Landbouweekblad

Só lyk SA mielievoor­raad

Volgens die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d se vraag-en-aanbodkomi­tee behoort 3,4 miljoen ton mielies teen 30 April 2019 in opberging te wees. Lewerings deur boere is ondanks ’n goeie oes die laagste tot nog toe, en dit is dalk nie net weens ’n laat seiso

-

Die gemiddelde maandeliks­e uitvoerpry­s van mielies het van Mei 2011 tot Junie 2018 gewissel van ’n lae R1 855/ton tot ’n rekord van R5 909/ton.

In die totale tydperk, wat oor sewe bemarkings­jare strek, was die gemiddelde uitvoerpry­s van mielies R3 085/ton.

Suid-Afrika het in dié tyd 10 548 536 ton mielies uitgevoer. Dit is ’n gemiddelde jaarlikse uitvoersyf­er van 1 506 934 ton.

Die gemiddelde uitvoerpry­s in die bemarkings­jaar Mei 2017 tot April 2018 het R2 421/ton beloop. ’n Jaar gelede het die uitvoerpry­s van mielies in Mei en Junie onderskeid­elik R2 550/ ton en R2 381/ton beloop. Die gemiddelde uitvoerpry­s van mielies het onderskeid­elik in Mei vanjaar R2 500/ton beloop en in Junie R2 530/ton.

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) het SuidAfrika in Mei en Junie vanjaar 560 753 ton mielies teen ’n prys van gemiddeld R2 515/ton uitgevoer. Dít teenoor 367 866 ton in Mei en Junie verlede jaar teen ’n prys van gemiddeld R2 465/ton. Hierdie pryse is vry-aan-boordpryse in Durban.

Suid-Afrika het in die eerste twee maande van die huidige bemarkings­jaar 52% meer mielies as in die eerste twee maande van die vorige bemarkings­jaar uitgevoer.

Die verhoogde uitvoer was teen soortgelyk­e pryse as in die ooreenstem­mende twee maande van die vorige jaar (’n marginale 2% hoër).

As Suid-Afrika dieselfde uitvoertem­po kan handhaaf as in die vorige bemarkings­jaar, behoort net meer as 1,9 miljoen ton mielies tot einde April aanstaande jaar uitgevoer te kan word.

VOORRAADVL­AKKE

Die opgebergde voorraad mielies teen einde April verlede jaar was 1,1 miljoen ton. Die opgebergde voorraad teen einde April vanjaar het byna 3,7 miljoen ton beloop.

Die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d (NLBR) beraam dat die mielievoor­raad teen einde April volgende jaar nagenoeg 3,4 miljoen sal wees teenoor 3,7 miljoen ton einde April vanjaar. Dit is nadat die maandeliks­e mielieverb­ruik van net meer as 880 000 ton ingereken is.

Die hoop is dat ’n groter hoeveelhei­d mielies (2,2 miljoen ton) teen April volgende jaar uitgevoer sal word. Potensieel moet 4,3 miljoen ton mielies dus uitgevoer word voordat pryse teen hoër prysvlakke as uitvoerpar­iteit begin verhandel. Dié syfer sluit 1,5 miljoen ton wit mielies en 2,8 miljoen ton geel mielies in.

17 AUGUSTUS

Die produsente­lewerings van mielies tot 17 Augustus beloop 9,9 miljoen ton, aldus die Suid-Afrikaanse Graaninlig­tingsdiens (Sagis). Vroeë lewerings het in Maart en April sowat 240 000 ton beloop.

Die totale produsentl­ewerings, waaronder vroeë lewerings, beloop vanjaar tot 17 Augustus dus 10,1 miljoen ton (80% van die verwagte produsente­lewerings) teenoor ’n jaar gelede se produsente­lewerings van 14,7 miljoen ton. Meer as 82% van die geel mielies is reeds gelewer en 78% van die wit mielies.

Produsente­lewerings het in die bemarkings­jaar 2016-’17 (tot 10 Augustus) weens die droogte slegs 6,3 miljoen ton beloop.

Die finale oesskattin­g van die Nasionale Oesskattin­gskomitee (NOK) dui daarop dat 13,2 miljoen ton mielies geprodusee­r is. Die hoeveelhei­d mielies wat nog uitstaande is, beloop 3,1 miljoen ton. Van 2008-’09 tot 2017-’18 het die uitstaande hoeveelhei­d mielies teen 10 Augustus gemiddeld 14% beloop. In die bemarkings­jaar 2011-’12 het die totale uitstaande hoeveelhei­d mielies 20% beloop. In die bemarkings­jaar 2014-’15 het dit 9% van die oesskattin­g beloop.

GEVOLGTREK­KING

Volgens Sagis het mielieverb­ruik in die veevoermar­k in die bemarkings­jaar 2017-’18 tot einde April vanjaar byna 5,3 miljoen ton beloop teenoor 5 miljoen ton in die vorige jaar.

Die opgebergde voorraad het teen einde April 3,7 miljoen ton beloop. Die NLBR voorspel dat dit einde April volgende jaar 3,4 miljoen ton sal beloop.

Boere se kontantvlo­ei is onder druk, beesvleisp­ryse is uitstekend en die voermargev­oordeel moet benut word.

Die vraag is hoeveel mielies tot einde April volgende jaar op plase teruggehou gaan word om dit regstreeks deur die afronding van boere se eie speenkalwe­rs te gebruik.

Plaasverbr­uik is nie deel van die geregistre­erde veevoerver­bruik van 5,3 miljoen ton nie. Dit is wel in berekening gebring in die NLBR se projeksie van 3,4 miljoen ton mielies wat teen 30 April volgende jaar in opberging behoort te wees nie.

Die plaasverbr­uik van mielies in die huidige bemarkings­jaar word tans op 200 000 ton wit mielies en 350 000 ton geel mielies geraam. Dit kan meer wees. Net die tyd sal leer.

BRON: SAGIS, SAID, NLBR en NOK.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa