Landbouweekblad

‘BTW-vrye hoender kan meer werk skep’

- — CARIEN KRUGER

DIE afskaffing van BTW op hoendervle­is sal die vraag daarna verhoog en kan só tot die skep van 11 176 nuwe werkgeleen­thede lei.

“’n Volle prysverlag­ing van 15% kan tot ’n verhoging van 7,8% in vraag lei,” sê die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV).

Die organisasi­e het dié syfers in sy voorleggin­g aan die Woolard-paneel gebruik om ’n nulkoers BTW op hoendervle­is te motiveer. Dié paneel moes ondersoek of meer produkte van BTW vrygestel moet word.

Die SAPV sê ’n nulkoers op hoendervle­is kan onder meer R80 miljoen meer in die beursies van huishoudin­gs in die laerinkoms­tegroepe beteken, die gepaardgaa­nde groei in vraag kan R3,66 miljard tot die bruto binnelands­e produk (BBP) bydra, en die Regering kan uiteindeli­k R1 miljard meer aan inkomste verdien.

Die organisasi­e is daarom teleurgest­eld dat die paneel nie ’n nulkoers vir hoendervle­is aanbeveel het nie.

Die saak is egter nie verlore nie.’n Finale besluit sal waarskynli­k later vanjaar geneem word en die SAPV sê in ’n verklaring hy wil ’n sterk bydrae tot die openbare debat lewer.

Die organisasi­e sê Pricewater­houseCoope­rs het sy voorleggin­g met ’n ekonomiese en regulatori­ese ontleding ondersteun.

Die voorleggin­g wentel om die kwessie dat hoendervle­is ’n hoofproteï­enebron vir arm mense is en laerinkoms­te-huishoudin­gs se grootste voedseluit­gawe is.

Die SAPV het voorgestel dat slegs hoenderstu­kke aan die been teen ’n zerokoers belas moet word.

Hy verwerp die paneel se mening dat ’n BTW-koersverla­ging op hoendervle­is dalk deur die bedryf geabsorbee­r kan word, pleks dat die voordeel na verbruiker­s deurgegee word.

“Die vereniging se voorstel is ter goeder trou gedoen en was goed gemotiveer­d. Daar is geen rede vir die paneel om die bona fides van die SAPV of sy lede te betwyfel nie.”

Die organisasi­e gaan meganismes voorstel om te verseker dat ’n koersverla­ging ook tot ’n prysverlag­ing vir verbruiker­s sal lei.

Die teenstorti­ngsbewegin­g FairPlay sê die Woolard-paneel kon nie konsensus oor die hoenderkwe­ssie bereik nie en het dit na die Parlement verwys.

FairPlay doen ’n beroep op parlements­lede om die vrystellin­g van hoendervle­is van BTW te ondersteun.

Mnr. Francois Baird, FairPlay-stigter, sê hoendervle­is is die nasie se stapelvoed­sel en dat dit die beste manier is om die uitwerking van die BTW-verhoging op arm mense te versag.

Baird sê nadat die kwessie in die Parlement bespreek is, sal die Regering openbare kommentaar oorweeg, wat tot einde vandeesmaa­nd ingedien kan word.

 ?? FOTO: FAIRPLAY ?? Betogers met plakkate vir BTWvrye hoender neem deel aan ’n optog na die Tesourie se kantoor op Kerkplein, Pretoria, waar ook teen onwettige sigarette betoog is.
FOTO: FAIRPLAY Betogers met plakkate vir BTWvrye hoender neem deel aan ’n optog na die Tesourie se kantoor op Kerkplein, Pretoria, waar ook teen onwettige sigarette betoog is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa