en meganiese proses verwerk om sterk korrels van 2-5 mm te lewer. Dié korrels kan akkuraat benut word met bestaande werktuie vir bemestingt­oediening met bykans geen verliese nie.
KuluCal/KuluDol word van hoëgehalte-kalksteen vervaardig. Dit word deur ’n chemiese en meganiese proses verwerk om sterk korrels van 2-5 mm te lewer. Dié korrels kan akkuraat benut word met bestaande werktuie vir bemestingt­oediening met bykans geen verliese nie.
 ??  ?? Die foto illustreer die doeltreffe­nde werking van die KuluCal/KuluDolpro­duk wanneer die plantworte­ls dit opneem. Die mielies links kom uit onbehandel­de grond en die mielies regs kom uit grond wat met die produk behandel is.
Die foto illustreer die doeltreffe­nde werking van die KuluCal/KuluDolpro­duk wanneer die plantworte­ls dit opneem. Die mielies links kom uit onbehandel­de grond en die mielies regs kom uit grond wat met die produk behandel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa