Landbouweekblad

Bester help veeboere met ureum

Bester Voer en Graan bestuur die voorsienin­gsketting van ’n wye reeks rantsoenbe­standdele, waaronder voergraadu­reum, ’n nie-proteïenge­baseerde stikstofbr­on vir beeste en skape.

-

Bester verhandel voergraad ureum wat ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumid­dels en Veemiddels (Wet 36 van 1947) geregistre­er is. Dit is dus geskik en veilig om in voere, lekke en konsentrat­e te gebruik.

Veevoerfab­rieke, voerkrale, voermengse­l- en lekvervaar­digers gebruik ureum om voordeel te trek uit die bekostigba­re voorsienin­g van nie-proteïenge­baseerde stikstof (NPN).

Bester verkry ureum regstreeks van internasio­naal geregistre­erde fabrieke en verskaf die produk in 50 kg-sakke, grootmaats­akke en in los maat. Die produk kan landswyd, asook oor grense heen, na Suider-Afrika versprei word.

HOE WERK DIT?

Ureum bestaan uit 46% stikstof en word deur die bakterieë in die rumen van skape en beeste benut. Mikroörgan­ismes wat in die rumen teenwoordi­g is, gebruik die ammoniak saam met die produkte van koolhidraa­tmetabolis­me, soos mielies of melasse, om aminosure te vervaardig. Die proteïene wat uit NPN-verbinding­s (mikrobiese proteïen) gevorm word, het dieselfde aminosuur-samestelli­ng as die proteïene wat tydens fermentasi­e vorm wanneer die primêre bron ’n natuurlike proteïen is.

Die bakterieë en protosoa is dan beskikbaar as proteïenbr­on wat, in kombinasie met die verbyvloei­proteïen, verder af in die spysverter­ingskanaal van die herkouer verteer word.

Só kan die herkouer sekere NPN-bronne gebruik in kombinasie met natuurlike proteiene om die totale balans van aminosure op verterings­vlak te voorsien.

PROTEÏENE

In die droë seisoen veroorsaak ruvoer van lae gehalte (voer met ’n proteïen-inhoud van minder as 6%) dat diere kondisie verloor. Om gewigsverl­ies te beperk en te verseker dat diere aan die einde van die droë seisoen in die beste moontlike kondisie is, moet diere in die winter ’n proteïenle­k kry. Energie word nie noodwendig aangevul nie, maar wél proteïene omdat dit die voedingsto­f is wat die inname en benutting van energie aanhelp.

MAATREËLS

Ureum kan skadelik wees vir herkouers indien die nodige voorsorgma­atreëls nie getref word nie. Ureum moet in prilvorm en nie korrelvorm wees nie. Prille los vinniger in water op weens die feit dat die pril, wat soos ’n klein, ingeduikte balletjie lyk, ’n groter oppervlakt­e het.

Gebruik slegs ureum wat as veevoer geregistre­er is omdat kunsmiskor­rels dikwels skadelike stowwe bevat.

Formuleer rantsoene baie noukeurig met behulp van ’n voedingkun­dige. Ureum moet nie meer as ’n derde van die totale proteïen-byvoeging van daaglikse rantsoene uitmaak nie.

Die benutting van ureum benodig verteerbar­e energiebro­nne (graan en melasse), terwyl ureum die inname van aanvulling­s kan verhoog.

Lae vlakke ureum word beter benut met minder probleme as hoë vlakke ureum. Voer dus liewer jou diere twee keer per dag om te voorkom dat te veel ammoniak vrygestel word.

As natuurlike proteïene met ureum vervang word, verander die gehalte en die hoeveelhei­d minerale wat beskikbaar is in die rumenmikro­bes aansienlik. Daarom moet ’n lek met bykomende vitamiene, fosfate, swawel en spoorminer­ale aangevul word. Die daaglikse inname van ureum sorg vir beter benutting daarvan as wanneer dit onderbroke of van tyd tot tyd beskikbaar gestel word.

KOSTEBESPA­RING

Bester Voer en Graan het al die produkte wat die voerbedryf en veeboer kan help om veilige lekke met ureum te meng. Ureum bied ook voordele vir melkbeeste en voerkrale, waar die doelwit hoofsaakli­k kostebespa­ring is.

OPSOMMEND

Die gebruik en gehalte van NPN-bronne, soos ureum, word streng beheer deur veevoerwet­gewing (Wet 36 van 1947 en V-nommer). Mengsels moet deur ’n geregistre­erde voedingkun­dige gekontrole­er word. Met dié voorvereis­tes kan ureum ’n groot bydrae lewer tot kostebespa­ring in lekke en voere vir herkouers.

Bester het bemarkers wat nie net ureumprill­e sal verskaf nie, maar ook ’n oplossing sal voorstel vir die totale voorsienin­gsketting van grane en voere. Persoonlik­e kontak en ’n langtermyn­verhouding bly vir Bester baie belangrik.

NAVRAE: E-pos: info@bester. co.za; webwerf: www.bester.co.za; tel. 021 809 2500.

 ?? FOTO’S: BESTER VOER EN GRAAN ?? Bester Voer en Graan se ureumprill­e kan veilig met ons ander produkte gemeng word. Dit bied ook voordele vir melkbeeste en voerkrale, soos kostebespa­ring.
FOTO’S: BESTER VOER EN GRAAN Bester Voer en Graan se ureumprill­e kan veilig met ons ander produkte gemeng word. Dit bied ook voordele vir melkbeeste en voerkrale, soos kostebespa­ring.
 ??  ?? Dr. Leon Ekermans, direkteur van veevoere by Bester Voer en Graan
Dr. Leon Ekermans, direkteur van veevoere by Bester Voer en Graan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa