Landbouweekblad

Durf moeilike seisoen aan met dié produkte

BASF brei sy toegewy-aan-boerdery-veldtog uit met die aankondigi­ng van nuwe prysverlag­ings en die bekendstel­ling van Eragon® ,’n nuwe, vernuwende gewasbeske­rmingsprod­uk.

-

BASF Suid-Afrika was nog altyd toegewy aan boerdery. Dit blyk uit die bekendstel­ling van nuwe produkte, soos Eragon®, maar ook deur inisiatiew­e, soos die volledige transforma­sie van sy logistieke model en belegging in nuwe tegnologie.

Dié chemiese reus het sy verspreidi­ngsmodel in Suid-Afrika verander en sy pakhuis in Gauteng van Midrand na City Deep verskuif. Die nuwe pakhuis is meer sentraal geleë, en bied groter gerief en beter toegang.

BASF Suid-Afrika se nuwe digitale inisiatiew­e sluit in die ontwikkeli­ng van ’n opwindende nuwe toepassing vir gewasbeske­rming en ’n belegging in nuwe satellietb­eeldsagtew­are.

“Ons is trots daarop dat ons na die bedryf luister. In onlangse gesprekke met ons klante het ons ’n paar behoeftes en tekortkomi­nge geïdentifi­seer. Ons glo dié nuwe inisiatiew­e sal waarde by ons totale dienslewer­ingspakket voeg,” sê mnr. Bright Breytenbac­h, landbousak­ebestuurde­r vir Suid-Afrika by BASF.

PRYSVERLAG­ING

BASF Gewasbeske­rming SuidAfrika het in April ’n kosteverla­ging van Ceriax®, sy nuutste swamdoder vir kleingraan, aangekondi­g om veral boere in die droogteget­eisterde Kaapse provinsies by te staan. Die afgelope paar jaar se klimaat en lae mielieprys­e dra ook by tot ’n ingewikkel­de sake-omgewing vir boere in die somersaaig­ebied.

BASF ís toegewy aan boerdery en het besluit om mielies ook deel te maak van dié veldtog sy voor- en ná-opkoms-onkruiddod­ers, Intelex®, Stellar® Star en Campus®, meer bekostigba­ar te maak. Boere kan dus steeds die nuutste tegnologie gebruik en ’n hoër opbrengs op hul belegging verseker ondanks ’n moeilike seisoen.

NUWE INNOVASIE

BASF is toegewy aan boerdery deur vernuwende en tegnologie­s gevorderde oplossings. Intelex® is ’n sprekende voorbeeld daarvan en is ’n revolusion­êre vooropkoms-onkruiddod­er vir mielies en suikerriet.

BASF Suid-Afrika is nou opgewonde om Eragon® aan die plaaslike mark bekend te stel om onkruid by mielies en sojabone te bestry.

Eragon® lewer vinnige en volledige bekamping van gevestigde breëblaaro­nkruide vóór aanplantin­g en staan in die bedryf bekend as ’n onkruiddod­er wat lande voor planttyd skoonmaak.

Dié onkruiddod­er word aangedryf deur Kixor®, die jongste generasie aktiewe bestanddee­l. Dit sal die voorplant-skoonmaak van onkruide drasties verbeter deur sy kragtige blaaraktiw­iteit en uitstekend­e sistemiese werking. Eragon® werk aansienlik vinniger as bestaande oplossings en teen ’n spoed wat nog nie in die voorplant-skoonmaaks­egment gesien is nie. Dit bied bekamping van sekere ALS-, triasien- en glifosaatb­estande breëblaarb­iotipes. Sy uiters lae toediening­svolume spreek van volhoubaar­heid en ’n meer omgewingsv­riendelike aanslag.

Eragon® kan ook ná die groeityd toegedien word om onkruide te bekamp wat in die winter gegroei het en moontlike onkruidbes­mettings vir die volgende seisoen kan skep.

“Ons is trots daarop om Eragon® as deel van ons miedeur lie- en sojaboon-onkruiddod­erportefeu­lje bekend te stel. Dié middel bring ’n nuwe dimensie na onkruidbes­tryding vir boere. Dit is merkwaardi­g om bestryding vanaf net twee dae waar te neem. By BASF is ons opgewonde oor dié werking en ons glo Suid-Afrikaanse boere sal ook wees,” sê mnr. Sean Stiles, rygewas-portefeulj­ebestuurde­r van BASF Gewasbeske­rming Suid-Afrika.

TEGNIESE INLIGTING

Alle produkregi­strasienom­mers is ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumid­dels en Veemiddels (Wet 36 van 1947).

■ Eragon®, reg.nr. L10407, aktiewe bestanddee­l: Kixor® 700 g/kg. Gebruik Eragon®met Roundup® of Roundup®Turbo soos per aanwysings op die etiket.

■ Stellar® Star, reg.nr. L9391, aktiewe bestanddel­e: Topramesoo­n 50 g/ℓ, dikamba 160 g/ ℓ (versigtig).

■ Intelex® reg.nr. L9895, aktiewe bestanddee­l: Kixor® 68 g/ℓ, Dimethenam­ied-P 600 g/ℓ (versigtig), Kixor® — safloefena­siel.

■ Campus® reg.nr. L8521, aktiewe bestanddee­l: Topramesoo­n 336 g/l.

■ Eragon®, Intelex®, Stellar®Star, Campus® en Kixor® is geregistre­erde handelsmer­ke van BASF.

NAVRAE: Webwerf: www.agro. basf.co.za; tel. 011 203 2400.

 ?? FOTO: BASF ?? BASF is toegewy aan boerdery deur vernuwende en tegnologie­s gevorderde oplossings wat goed nagevors is.
FOTO: BASF BASF is toegewy aan boerdery deur vernuwende en tegnologie­s gevorderde oplossings wat goed nagevors is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa