Landbouweekblad

GOEIE OPBRENGSTE, MAAR HARDE WERK

-

Pikantriss­ieplante groei welig en dra baie vruggies. Boere oes sowat 15 t/ha, maar mnr. Dave Duncan meen dit is waarskynli­k net die helfte van wat die plant kán dra. Boere het al tot 25 t/ha geoes. Dave-hulle hou egter ’n wakende oog oor gehalte. Om die vrugte heel te verwerk, moet dit ongeveer 25-40 mm in deursnee wees.

Hoewel pikantriss­ies meerjarige plante is, plant hulle elke jaar nuwe plante om oeste te vergroot. Elke jaar van September tot November word sowat 2,5 miljoen saailinge geplant. Dit word deur twee van die grootste kwekerye in Oos-Londen en een in die Gamtoosval­lei gekweek.

Oestyd breek einde Februarie tot begin Maart aan, en duur tot Junie. Dan gebruik Dave agt tot tien werkers per hektaar en staan daar maklik 250 tot 350 mense bont op die plaas.

Die plante floreer teen ’n temperatuu­r van 25 °C tot 28 °C, maar kry swaar as dit warmer as 40 °C word. Die plante is ook gevoelig vir wind, en windbreke is nodig op plekke waar die wind baie waai.

Die plante moet besproei word en watergehal­te het ’n invloed op die uiteindeli­ke opbrengs. Op Dave se plaas, Varnam, is een van die grootste probleme die brak water wat hy uit die Blaauwkran­tzrivier kry. Die plante is nie dol oor die hoë souten pH-waarde nie. Hy toets dus gereeld die grond en werk elke tweede of derde jaar gips in die grond in. Hy drupbespro­ei drie keer per week en gebruik sowat 30 m3 water per hektaar.

Vrugtevlie­g en bolwurm kan verliese by pikantriss­ies veroorsaak. Hulle moniteer gereeld vir vrugtevlie­ë en spuit voorkomend teen bolwurm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa