Landbouweekblad

Richmondse boer presteer ondanks droogte

- — JOHAN NORVAL

’N VEEBOER uit die dorre Karoo is vanjaar die streekwenn­er wat die Noord-Kaap in Toyota se Jongboer van die Jaar-kompetisie verteenwoo­rdig.

Mnr. Van Zyl Naudé van die plaas Niekerksfo­ntein, Richmond, is op die jaarkongre­s van Agri Noord-Kaap in Kimberley as die streekwenn­er en die gebied se Veeboer van die Jaar aangewys.

Die naaswenner is mnr. Danie Fourie, ’n besproeiin­gsboer van die plaas Spookland, Douglas, wat die Noord-Kaap se Besproeiin­gsboer van die Jaar is.

Naudé is een van sy

gemeenskap se voorslagle­de wat onder meer die dorp se jaarlikse veldskou reël.

Hy het ook meegehelp dat die nasionale Merino-veldskou, die Merino Classic, van 13 tot 15 Februarie aanstaande jaar tydens die Richmond-skou aangebied word.

Sy plaas van meer as 10 000 ha met natuurlike bossie- en grasveld is aan die rand van die Bo-Karoo geleë, digby die Sneeuberge. Sy vleisbeesv­ertakking maak sowat 13% van sy boerderyin­komste uit en Geelbek-Merino’s die res.

STUDIEGROE­PE

Naudé gebruik sy betrokkenh­eid by die studiegroe­p van die Nasionale Wolkwekers­vereniging in sy omgewing as barometer van sy vordering op die plaas en steun die organisasi­e aktief.

Sy hoofsaakli­k droë omgewing laat hom nie toe om fyn wol te kweek nie. Hy spits hom dus toe op wol van sowat 20 mikron wat sy treksterkt­e kan behou.

Die verhouding tussen wol- en vleisinkom­ste beloop tans 55:45, maar hy probeer nou om reproduksi­e te verhoog. Die elektrifis­ering van lammerkamp­e teen skadelike diere is een van die stappe om die boerdery se lampersent­asie te verhoog.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Mnr. Van Zyl Naudé
FOTO: JOHAN NORVAL Mnr. Van Zyl Naudé

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa