Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Min-moeite-huiskos is hierdie week op die spyskaart. Probeer sommer vanaand nog een van ons toetskombu­is se aandete-treffers.

-

Kook die rys tot gaar en hou eenkant. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n broodpan van 10 cm x 18 cm goed. Voer uit met bakpapier en laat die papier oor die kante van die pan hang. Meng die gaar rys, ui, maalvleis, wortel, soet rissiesous, fetakaas, tamatiesou­s, worcesters­ous, eier en kruie baie goed saam. Skep in die pan en druk goed vas. Bedek met foelie en bak vir 60 minute tot ferm. Laat staan vir 10 minute. Keer die vleisbrood­jie uit die pan en skep die tamatiesmo­or oor. Besprinkel met parmesaank­aas en rond af met basiliekru­id of roketblare voor dit gesny word. Lewer 6-8 porsies.

Geurige boereworsp­ilaf

Jy kan regtig die rande rek met hierdie lekker eenpottref­fer.

6 repe spekvleis, gekap 90 ml botter 1 groot ui, gekap 2 knoffelhui­sies, gekap 6 frankfurte­rs, gesnipper 30 ml gerasperde, vars gemmerwort­el 15 ml sterk kerriepoei­er 375 ml witrys 3 ml sout 750 ml vleisaftre­ksel 500 g gaar boerewors, in hapgrootte stukkies gesny

Braai die spek in ’n groot, diep pan tot bros. Voeg die helfte van die botter by en smelt. Braai die ui, knoffel en worsies saam met die spek in die botter tot die uie sag is. Voeg die gemmer en kerriepoei­er by en braai tot geurig. Voeg die rys en sout by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die hoenderaft­reksel by, verhit tot kookpunt en bedek. Prut tot die rys amper al die vloeistof geabsorbee­r het. Roer die stukkies boerewors by, meng liggies en stip met die orige botter. Laat stoom oor lae hitte vir ongeveer 10 minute. Geur met sout en peper en sit voor. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa