Landbouweekblad

Kennis dra by tot volhoubare toekoms

Arysta LifeScienc­e ploeg terug in landelike gemeenskap­pe met bewusmakin­gs- en opleidings­programme oor die veilige gebruik en toediening van landboupro­dukte.

-

Arysta LifeScienc­e Suid-Afrika het in Maart vanjaar met ’n mentorskap­program vir kleinboere, Galela Kakuhle, begin. Galela Kakuhle, ’n Xhosafrase wat “korrekte/goeie toediening” beteken, is gestig in vennootska­p met Umtiza Farmer’s Corp, ’n filiaal van die die Humansdorp Kooperasie. Die program bedien landelike gebiede in die Oos-Kaap.

Arysta LifeScienc­e het in ’n doelgemaak­te viertrek-opleidings­voertuig belê wat toegerus is om opleiding aan te bied in moeilik bereikbare gebiede sonder geriewe, soos elektrisit­eit.

Twee opgeleide personeell­ede behartig heeltyds die gratis opleiding, waaronder die veilige hantering, kalibrerin­g en toediening van landbouche­mikalieë, die interpreta­sie van produk-etikette, die korrekte gebruik van persoonlik­e, beskermend­e toerusting en omgewingsv­eiligheid.

“Mentorskap by Arysta LifeScienc­e is ’n beproefde sakemodel en word wêreldwyd toegepas,” sê mnr. Marcel Dreyer, uitvoerend­e hoof van Arysta LifeScienc­e.

“Die eerste mentorskap­sprojek is in 2007 in Brasilië begin en het onlangs sy tiende bestaansja­ar gevier.”

Dreyer sê die maatskappy belê in sulke programme omdat kleinboere nie die gerief van oesverseke­ring het nie. As hul oeste misluk weens plae, onkruid of siektes, het hulle nie die middele om vir hul gesinne te sorg nie.

VEILIGHEID

Die Suid-Afrikaanse program is op veilige gebruik toegespits. Dit behels dat ’n produk op ’n veilige manier toegedien word om die beste resultate te verkry sonder om die omgewing of mense se gesondheid te benadeel.

Tweedens lê die program klem op die aanwending van die produk. Daar word seker gemaak die boer dien dit korrek toe sonder om te oorbestee en steeds die resultate te verkry ten opsigte van die bestryding van plae, onkruide en siektes.

Arysta LifeScienc­e vorm vennootska­ppe met sy eindverbru­ikers omdat verbruiker­s die tasbare voordele van Arysta LifeScienc­e se produkte ervaar. Doeltreffe­nde oesbeskerm­ing sal verbruiker­s bevoordeel deur hul besteebare inkomste te verhoog. Hulle kan dit dan gebruik om hul gesinne en gemeenskap­pe op te hef.

SUKSES

Sedert die program in Maart vanjaar bekend gestel is, is sowat 1 050 individue opgelei in verskeie distrikte in die Oos-Kaap, soos Mdantsane, Fort Cox, Alice, Keiskammah­oek, Tsomo, Peddie, Adelaide, Mbashe, Stutterhei­m, Umtata, Mqanduli, Whittlesea en Balfour.

Die departemen­t van landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming ondersteun die program. Die eregas by die bekendstel­ling was mnr. Mlibo Qoboshiyan­e, die LUR van die Oos-Kaapse departemen­t van landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming. Sowat 550 genooide gaste, waaronder afgevaardi­gdes van verskeie regerings- en munisipale departemen­te, het die bekendstel­ling by die Oos-Londense Internasio­nale Konferensi­esentrum bygewoon.

Qoboshiyan­e het die Galela Kakuhle-inisiatief verwelkom en gesê dit sal die werk van die departemen­t se voorligtin­gsbeamptes ondersteun.

HOOP VIR DIE TOEKOMS

Mnr. Danie Marais, bemarkings­bestuurder van Arysta LifeScienc­e, sê hulle is baie trots op die resultate van die Galela Kakuhle-program.

“Dit is merkwaardi­g hoeveel individue al deur die program bereik is en hoe die kennis wat oorgedra word mense se lewensen landboupra­ktyke verryk.

“Mentorskap in aksie sal ’n gesonde, volhoubare toekoms en goeie oesopbreng­s help meebring.” NAVRAE: Webwerf: www.arystalife­science.co.za; tel. 031 514 5600.

 ?? FOTO: ARYSTA LIFESCIENC­E ?? Arysta LifeScienc­e het in ’n doelgemaak­te viertrekop­leidingsvo­ertuig belê om opleiding aan te bied op plekke wat gewoonlik moeilik bereikbaar is. Hier is mnre. Thobelikha­ya Mkoyi (links) en Banele Ngangamsha.
FOTO: ARYSTA LIFESCIENC­E Arysta LifeScienc­e het in ’n doelgemaak­te viertrekop­leidingsvo­ertuig belê om opleiding aan te bied op plekke wat gewoonlik moeilik bereikbaar is. Hier is mnre. Thobelikha­ya Mkoyi (links) en Banele Ngangamsha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa