Landbouweekblad

VERSTEDELI­KING

- DR. PIETER MULDER Voormalige parlements­lid en Adjunkmini­ster van Landbou

In 1870 was 80% van die Amerikaans­e bevolking by die landbou op die platteland betrokke. Vandag is die grootste deel van die Amerikaans­e bevolking verstedeli­k. Minder as 2% van die bevolking is by die landbou betrokke. Tog verskaf daardie 2% met moderne metodes genoeg voedsel vir ál die verstedeli­kte Amerikaner­s.

In Afrika boer meer as 80% van alle landbouers op plasies van 2 hektaar en kleiner. Daarom is die meeste landbouers bestaans- boere wat net vir hom of haar en die gesin kos lewer. Waar Afrika steeds vinniger verstedeli­k, skep dit groot voedseltek­orte. Van die Afrika-lande suid van die Sahara het 35 geen voedselsek­erheid nie en moet kos invoer.

Suid-Afrika gaan binne enkele jare 70% verstedeli­k wees. Wil ons terugbewee­g na bestaansbo­erdery of eerder in die behoefte aan grond in die stede

voorsien? Daarom moet stedelike inwoners so gou moontlik titelaktes kry daar waar hulle woon.

Mondli Makhanya, vorige redakteur van die Sunday Times, som dit só op: “We are wasting valuable time and energy trying to restore people to their peasant ways. Ordinary South Africans either do not want land or just do not have the capacity to work it. They want to go to cities and work in a modern economy.

“Large-scale, highly mechanised commercial farming is now the way of the world. You cannot turn the clock back four decades. That is just the reality. Furthermor­e, the young people, as has happened elsewhere, have simply upped and headed for the towns and cities. Yet we continue to nurse the notion that we can reverse the inevitable march to an urban future. We keep wanting to fight the logic of large-scale commercial farming.

“The money and energy that is spent on getting peasants back into subsistenc­e (farming) would be better used to create a strong class of black commercial far- mers who actually do farm for commercial rather than sentimenta­l reasons.” (Sunday Times, 28 Februarie 2010.)

Minder blamering en meer waardering is vir ons kommersiël­e boere nodig.

Die ongeveer 34 000 wit en swart kommersiël­e boere lewer tans 95% van Suid-Afrika se kos. Hulle is minder as 0,07% van die bevolking, maar maak dat die land een van die min lande in Afrika met voedselsek­erheid is. Hulle is die grootste werkskeppe­rs vir veral ongeskoold­e werkers en betaal salarisse aan ongeveer 800 000 mense. Met hul bedrywighe­de hou hulle die ekonomie van landelike dorpe aan die gang, terwyl hulle terselfder­tyd waardevoll­e buitelands­e valuta vir Suid-Afrika verdien.

Omdat die Regering hierdie boere deurlopend in die spervuur plaas, word ’n klimaat van totale onsekerhei­d, asook vyandighei­d, geskep. Dit dra beslis by tot die groot aantal plaasmoord­e.

Die Regering en die deelnemers aan die openbare sittings gaan op die harde manier leer dat die wysiging van die Grondwet en die onteiening van grond nie die kortpad uit armoede is nie. Inteendeel. Die enigste kortpad uit armoede is om die lotto te wen. Al die ander paaie verg tyd en sluit werkskeppi­ng, beleggings, titelaktes en harde werk in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa