Landbouweekblad

TELKOM TJOEPSTIL OOR SY PLANNE VIR DIE PLATTELAND

- ALANI JANEKE

NOORD-KAAPSE boere wie se Telkomlyne vroeër vanjaar tydelik afgesny is, wag steeds op inligting van Telkom oor wat met hul landlyne gaan gebeur.

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê Telkom is “baie stil” oor sy planne vir platteland­se telefoonly­ne.

“Ons het ook lanklaas klagtes van lede gekry dat hul landlyne afgesny word.”

Dit volg nadat wyle mnr. Henk van Wyk, voormalige voorsitter van die organisasi­e, vroeër vanjaar talle klagtes ontvang het oor Telkom-telefoonly­ne wat in die Noord-Kaap afgesny word. In Februarie vanjaar is die landlyne van 70 boere by Garies afgesny sonder dat hulle enige kennisgewi­ngs ontvang het.

Ander boere het kennisgewi­ngs ontvang, en Telkom het aangedui dat satellietf­one met selfoonsim­kaarte as alternatie­f aangebied sou word. Die boere se landlyne is egter afgesny voor hulle verdere inligting oor die betrokke telefone van Telkom ontvang het. Die satelliett­elefone is in baie gevalle nie vir boere ’n uitweg nie weens swak selfoonsei­ne op plase.

Dr. Requier Wait, hoof van ekonomie en handel by Agri SA, het in Februarie met Open Serve, Telkom se diensversk­affer, vergader en van die telefoonly­ne wat afgesny is, is weer aangeskake­l.

OOREENKOMS

Wait sê Telkom is besig om landlyndie­nste met koordlose en satelliet-opsies te vervang omdat die landlynteg­nologie verouderd is en maklik gesteel word.

Telkom het onlangs gesê die Onafhankli­ke Kommunikas­ieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) se konsepregu­lasies sal die maatskappy hard tref. Dié regulasies stel voor dat die tarief wat netwerke van mekaar kan hef as ’n gebruiker van een netwerk ’n gebruiker van ’n ander netwerk bel, verlaag word.

Luidens ’n berig op Moneyweb (sien bit.ly/2CpLrCo) het Okosa ’n openbare konsultasi­eproses begin waarvolgen­s die tarief vir landlyne teen 2020 tot 3c gesny kan word. Dié tarief beloop tans 8c vir landlyne. Okosa stel ook laer tariewe vir selfoonopr­oepe voor, om mededingin­g in dié mark aan te moedig en om koste vir verbruiker­s te verlaag.

Mnr. Sipho Maseko, Telkom se uitvoerend­e hoof, sê so ’n verlaging kan werksverli­ese en die opskorting van dienste, soos openbare telefone en landlyndie­nste, op die platteland tot gevolg hê.

Wait sê die verlaging van tariewe deur Okosa en moontlike opskorting van landlyndie­nste versterk die saak vir landelike gebruikers om na die gebruik van nuwe tegnologie oor te skakel. “Agri SA is besig om ’n ooreenkoms met Telkom te sluit om die oorskakeli­ng na koordlose en satellietd­ienste te bevorder.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa