Landbouweekblad

Verhouding­e in SA kan ‘ontspoor’ oor giftige onteiening­sdebat

- — JOHAN NORVAL

DIE huidige openbare gesprek oor grondontei­ening rig baie skade aan en kan verhouding­e in Suid-Afrika in die aanloop tot die 2019-verkiesing laat ontspoor, waarsku me. Melanie Verwoerd, politieke ontleder en voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeu­r in Ierland.

Verwoerd het afgevaardi­gdes op Agri Noord-Kaap se kongres gemaan om nie met oorlogpraa­tjies laer te trek nie en te waak teen ’n denkwyse van “ons teen hulle”.

“Dit is ’n gesprek wat aan die een kant deur die EFF aangedryf word en aan die ander kant deur AfriForum. Albei groepe probeer vrees aanwakker, wat verhouding­e in die land en die moontlike oplossing van die gronddebat kan beduiwel,” sê sy.

Verwoerd voorsien dat ’n poging aangewend sal word om artikel 25 van die Grondwet aan te pas. “Soos ek dit van ANC-bronne verstaan, is dit daarop gemik om bloot die omstandigh­ede van onteiening sonder vergoeding te verduideli­k. Die omstandigh­ede is baie beperk in die ANC se dokumente. Die onteiening van private huise, strandhuis­e en produktiew­e plase wat wettiglik verkry is, is uitgesluit.”

Mnr. Norman Shushu, NoordKaaps­e LUR vir landbou, het in sy huldeblyk aan mnr. Henk van Wyk, die ontslape voorsitter van Agri Noord-Kaap, die Regering se versekerin­g herhaal dat geen grondbeset­ting toegelaat sal word nie.

Volgens Shushu sal die vaste ondernemin­g van die NoordKaaps­e regering om ’n stabiele landboubed­ryf te ondersteun, in toekomstig­e samespreki­ngs met die nuwe leiers van Agri NoordKaap voortgesit word.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Me. Melanie Verwoerd
FOTO: VERSKAF Me. Melanie Verwoerd

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa