Landbouweekblad

Agri SA pleit om kalmte, verantwoor­delikheid

- — CARIEN KRUGER

ONTEIENING sonder vergoeding kan nie oornag en sonder ’n rede gebeur nie, sê Agri SA.

Die organisasi­e het ’n nuuskonfer­ensie gehou met die doel om Suid-Afrikaners daaraan te herinner dat die Grondwet nie verander is nie en dat wetgewing bestaan ingevolge waarvan enige onteiening volgens ’n lang lys van prosedures moet plaasvind.

Die konferensi­e volg nadat AfriForum die lys plase bekend gemaak het wat glo in die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming rondgestuu­r word.

Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, het gesê die bekendmaki­ng van die lys sonder dat die geldigheid daarvan nagegaan is, is onverantwo­ordelik.

Kriek sê hy het twee oproepe gehad van boere wie se plase op die lys is. Daar is nie grondeise of enige ander eise op die plase nie en nie een van die twee boere is in transaksie­s met die Regering betrokke nie.

Kriek het gesê die boere voel albei blootgeste­l omdat hul name op die lys is en is bekommerd dat die verspreidi­ng van die lys hulle in die visier van

onder meer plakkers en grondbeset­ters plaas.

Hy het hulle gevra om kalm te bly, terwyl Agri SA die geldigheid van die lys nagaan. Kriek het gesê mense is reeds baie onseker en senuagtig sedert die ANC in Desember aangekondi­g het dat die wysiging van die Grondwet ondersoek gaan word.

Die bekendmaki­ng van die lys het onsekerhed­e verder verdiep en die uitwerking daarvan op beleggers gaan nog lank duur.

Kriek het gesê die organisasi­e bly deurentyd duidelik oor sy standpunte: Hy ondersteun die morale regverdigi­ng en die grondwetli­ke noodsaakli­kheid van grondhervo­rming, maar verwerp onteiening sonder vergoeding.

Kriek het verder gesê dit gaan nie vir Agri SA daaroor

om AfriForum te kap nie, maar om deurentyd die Grondwet te verdedig, mense te vra om kalm te bly en vertroue in die landbousek­tor te vestig.

“Pres. Cyril Ramaphosa het, sedert die proses begin het, almal gevra om verantwoor­delik te wees. Hy het belowe daar gaan ’n oop proses van raadplegin­g wees. Ek vra die President om leierskap te toon. Net hy kan mense se vrese besweer oor waar ons heen gaan.

“Ons sal voldoen aan sy oproep om verantwoor­delik te wees en sal oplossingg­edrewe wees, maar ons het openlikhei­d en deursigtig­heid nodig.”

TOETSSAKE

Die Regering het vroeër vanjaar gesê hy wil onteiening kragtens huidige wetgewing en die Grond-

wet in die hof toets.

Me. Annelize Crosby, hoof van grondsake van Agri SA, sê Agri SA sal sulke toetssake verwelkom.

“Dit sal die howe die geleent heid bied om te begin leiding gee oor hoe artikel 25 van die Grondwet se vereistes van billikheid en regverdigh­eid vertolk moet word.”

Sy het daarop gewys dat grond nie sommer onteien kan word nie. Daar is vier wette wat dié magte verleen en die Regering sal een van dié vier moet gebruik.

“Dit (toetssake) sal waarskynli­k restitusie­sake wees waar die eise nie in dispuut is nie, waar onderhande­linge oor die prys reeds ’n lang tyd aan die gang is sonder dat ’n ooreenkoms bereik kon word, en waar die Regering dan besluit om die saak hof toe te neem.”

ZOKWANA LOOF AGRI SA

Mnr. Senzeni Zokwana, Minis ter van Landbou, Bosbou en Visserye, het Agri SA oor sy kritiek op AfriForum gelukgewen­s.

Volgens hom spits AfriForum hom toe op die stigmatise­ring van die huidige parlementê­re proses oor onteiening sonder vergoeding.

Zokwana het benadruk dat die proses rakende die wysiging van artikel 25 en die hervorming­sproses nie voedselsek­erheid en die landbousek­tor as kritieke ekonomiese bydraer sal ondermyn nie. Mnr. Kallie Kriel, uitvoerend­e hoof van AfriForum, se reaksie op die kritiek was dat AfriForum nie by moddergooi­ery met Agri SA betrokke gaan raak nie. Baie van sy lede is boere en ook lede van Agri SA.

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Me. Annelize Crosby en mnr. Dan Kriek op die nuuskonfer­ensie.
FOTO: CARIEN KRUGER Me. Annelize Crosby en mnr. Dan Kriek op die nuuskonfer­ensie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa