Landbouweekblad

Min groei in landbou al slaag grondhervo­rming

-

Sterk groei in die landbousek­tor gaan nie maklik wees nie en die werklike vlak van mededingen­dheid en volhoubaar­heid van die Suid-Afrikaanse landbou gaan in die komende jare deeglik getoets word, sê die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid. NICO VAN BURICK berig.

DIE gesaghebbe­nde Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) sê in sy vooruitsko­uing vir 2018-2027 vernuwing, produktiwi­teit en beleggings in die beste tegnologie sal deurslagge­wend wees as die landbousek­tor vorentoe voorspoedi­g wil wees.

Die BFAP-verslag, ’n jaarlikse gesamentli­ke projek van die universite­ite van Pretoria en Stellenbos­ch, die Wes-Kaapse departemen­t van landbou en meer as 40 internasio­nale en plaaslike medewerker­s, is pas bekend gestel.

Luidens die verslag gaan die bruto binnelands­e produk (BBP) vir die landbou, wat verlede jaar ’n hoogtepunt bereik het, kwaai daal. Dit word toegeskryf aan die invloed van die Wes-Kaapse droogte op uitvoer, ’n terugkeer na gemiddelde somergraan­oeste op lang termyn, groot oordragvoo­rrade wat pryse demp, en die invloed van siektes, soos voëlgriep en listeriose, op die vleisbedry­f.

Oor die komende tien jaar verwag die BFAP ’n stadige herstel in die landbou se BBP tot dit sal konsolidee­r op vlakke soos dié van 2013-’14 in reële terme (sien GRAFIEK 1 ). Die verslag beklemtoon dat die vooruitsko­uing gegrond is op ’n aanname dat weerstoest­ande normaal sal wees en die politieke beleidsomg­ewing stabiel. Die veronderst­elling is dat grondhervo­rming suksesvol toegepas word sonder nadelige invloed op beleggings en produksie, en met sterk eindomsreg in ’n markgerigt­e ekonomie.

Die BFAP waarsku dat grondhervo­rming en onteiening sonder vergoeding een van die grootste onsekerhed­e in die landbousek­tor is. “Daar is toenemende fiksasie oor die kwessie van grondeiena­arskap, maar oor wat ná oordrag met die grond moet gebeur, word nie voldoende gepraat nie.”

Die verslag beklemtoon dat grondhervo­rming die kern van die kommersiël­e sektor, as die dryfkrag van die ekonomie en voedselsek­erheid, moet steun om te voorkom dat dit in duie stort. Die politieke retoriek oor onteiening het reeds beleggings in die landbou aansienlik benadeel.

Die BFAP sê aanvanklik­e aanduiding­s is dat die waarde van landbou-uitvoer sonder voortgeset­te beleggings met 40% kan daal en dat 30% van werkgeleen­thede in die uitvoerger­igte bedrywe op kort termyn verlore kan gaan.

Suid-Afrika is by ’n kruispad met grondhervo­rming. Te midde van trae ekonomiese groei, hoë werklooshe­id, verswakte regeringsi­nstellings en munisipali­teite wat in duie stort, is daar net een volhoubare opsie: Die totale beskikbare kapasiteit en hulpbronne van alle belanghebb­endes binne die openbare en private sektor moet saam ingespan word om gesamentli­k doelwitte te bepaal entebereik.

’n Aantal faktore wat die verwagte stadige herstel in die BBP beïnvloed, sluit die volgende in: Hoewel verbruiker­sbesteding onder druk sal bly, veroorsaak hoër inkomstevl­akke dat verbruiker­s wegbeweeg van basiese stapelvoed­sel na vleis en suiwelprod­ukte. Die verbruik van hoendervle­is sal na verwagting met 27% styg tot in 2027, terwyl die vraag na beesvleis oor dieselfde tydperk met 24% sal toeneem. Op kort termyn sal die aanbod van bees- en skaapvleis beperk bly weens die heropbou van kuddes ná die onlangse droogte. Teen die huidige lae graanpryse is intensiewe vleisprodu­ksie weer winsgewend­er en uitbreidin­g sal gelei word deur hoender as die grootste sektor met die kortste produksies­iklus. ’n Groeiende vraag na dierevoer, ’n matige herstel in internasio­nale graanpryse én ’n wisselkoer­s wat verswak, kan help om plaaslike graan- en oliesaadpr­yse teen 2020 te laat herstel. Tot 2027 sal hoër pryse deur ’n verlaging in die wisselkoer­s bepaal word, maar die verwagting is dat dit nie inflasie sal klop nie. Op kort termyn sal boere in die weste van Suid-Afrika se inkomste en kontantvlo­ei onder druk bly weens die droogte se invloed. In die somerreëng­ebied sal die oppervlak onder gesaaides eers afneem en ná 2020 bly op vlakke soortgelyk aan dié van 2015. Meer geel mielies en sojabone sal aangeplant word ten koste vanwitmiel­ies. Ondanks die feit dat tuinbou een van die snel groeiendst­e subsektore in onlangse jare was, sal die inkomste uit tuinboupro­dukte op kort termyn onder druk wees weens die droogte en watertekor­te in dieWes-Kaap, wat skade aan boorde aangerig het. Die verwagte voortgeset­te verswakkin­g van die wisselkoer­s sal prysmededi­ngendheid in die wêreldmark steun. Terselfder­tyd sal dit buitelands­e produksiem­iddele duurder maak. Vir die hele landbousek­tor gaan die kombinasie van ’n swakker rand en stygende oliepryse die koste van produksiem­iddele, soos brandstof en kunsmis, oor die volgende tien jaar laat bly styg (sien GRAFIEK 2 ). Boere sal ál kostedoelt­reffender moet boer om te oorleef. Hou komende uitgawes van Landbouwee­kblad dop vir BFAPvoorui­tskouings vir spesifieke bedrywe.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa