Landbouweekblad

Ryk lande smag na organiese wyn

- — LUCILLE BOTHA

BRITSE wynliefheb­bers teug graag aan ’n glasie organiese wyn.

Volgens mnr. Richard Dennis, senior kommersiël­e bestuurder by die verspreide­r Ehrmanns Wines in Brittanje, het die vraag na organiese wyn in 2015 die eerste keer die aanbod oorskry.

“Dis ’n neiging wat nie gaan ophou nie. Dit plaas verkopers in ’n sterk posisie, want dis ’n verkopersm­ark. Ons beskou dit as ’n drastiese verskuiwin­g in die mark. Mense raak meer bewus van wat hulle koop, en soek hul produkte noukeurig uit. Kleinhande­laars reageer daarop deur die produkte meer geredelik beskikbaar te stel,” het hy op die sertifiser­ingsliggaa­m Ecocert se organiese wynsimposi­um op Stellenbos­ch gesê.

Teen sowat 0,4 m miljoen ha is druiwe op drie ná die grootste permanente gewas ter wêreld wat organies verbou word. Altesaam 5,3% van die wêreld se wingerde en 8,4% van Europese wingerde word organies bestuur. Europese verbruiker­s het dus meer kennis van organiese wyn. Die lande met die grootste potensiaal om organiese wyn in te voer, is Noorweë, Swede, Finland, Denemarke, Duitsland, Brittanje, Switserlan­d, Oostenryk en die Benelux-lande.

“Dit is die meer ontwikkeld­e, vooruitden­kende en omgewingsb­ewuste lande, maar hulle maak plaaslik min of geen organiese wyn.”

INVOER

Duitsland voer sowat 30 miljoen bottels organiese wyn in. Noorweë en Swede streef na 5% groei teen 2020.

Altesaam 8 000 winkels in Brittanje verkoop organiese produkte, en 1,5% van alle kos- en drankverko­pe deur supermarkt­e is organiese produkte. Altesaam 86% van die verbruiker­s daar koop elke jaar iets organies. Op enige gegewe oomblik is daar sowat £14 miljoen (sowat R273 miljoen) se organiese wyn in Brittanje te koop.

Dennis het gesê dit is nie meer net nisboere wat hul produkte organies verbou nie. Al meer hoofstroom­boere skakel ook oor na organiese praktyke danksy die stygende vraag.

“Kleinhande­laars sien die mag van organiese produksie as ’n bemarkings­hulpmiddel en hulle doen graag promosies en bemarkings­tentoonste­llings van organiese wyne.”

KULTIVARS

Wat witwyn betref, vaar veral Sauvignon blanc, Pinot Grigio, Alvarinho, Grüner Veltliner en Riesling goed in die organiese mark. Chardonnay en Chenin blanc groei nie so sterk in daardie segment nie. Merlot, Tempranill­o, Malbec en Shiraz is gewilde organiese rooiwyne, terwyl Cabernet Sauvignon minder gewild is.

“Daar is ook ’n groot geleenthei­d vir organiese vonkelwyn in Brittanje, veral as dit die styl en waarde van prosecco kan nadoen en met luukse verpakking spog.”

DINK VERDER

Dennis het egter gesê dit is nie genoeg waardetoev­oeging om bloot organies te wees nie. Boere moet ook ander neigings, soos ’n laer alkoholinh­oud of interessan­te verpakking­s (soos wyn in blikkies of plastieksa­kkies), oorweeg.

“Ons het ook gesien aspekte soos natuurlewe en natuurskoo­n, droëlandpr­oduksie, mandjiepar­se, wynmakerpr­ofiele, ou wingerde en druiwe wat met die hand gepluk word, werk goed.”

Hy het Stellar Organics van die Olifantsri­viervallei as ’n groot suksesverh­aal beskryf. Dennis sê daar is vyf aspekte waarna ’n wynverbrui­ker op soek is: ’n Unieke storie, statistiek­e wat ’n boer se aannames steun, bestendige gehalte, deurdagte verpakking en die regte prys.

“Jou prys hoef nie die laagste te wees nie, maar dit moet reg wees.”

 ??  ?? Die Suid-Afrikaanse handelsmer­k Stellar Organics het al groot sukses oorsee behaal.
Die Suid-Afrikaanse handelsmer­k Stellar Organics het al groot sukses oorsee behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa