Landbouweekblad

DIÉ PRODUKTE MISLEI BOERE

- DR. J.G.K. COETZEE Brief per e-pos ontvang

Die artikel “Hou jou oog op die winsbal” (LBW, 29 Junie 2018) deur dr. Gawie du Toit en die brief “Vermy oorbemesti­ng” van dr. S.F. du Plessis (LBW ,10 Augustus 2018) het betrekking.

Dit wil lyk of die aanbevelin­gs vir misstowwe nie deur optimale wins vir die boer aangevuur word, maar deur die verkope van kunsmis. Ek stem daarmee saam.

Ek wil graag ’n stuiwer in die armbeurs gooi deur die talle “nuwe middels” wat byna “wondere verrig” wat op die mark beskikbaar is, by te voeg.

Hierdie produkte word bekend gestel deur kleurvolle pamflette wat groot woorde bevat. Die beskrywing­s klink so wetenskapl­ik vir die leek. Ek wil graag enkeles aanhaal.

In ’n advertensi­e oor kalk word gesê dat die kalsium in die “ioniese, kolloïdale, metaaliese (sic) en kovalente soorte” in die produkte beskikbaar is. Daarom is dit moontlik dat gramme van die produk pleks van tonne per ha toegedien kan word.

Om suur grond te behandel, is dus OH--ione nodig. Hierdie ione kom van karbonate, hidrosiede en selfs silikate af.

Na my wete is 17 gram hidroksiel-ione (OH-) nodig om een gram protone of suur-ione (H+) te neutralise­er, ongeag waar die OH--ione vandaan kom. Dit is tog ’n chemiese feit! As die grond dus 500 kg OH--ione (vanaf kalsium- en/of magnesiumk­arbonaat) per ha nodig het vanweë die hoeveelhei­d suur-ione, kan dit nie chemies geregverdi­g word om net 20 kg van ’n produk toe te dien nie, al is die produk

100% OH--ione, wat chemies onmoontlik is. Waar gaan die ander OH--ione vandaan kom?

Die tweede voorbeeld het met blaarvoedi­ng te doen. Om die konsentras­ie van byvoorbeel­d sink in sitrusblar­e met 25 mg Zn per kg droë blare te verhoog, moet minstens 25 mg Zn per elke kg droë blare toegedien word. Dan is dit mos onsinnig om te dink dat 10 mg Zn dié verhoging sal bewerkstel­lig. Tog is daar talle blaarvoedi­ngsformula­sies wat ná verdunning (volgens die etiket) nie die vereiste gewig kan lewer nie.

Onafhankli­ke proewe en waarneming­s die afgelope 40 jaar toon dat die doeltreffe­ndheid van blaarbespu­itings net 40% tot 50% is (ureum uitgesluit). Die heel doeltreffe­ndste draers van blaarvoedi­ngstowwe is die anorganies­e nitraat- en sulfaat-ione (met die chelate ’n hele paar treë agter).

My waarneming­s, wat deur baie proewe gerugsteun word, toon as blaarvoedi­ngstowwe teen die konsentras­ie onder “Bewese” in die TABEL aan sitrusbome toegedien word, word die beste resultate (koste ingesluit) behaal. In die tabel vergelyk ek die bewese konsentras­ie met die konsentras­ie van die elemente wat in die spuitoplos­sing voorkom indien drie ander formulasie­s volgens voorskrif verdun word. Hoe op aarde kan gesê word dat die produkte A en B enigsins sink bevat?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa