Landbouweekblad

Jonkershoe­k: ’n Gemeenskap se trots

Van selfontdek­te enkelspoor­paadjies wat tegniese eise stel en die adrenalien deur fietsryers se are laat pomp, tot ’n mekka vir bergfietsg­eesdriftig­es van alle ouderdomme en vaardighed­e — só het Jonkershoe­k se gewilde bergfietsr­oetes ’n hele internasio­nal

-

Jare lank was Jonkershoe­k se mooi, maar uitdagende roetes Stellenbos­se bergfietsr­yers se speelplek, maar dit is vinnig besig om nie net veld te wen onder die res van Suid-Afrika nie, maar ook om in die res van die wêreld aandag te trek.

En dis alles te danke aan samewerkin­g tussen die bergfietsg­emeenskap en MTO, die bosboumaat­skappy wat ’n oog hou oor gebiede soos Jonkershoe­k.

BRANDE RIG SKADE AAN

In 2009 het ’n verwoesten­de brand die hoofsaakli­k selfgeskep­te Jonkershoe­k-roetes vernietig – tot fietsryers soos Bobby Behan, Bennet Nel en ander se groot ontstelten­is. Saam met die motorsport­kampioen Giniel de Villiers, ook ’n inwoner van Stellenbos­ch, het hulle maniere gevind om die roetes te herstel en te finansier.

MTO RAAK BETROKKE

Aanvanklik het dit goed gegaan, maar toe bereik die projek ’n plato en dit het ál moeiliker geraak om geld in die hande te kry. Dit was tot 2015, toe Lawrence Polkinghor­ne aangestel is as uitvoerend­e groepshoof van MTO.

Lawrence glo in volhoubare ontwikkeli­ng en transforma­sie en betrek graag die verskillen­de gemeenskap­pe wat MTO se eiendom benut. Toe hy by Bobby hoor van hul probleme met finansieri­ng, het hy die Jonkershoe­k-hekgeld aangebied om roetes te bou en te onderhou. MTO het nóg geld aangebied om te help met ontwikkeli­ng, die vestiging van nuwe roetes en paadjies wat vir almal toeganklik is.

“Dis super-opwindend om te sien hoe Jonkershoe­k ’n internasio­nale fenomeen word. Dis ’n wonderlike manier om dié voorreg te deel deur ons gemeenskap­pe te bemagtig en te betrek. Dit is ons almal se verantwoor­delikheid om Suid-Afrika se natuurwond­ers te bewaar, maar ook om die wêreld dit te laat geniet,” sê Lawrence.

OOK VIR BEGINNERS

In 2015 het nog ’n brand groot skade aangerig, maar dit kon nie die ontwikkeli­ng in Jonkershoe­k blus nie. Dinge het net van krag tot krag gegaan. Daar is tans roetes van meer as 40 km, met nuwes wat elke dag beplan en gebou word. En hoewel Jonkershoe­k al ’n groot aantrekkin­gskrag vir top-ryers op soek na tegniese uitdagings was, het dit nou ook die aandag getrek van bergfietsr­y-nuwelinge en gesinne.

Binnekort sal die My MTOtoepass­ing ook van stapel gestuur word, waarop die roetes van plekke, soos Knysna, Plettenber­gbaai, Tsitsikamm­a en Witrivier, bekyk kan word.

“Ons het so ’n ongeloofli­ke verskeiden­heid landskappe. Elkeen is uniek, soos Jonkershoe­k, en ons missie is om dit aan ons gemeenskap­pe te gee om te geniet en te beskerm,” sê Bennet.

“Ek doen dit ter wille van die roetes, die mense én die leefstyl. Dit gaan oor ’n gemeenskap; passievoll­e mense wat by nuwe plekke in die berge wil uitkom om die natuur te beleef, te ontdek en adrenalien te voel bruis. Ek’s baie dankbaar oor waar ons nou is. Dit was ’n hele proses, met baie mense wat byeengekom het en dis wonderlik om te sien dit het in iets spesiaals ontwikkel. Dis immers Jonkershoe­k, die wêreld se bes bewaarde geheim!”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? As jy tegnies uitgedaag wil word, bied Jonkershoe­k genoeg om jou bloed te laat bruis. Daar is egter ook makker roetes vir nuwelinge of jong ryers.
FOTO: VERSKAF As jy tegnies uitgedaag wil word, bied Jonkershoe­k genoeg om jou bloed te laat bruis. Daar is egter ook makker roetes vir nuwelinge of jong ryers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa