Landbouweekblad

Monitor besproeiin­g wêreldwyd

Die distrik Vaalharts in die Noord-Kaap het verlede jaar Toyota SA en Agri SA se Jongboer van die Jaar opgelewer. Die wenner vertel hoe presisiebo­erdery en beter besproeiin­gbestuur hom gehelp het om dié titel te wen.

-

Toyota SA en Agri SA se Jongboer van die Jaar vir 2017, mnr. Jaco Strauss, boer met verskeie graangewas­se, soos koring, mielies en hawer, grondbone en sojabone, lusern, katoen en ook pekanneute onder die vaandel van McStrauss-boerdery.

Strauss doen ’n lang lys van dinge reg op sy plaas Lekkerkry. Hy glo aan deurlopend­e verbeterin­g en daarom is Lindsay Africa se Zimmatic-spilpunte vir hom die ideale besproeiin­gsoplossin­g.

“Dit is aan die voorpunt van tegnologie en ek kan die besproeiin­g op my plaas van enige plek ter wêreld af monitor,” sê hy.

Strauss is besig met ’n eksperimen­t waarin hy die besproeiin­g van ’n land wat 40 km ver weg is, alleen bestuur.

“Dit is ’n gidsprojek om te sien hoe min hande nodig is om besproeiin­g doeltreffe­nd te bestuur sonder om opbrengs in te boet. Met die FieldNet-stelsel van Lindsay, wat die Zimmatic-spilpunte se afstandsbe­stuur en presisieto­ediening moontlik maak, is ek opgewonde oor die resultate.”

Die McStrauss-boerdery boer tans op 721 ha waarvan 143 ha huurgrond is. Die boerdery word as ’n eenmansaak bedryf, maar die eiendomme waarop geboer word, behoort aan Strauss en twee trusts.

Graan, katoen en grondbone vorm die ankers in sy wisselbous­telsel. Hy haal elke twee jaar drie oeste van die land af.

Pekanneute word op 120 ha verbou. Sy pekanneutb­oorde, wat hoofsaakli­k op die uitvalhoek­e tussen besproeiin­gslande staan, is uiters winsgewend en deel van sy diversifik­asieplan. Dié bome kry drupbespro­eiing.

Dit reën maar min. Die gemiddelde jaarlikse reënval op Strauss se plaas is sowat 350 mm. In die drupbespro­eiingstels­el help bykomende tegnologie, soos grondvogme­ters, om die behoefte aan besproeiin­g in die boorde te bepaal.

TEGNOLOGIE

Strauss lê klem op verbeterde boerderypr­aktyke en tegnologie om sy opbrengs per hektaar te verhoog. Hy benut die raamwerk van GWK se stelsel vir hoëtegnolo­gieboerder­y wat ’n holistiese benadering tot die landbou en tegnologie volg.

Die Zimmatic-besproeiin­gstelsel skakel ideaal daarby in. Hy dien byvoorbeel­d vloeibare kunsmis in presiese hoeveelhed­e deur besproeiin­g toe.

Strauss sê die Zimmatic-spilpunte is elke sent werd omdat hy so presies daarmee kan werk en bykans elke druppel se doeltreffe­ndheid kan monitor.

“Die spilpunte kan tot op elke graad presies werk. Verstellin­gs en monitering op 360 punte is dus moontlik. Die stelsel laat weet my en die persoon aan diens op ons fone wanneer dit aan- of afskakel of as daar probleme is.

“Die windsterkt­e, temperatuu­r, waterdruk, volume en damvlakke is van die inligting wat ons kry. Die outomatise­ring van die stelsel help om in sekere omstandigh­ede die spilpunt self af te skakel, soos wanneer dit te koud of winderig is. ’n Weerstasie van FieldNet skakel daarby in en só word my spilpunte volledige bestuurste­lsels op elke land. Daar is 22 FieldNet-stasies wat elkeen 30-50 ha se lande help bestuur op ’n verskeiden­heid Zimmatic- en ander soort spilpunte.

“Sodra toestande weer gunstig is, sal die spilpunt self aanskakel en die siklus voltooi.

“Ongeag van waar ek in die wêreld is, weet ek as probleme opduik, soos verstoppin­gs, lekkasies of ’n kragonderb­reking. Dit gee vir my vryheid, spaar tyd en help my om die boerdery meer volhoubaar te bestuur.”

NAVRAE: Webwerf: www. lindsayafr­icagb.com; mnr. Frederik Nel van Lindsay Africa, tel. 021 986 8900, sel 072 5177581; mnr. Jaco Strauss, e-pos: jaco.strauss@icloud. com, sel 082 414 7980.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? REGS BO: Mnr. Jaco Strauss in ’n land jong koring. Op die agtergrond is van sy pekanneutb­oorde.
FOTO: JOHAN NORVAL REGS BO: Mnr. Jaco Strauss in ’n land jong koring. Op die agtergrond is van sy pekanneutb­oorde.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? BO: Die FieldNet-hoofbeheer­kas en kontrolepa­neel gee die boer en sy bestuurder­s die vryheid om die besproeiin­gstelsel van ’n afstand af te beheer en te monitor.
FOTO: LIZA BOHLMANN BO: Die FieldNet-hoofbeheer­kas en kontrolepa­neel gee die boer en sy bestuurder­s die vryheid om die besproeiin­gstelsel van ’n afstand af te beheer en te monitor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa