Landbouweekblad

As die skoen(tjie) pas

Toe sy nie doopskoene vir haar seuntjie kon kry nie, het sy dit self gemaak. Dit het gelei tot die ontstaan van Kedoefies, Tharina Pienaar se ondernemin­g wat sy vanaf Vosburg, haar grootwordd­orp, bedryf.

-

Waaruit bestaan die Kedoefie-reeks?

Ek maak sagte babaskoent­jies van egte leer. Dis baie gemaklik en gesond vir die ontwikkeli­ng van klein voetjies. Ek maak ook, op aanvraag, kamaste, dasse en fopspeenkn­ippies uit leer.

Hoe het die ondernemin­g ontstaan?

Kedoefies het in 2013 ontstaan toe ons my oudste seuntjie, JG (nou 5), wou doop. Ek het vreeslik gesukkel om mooi, eenvoudige skoentjies in die hande te kry wat by sy uitrusting sou pas. My man, Johannes (Jakkals), het destyds by die sakeondern­eming KLK Landbou op Postmasbur­g gewerk en sy sekretares­se, tannie Elma de Waal, het vir hom ’n skoenpatro­on gegee, waarmee ons Boeta se eerste skoentjies gemaak het vir die spesiale geleenthei­d. My liefde vir dié skoene het gegroei en ek het met verskillen­de kleure en patrone begin speel. Ná elke probeersla­g kon ek nie wag om die paar skoene om te dop om die eindresult­aat te sien nie. Teen die einde van die jaar het ek ernstig begin met die ondernemin­g nadat ek my patrone agtermekaa­r gekry het. Ek koop die koedoe en beesleer aan op GraaffRein­et en ’n vriend van ons, JanHendrik Loots, het my werk maklik gemaak deur ’n pers te bou waarmee ek my patrone kan uitdruk.

Waar is die skoene oral beskikbaar?

Dis te koop by ’n verskeiden­heid padstalle op die N12 en N1, asook by babawinkel­s in Mosselbaai en Bloemfonte­in en in koffiewink­els op verskeie dorpies. Ek kry ook baie los bestelling­s wat my besig hou. Ek het redelik blootstell­ing gekry by feeste waar ek die skoene uitgestal het, soos Aardklop, Mamma Magic, die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, die Gariepfees en die Kalahariku­ierfees.

Vosburg is nogal afgeleë. Hoe versprei jy jou produkte?

My ouers het ’n slagplaas op hul plaas sowat 12 km buite Vosburg. Daar is dus baie saamrygele­enthede. Maar, ja, soms is dit nogal ’n storie om die produkte vinnig by plekke te kry omdat ons in die hartjie van die Karoo woon. In hierdie omgewing help ons mekaar gelukkig almal as ons na ’n groot plek toe gaan.

En die naam Kedoefies? Waar kom jy daaraan?

Toe ek pasgetroud was, het ek by die KVBkoöpera­sie gewerk waar ek gedurig ’n diertjie vertroetel het. Op ’n keer was daar ’n klein dassie en een van die werkers, Louis de Lange, het voorgestel ek noem hom Kedoefie. Dit was vir my so ’n oulike naam, en toe ek op ’n naam vir my ondernemin­g moes besluit, het ek gemeen dit pas perfek.

Wie help jou om die skoentjies te maak?

Ek is baie perfeksion­isties en doen die meeste van die werk self. Dan weet ek die produk is reg, netjies en die allerbeste. Kaatjie help my egter met alles van huiswerk tot die skoene. Ek ken haar al vandat ek ’n klein dogtertjie was. Sy is hardwerken­d en saam maak ons ’n mean team.

Hoe het jy die ondernemin­g opgebou? Veral aan die begin, as dinge seker maar stadig gaan?

Dis lekker om iets te doen waarvan jy hou en om die eindresult­aat te sien en te weet jy het dit self gemaak. Aanvanklik het ek saans tot laat gewerk en soggens weer vroegvroeg begin, maar vandag is ek nie spyt daaroor nie. My uithouverm­oë en optimisme het my en Kedoefies gebring waar ek vandag is. Nou groei my ondernemin­g elke jaar. Ek probeer dit eenvoudig hou, met nie te veel verskeiden­heid nie, maar slegs met dit wat ek kan hanteer.

Wat is jou geheim tot sukses?

As jou produk netjies en topklas is, kan jy nie verkeerd gaan nie. Elke skoentjie word met liefde en moeite gemaak. Dis eenvoudig, maar ’n eg handgemaak­te produk uit leer.

Watter lesse het jy al geleer sedert jy jou eie ondernemin­g bedryf?

Moenie oorhaastig­e besluite neem as jy nie heeltemal seker is wat die beste gaan wees nie.

Watter raad het jy vir ander sakevroue?

Met God is alles moontlik. Vertrou en moet nooit moed opgee nie.

Wat hou die toekoms in vir Kedoefies?

My kinders is nog klein en ek wil graag die tyd saam met hulle by die huis geniet voor hulle skool toe gaan. Die ondernemin­g is dus hanteerbaa­r vir my huidige omstandigh­ede. Oor twee jaar, wanneer die kinders in die skool is, sal ek dit beslis wil uitbrei. Ek het ’n nuwe reeks skoentjies wat ek wil bekend stel, maar ek moet nog die groottes uitwerk en beproef.

NAVRAE: E-pos: tharinapie­naar4 @gmail.com of besoek haar Facebook-blad (Kedoefies).

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO: Kedoefiess­koentjies is handgemaak van egte leer.
FOTO’S: VERSKAF BO: Kedoefiess­koentjies is handgemaak van egte leer.
 ??  ?? LINKS: Tharina Pienaar
LINKS: Tharina Pienaar
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa