Landbouweekblad

Nog ’n jaar van uitskietpr­yse op nasionale veiling

- - FREDALETTE UYS

’N MERINORAM van die Andrew Jordaan & Seuns-boerdery naby Cradock is onlangs vir R210 000 op Merino SA se nasionale veiling op Graaff-Reinet verkoop.

Die ram, Emperor, is deur mnre. Pieter van Zyl en Philip Botha van Britstown gekoop. Die Jordaans het die ses ramme wat hulle op die veiling aangebied het, teen gemiddeld R110 000 verkoop.

“Dit is vir ons ’n groot prestasie, veral die gemiddelde verkoopspr­ys waarteen die ramme verkoop is. Dit is amper ongewoon in die omstandigh­ede net ná die droogte,” sê mnr. Andrew Jordaan jr.

Jordaan meen die huidige wolpryse was ’n groot dryfveer vir die goeie pryse, tesame met boere wat in goeie teelmateri­aal belê.

“Die ram is geteel van teelmateri­aal uit Australië. Sy BLUP-syfers is ’n goeie kombinasie van groei, liggaamsge­wig en die hoeveelhei­d wol wat die ram lewer.”

Twee van die Jordaans se ramme is teen die naashoogst­e prys van R130 000 stuk verkoop. ’n Ram van mnr. Michael Hayward van Wildewater Merino’s is vir R113 000 aan mnre. Jannie Jacobs en Wikus Cloete verkoop, en ’n ram van Trumps Merino’s van mnr. Jan Pienaar is teen R110 000 aan mnre. Zach Grove

en Sias Scheepers verkoop.

GOEIE PRYSE, MAAR . . .

Volgens mnr. Danie Vorster, hoofbestuu­rder van Merino SA, is bogemiddel­de pryse vir sommige ramme betaal, maar daar was ook ramme wat beter pryse kon behaal het.

Ramme is teen gemiddeld sowat R30 000 verkoop, met altesaam 77 ramme wat aangebied is en waarvan 71 verkoop is.

Jordaan het beaam dat goeie pryse vir goeie ramme betaal is, maar dat dit kommerwekk­end is dat middelmati­ge ramme amper geen bod gekry het nie.

“Dit maak my bekommerd dat jy nie meer ’n groot hoeveelhei­d ramme kan verkoop nie. Die kopers is nou baie meer puntenerig oor hul vereistes. En die gewone ram gaan nie geld maak nie.”

Hy meen boere gebruik nou danksy laparoskop­ie een goeie ram om meer ooie te dek. Sodoende kan vinniger genetiese vordering gemaak word, en boere is dus meer bereid om goeie pryse vir ramme met die regte syfers te betaal.

 ?? DANIE VORSTER FOTO: ?? Van links is mnre. Booi Miggels (hanteerder), Pieter van Zyl (koper), Giepie Calldo (RFID), Andrew Jordaan (verkoper) en sy kleinseun Andrew Zeiss Jordaan. Mnr. Philip Botha (medekoper) was afwesig.
DANIE VORSTER FOTO: Van links is mnre. Booi Miggels (hanteerder), Pieter van Zyl (koper), Giepie Calldo (RFID), Andrew Jordaan (verkoper) en sy kleinseun Andrew Zeiss Jordaan. Mnr. Philip Botha (medekoper) was afwesig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa