Landbouweekblad

Hart tot hart

- HART TOT HART DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

En toe dink ek daaraan dat ek nog nooit dankie gesê het vir my skoene en tande nie.

Elke mens he t’ ns tori e–sý storie. Dit is só jammer dat baie van die stories wegraak sonder ’n kans om dit behoorlik te vertel. Ek put baie vreugde daaruit om na ander mense se stories te luister – stories wat meermale op afgeleë plekke en in ongewone toestande afspeel.

Net vanoggend kon ek, sonder enige beplanning of verwagting, na twee ouerige omies se vertelling­s luister. Albei was besig om hul karige pensioentj­ies aan te vul deur parkering voor ’n groot kettingwin­kel te organiseer.

Op my vraag hoe dit gaan, sê Nommer Een: “Glad nie sleg nie, Meneer. As dit so aanhou, kan ek genoeg spaar om dié paar vellies te versool. Dit kos R260 om hule weer padwaardig te kry!” Hy lig sy voete op om te wys hoe kláár die sole is.

Met Nommer Twee gaan dit ook goed. “Niks om oor te kla nie,” sê my. Hy is sonder tande, al vir baie jare, maar geld om kunstande te koop is buite die kwessie – gans te duur! “Jy kan ’n tweedehand­se Toyota daarmee koop!” Nee wat, self kla hy oor niks. Sonder tande eet hy ’n pakkie grondboont­jies in ’n kits op. Toe vertel hy my van die man wat ook byna ál sy tande verloor het. Darem twee oorgehou – een in die bokaak en een in die onderkaak. Hy was so opreg dankbaar teenoor die Liewe Here wat dit so beskik het dat die twee tande reg oor mekaar sit!

Ek gee elkeen ’n skaflike fooitjie en ry weg – diep in my gedagtes versonke. Ja, elke mens het sy eie storie.

Die apostel Paulus se woorde kom by my op: “Wees in alle omstandigh­ede dankbaar” (1 Tess. 5:18). En toe dink ek daaraan dat ek nog nooit dankie gesê het vir my skoene en tande nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa