Landbouweekblad

ONTEIENING­SLYS: AGRI SA PLEIT VIR KALMTE, VERANTWOOR­DELIKHEID

-

Onteiening sonder vergoeding kan nie oornag en sonder ’n rede gebeur nie, sê Agri SA. Die organisasi­e het ’n nuuskonfer­ensie gehou met die doel om Suid-Afrikaners daaraan te herinner dat die Grondwet nie verander is nie en dat wetgewing bestaan ingevolge waarvan enige onteiening volgens ’n lang lys prosedures moet plaasvind.

Die konferensi­e volg nadat AfriForum ’n lys plase bekend gemaak het wat glo in die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming rondgestuu­r word. Dit is glo plase wat geoormerk is om sonder vergoeding onteien te word.

Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, het op die konferensi­e gesê die bekendmaki­ng van die lys sonder dat die geldigheid daarvan nagegaan is, is onverantwo­ordelik. PH KRYNOUW skryf: Agri SA verteenwoo­rdig my nie. Hoekom sal ek luister as hy praat? FW de Klerk het ook vir kalmte gevra, toe kry ons die gemors van ons lewens. KAREN TOMLINSON skryf: Jellieviss­e! Julle is nie daar vir ons boere nie, Agri SA. Julle misluk klaaglik in jul doel. Jul politieke korrekthei­d en gematigdhe­id het ons nou waar ons is. Julle sal paai en kalmeer en notuleer en keer tot ons kaalgestro­op staan. AfriForum staan nou jul skoene vol. Dis júlle wat onverantwo­ordelik optree deur jul lede die ewige polities korrekte paai-antwoord te gee. Ons het asb. nou manne met ruggraat nodig!

GERHARD SWART skryf: Ekhet geen respek vir Agri SA sedert hy geweier het om Swart Maandag (optogte teen die moord op sy kliënte) te ondersteun nie. WILLEMJ WALTERS skryf: Hoe moet jy kalm bly? Of laat ek liewer vra, hoekom moet jy kalm bly? Hoekom moet boere se plase sonder vergoeding gevat word? Hulle het gewerk vir daai grond en om ’n bestaan te maak, en nou wil ’n klomp slapgat, lui mense dit kom vat. Laat dié wat so grond wil hê, daarvoor werk. Koop dit. Dan sal julle voel hoe dit voel om gelyk te wees, want dis hoe die boere hul plase moet kry. JOHAN JOEP JOUBERT skryf: Ja, hou ons koppe in die sand dat die ANC ons lewend kan opeet.

CONNIE MULLER skryf: Wie sê julle verteenwoo­rdig my? Ons weet waar julle staan. Julle wil ons liewer in die donker hou. Basta, weg met julle.

KOTIE FOURIE skryf: Ek sou voorstel, Agri SA, dat julle eers by AfriForum gaan seker maak waar hierdie lys plase verkry is voor julle

enige kritiek lewer. Ten minste probeer AfriForum vir eiendomsre­gveg. DENIECE DAVEY skryf: Vradan die ANC vir sy dokumente. Dis net regverdig dat ons weet.

HARRY-PATRICK NEL skryf: Agri SA staan net vir sy eie belange en politieke welstand. Hy is maar net nog ’n organisasi­e wat geld ontvang en sy eie koffers vul.

THEODORE HENDRIK KRUGER skryf: Ek’s bly ek is ’n afgetrede boer. Sulke papbroekig­heid kan ek nie steun nie en ook nie verstaan nie.

ANDRE LOUW skryf: Agri SA weet geen plaas gaan gevat word nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa