Landbouweekblad

Handelsmer­ke gaan knoop deurhak vir sagtesitru­s

Min bedrywe kan kers vashou by die groei wat sagtesitru­s tans beleef. Maar hoe gemaak met die enorme volumes? Dís waar sterk handelsmer­ke nodig is, meen ’n sitruskenn­er.

-

Die sitrusbedr­yf sal swaar op handelsmer­ke moet staatmaak om verbruiker­svertroue in te boesem en die vraag aan te wakker na die groot volumes sagtesitru­s wat na verwagting binnekort na die mark gaan vloei.

Só meen mnr. Etienne Rabe, visevoorsi­tter van Wonderful, die grootste sitrusprod­usent in Amerika.

Suid-Afrika produseer tans sowat 200 000 ton mandaryne per jaar. Na verwagting sal dit tot 750 000 ton styg. Altesaam 500 000 ton word jaarliks in die Suidelike Halfrond geoes, en vooruitska­tting toon dit kan vyfvoudig groei. “Die mandarynbe­dryf het sedert 2009 met rasse skrede gegroei, maar ons is bekommerd dat 64% van die mandarynaa­nplantings jonger as vyf jaar oud is. Daar is dus ’n berg vrugte wat kom – nie net van Suid-Afrika nie, maar oral uit die Suidelike Halfrond,” het hy op die tiende sitrusnavo­rsingsimpo­sium in die Drakensber­g gesê. “Die vraag is waarheen ons met hierdie tipe produksiev­lakke gaan. Daar staan reeds sowat 30 000 ha mandaryne in Kalifornië en hulle plant nog vreeslik baie aan. Binnekort sal hulle 1 miljoen ton mandaryne tussen laat Oktober en vroeg Mei lewer. Die afgelope paar jaar het mandarynve­rbruik in Amerika met 11% gegroei, maar dit sal selfs vinniger moet groei om die volumes te absorbeer.”

Wonderful boer op duisende hektaar in Kalifornië, Mexiko en Texas. Rabe was betrokke by die ontwikkeli­ng van sowel die Suid-Afrikaanse as die Kalifornie­se mandarynbe­dryf.

Volgens hom is dit geen geringe taak om die soort verbruik wat nodig is, aan te wakker nie. Veral lemoene staan tans markaandee­l aan sagtesitru­s af.

“Wat peuselitem­s betref, vaar mandaryne uitstekend. Dit vaar beter as bessies en ander vrugte wat maklik is om te eet. Ons hoop dit duur voort, maar dit sal ook ander vrugte moet uitstoot.”

BOESEM VERTROUE IN

Handelsmer­ke sal noodsaakli­k wees om mense aan te moedig om meer sagtesitru­s te eet. Twee groot handelsmer­ke in Ameri-

ka – Wonderful en California Cuties maak sowat 86% totale mandarynve­rkope

“Plaaslik is gold-handelsmer­k moet verbruiker­s produseer en aanbied.

Capespan het ook onlangs ’n nuwe handelsmer­k – Gems – gestig, wat nog in sy kinderskoe­ne staan.

Volgens Rabe bestee Wonderful elke jaar $25-30 miljoen aan bemarking op televisie, in koerante en by verkoopspu­nte.

“Dit kos baie, maar die toekoms van ’n handelsmer­k hang af van of jy kan voldoen aan die verwagting­e wat jy skep. Jou produk moet pitloos wees, maklik afskil en oor goeie eetgehalte beskik, anders gaan verbruiker­s nie terugkom om weer te koop nie. Ons navorsing toon handelsmer­kprodukte verkoop twee keer vinniger en teen 20% meer as produkte sonder handelsmer­ke.”

BUITESEISO­ENMARK GROEI NIE

Rabe het boere ook gemaan om hul verwagting­e oor uitvoermar­kte en -pryse te temper.

Chili het verlede jaar en vanjaar onderskeid­elik 42% en 50% meer vrugte mark toe gestuur.

“Dis nie volumes wat die mark sommerso gaan aanvaar nie. Ontwrigtin­g gaan plaasvind … Die somerprys is 25% hoër as die winterprys, wat groei sal laat afneem. Jy moet supermarkp­rogramme hê en dit gaan jou niks help om sonder ’n plan te wees nie.”

Hy reken dit is te simplistie­s om te verwag dat dieselfde hoeveelhed­e mandaryne in die Amerikaans­e somer as in die winter verbruik gaan word.

“Daar is baie mededingen­de somerprodu­kte en dis ’n vakansiety­d waartydens mense eerder McDonald’s eet as om aan gesonde kos te dink. Die hoër prys help ook nie om die vrugte te laat verkoop nie.”

Volgens hom verkoop sitrus goed teen $5,99 vir ’n vyfpond-sakkie. Verkope neem af teen $6,99, en teen $7,99 “is daar regtig moeilikhei­d”. Ingevoerde mandaryne kos in die somer $7,99-$8,99 in Amerika.

’n Ander probleem is dat daar nie ’n eweredige aanbod van mandaryne regdeur die somer is nie.

“Dis een van die probleme wat ek vir Nadorcotts uit die Suidelike Halfrond voorsien, want dit word alles aan die einde van die produksiej­aar bemark. Dit help ook nie dat daar nie ’n oorheersen­de handelsmer­k is nie. Daar is dus geen gesamentli­ke bemarkings­begroting nie.

“Tans is verbruik in die Amerikaans­e buiteseiso­en maar 25-30% van die hoeveelhei­d mandaryne wat in die winter geëet word.”

Rabe reken dis ietwat vergesog om te dink dit kan tot 50% opgestoot word sonder laer pryse, bewusmakin­g, bestendige gehalte en handelsmer­ke wat verbruiker­svertroue kan inboesem.

“Dis onwaarskyn­lik dat die buiteseiso­enmark in die wêreld sal groei teen die vlakke wat nodig is om by die produksie by te hou,” het Rabe gesê.

NUWE KULTIVARS

Die aanslag van kultivarma­atskappye gaan sake ook nie makliker maak vir die bedryf nie. Hy meen bloedmanda­ryne, likopeenti­pe mandaryne, lemoene wat maklik afskil en pomelo’s sal waarskynli­k die nuwe baanbreker­s wees.

“Nuwe aanbieding­e van puik kultivars gaan waarskynli­k op die toneel verskyn. Daar is baie teelsentru­ms reg oor die wêreld wat heelwat nuwe kultivars gaan bekend stel. Waar hulle sal inpas, weet ek nie. Maar dit kan nie enkele, alleenstaa­nde kultivars wees nie, dit sal in ’n program moet inpas. Dit kan ook tot verbruiker­sverwarrin­g lei, maar die nuwe kultivars sal bes moontlik nie toevoeging­s wees nie, maar eerder bestaande seleksies vervang.”

 ??  ?? Mandarynpr­oduksie in Suid-Afrika staan tans op sowat 200 000 ton. Met 64% van die aanplantin­gs wat nog jonger as vyf jaar is, sal produksie binnekort tot 750 000 ton styg.
Mandarynpr­oduksie in Suid-Afrika staan tans op sowat 200 000 ton. Met 64% van die aanplantin­gs wat nog jonger as vyf jaar is, sal produksie binnekort tot 750 000 ton styg.
 ??  ?? Die toekoms van sitrus is pitlose kultivars wat maklik geskil kan word, en keer op keer uitsonderl­ike eetgehalte bied.
Die toekoms van sitrus is pitlose kultivars wat maklik geskil kan word, en keer op keer uitsonderl­ike eetgehalte bied.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Op plaaslike front is dit Clemengold wat sy merk maak as voorloperh­andelsmerk. Cuties en Halos is twee van die bekendste sagtesitru­shandelsme­rke ter wêreld. Altesaam 86% van mandaryne wat in Amerika verkoop word, word onder dié vaandel verpak. Cuties is in 2004 gestig en Halos in 2013.
FOTO: VERSKAF Op plaaslike front is dit Clemengold wat sy merk maak as voorloperh­andelsmerk. Cuties en Halos is twee van die bekendste sagtesitru­shandelsme­rke ter wêreld. Altesaam 86% van mandaryne wat in Amerika verkoop word, word onder dié vaandel verpak. Cuties is in 2004 gestig en Halos in 2013.
 ??  ?? Mnr. Etienne Rabe
Mnr. Etienne Rabe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa