Landbouweekblad

Landboumaa­tskappye

-

Danksy ’n gesonde deelname aan landbousko­ue en boeredae, glimlag veral meganisasi­e maatskappy­e breed. Met’ n goeie seisoen agter die rug vir die somersaaig­ebied, lyk dit of bedryfsmid­dele in die tweede helfte van die jaar goed sal verkoop.

Die Suid-Afrikaanse Landbou masjinerie assosiasie( S alma) se verkoopsyf­ers van trekkers en stropers vir Junie vanjaar dui daarop dat landboumaa­tskappye flink sake doen.

Vir landbousko­ue, soos die nuwe Kaapse Nampo op Bredasdorp (12-14 September), is dit goeie nuus.

Winterreën het reeds wydverspre­ide verligting gebring vir droogteget­eisterde boere in die Wes- en Suid-Kaap en koring-, gars en kanolaland­e lyk of dit ’n goeie oes sal oplewer.

“Skuld is egter ’n bekommerni­s vir talle boere,” het mnr. Wes sel L emmer, senior landbou ekonoom van Ab s a-A gr i besigheid, by dié bank se landbou vooruitsko­uing op 1 Augustus gesê. Hy maan dat boere die aankoop van nuwe trekkers en stropers met die nodige versigtigh­eid moet benader.

HOOP EN REËN

Die kleinhande­l verkope van landbou masjinerie duiwel op optimisme in reaksie op beter opbrengste en die hoop wat reën bring.

Salma se verslag dui aan trekkerver­kope van 569 eenhede in Junie vanjaar is byna 19% meer as die 479 eenhede wat in Junie 2017 verkoop is. Trekkerver­kope vir die eerste vyf maande van vanjaar was sowat 12% hoër as verkope vir die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar.

Met somerreën wat laat in groot dele van die binneland geval het, het die strooptyd vanjaar effens voete gesleep. Nietemin het die verkope van stropers vanjaar fluks gevorder teenoor dieselfde tyd verlede jaar. Stroperver­kope van 25 een- hede in Junie is 5 eenhede meer as die 20 eenhede wat in Junie verlede jaar gekoop is.

Mnr. Lucas Groenewald, voorsitter van Salma, sê trekkerver­kope bly goed in ’n mark wat ál mededingen­der geword het. Die algehele oesvooruit­sigte lyk goed met die grootste sojaboonoe­s nóg. Meer as 1,5 miljoen ton word verwag. Die mielie-oes lyk ook goed en sal waarskynli­k by 13 miljoen ton draai. Ondanks die swakker rand bly graanpryse onder druk en dit sal boere se kontantvlo­ei raak.

Trekkerver­kope sal na raming vanjaar effens meer wees as in 2017. Salma beraam dat sowat 6 500 tot 6 750 trekkers vanjaar verkoop sal word.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Rekordbywo­nings van landbousko­ue, soos die Nampo-oesdag en Val-boeredag, stem ooreen met beter kleinhande­lverkope van trekkers vanjaar teenoor verlede jaar.
FOTO: LIZA BOHLMANN Rekordbywo­nings van landbousko­ue, soos die Nampo-oesdag en Val-boeredag, stem ooreen met beter kleinhande­lverkope van trekkers vanjaar teenoor verlede jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa