Landbouweekblad

GARSBOERE BETREUR KOPER SE SKRAPSE KOMMUNIKAS­IE

- ALANI JANEKE

GARSBOERE in die Swartland en Overberg het AB InBev, die enigste koper van moutgars in Suid-Afrika, gevra “om sy deure oop te gooi” en met boere te praat.

Verskeie belanghebb­endes in die bedryf was dit eens op ’n Nasie in Gesprek-paneelbesp­reking op die eerste Nampo Kaap op Bredasdorp dat beter kommunikas­ie tussen almal in die garsbedryf tot voordeel van die bedryf sal wees. Mnr. Gert Claassen, Graan SA-verteenwoo­rdiger vir garsboere in die Swartland, sê regstreeks­e kommunikas­ie tussen die partye sal in almal se guns tel.

Mnr. Jurie Groenewald, ’n boer van Riviersond­erend, het met Claassen saamgestem. “Niemand wil voel soos ons nou voel nie. Ons het op ’n goeie plek met SAB geëindig. Ons het reguit met mekaar gepraat tot die rook soms getrek het, maar ons het gepraat, nie net e-posse en amptelike briewe ontvang en gestuur nie. Ons wil hê julle moet jul deure oopmaak en met ons praat. Dit is Afrika. Hier kan ons enigiets regkry. Ons kom tafel toe, ons wil praat.”

‘VERWELKOM GESPREK’

Op sy beurt het mnr. Josh Hammann, direkteur van landbou-ontwikkeli­ng in Afrika by AB InBev, gesê die maatskappy verwelkom gesprekke met boere. “Ons hou daarvan om vorentoe te kyk. Dis die moeilike gesprekke wat oplossings meebring, nie die maklike gesprekke nie.”

Mnr. Erenst Pelser, uitvoerend­e hoof van Sentraal-Suid Koöperasie (SSK), het gesê garsproduk­sie bied groot struikelbl­okke vir produsente én maatskappy­e wat gars opberg. Die verskillen­de kultivars en grade gars wat gelewer word, moet afsonderli­k opgeberg word, wat groot koste vir maatskappy­e tot gevolg het.

VERSEKERIN­G BEKYK

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, meen oesverseke­ring kan ’n oplossing bied. Pelser het gesê plaaslike versekerin­gsmaatskap­pye het opsies ondersoek, maar sover hy verstaan, sal dié versekerin­g ongeloofli­k duur wees.

Volgens Hammann werk AB InBev op ’n internasio­nale grondslag aan versekerin­g vir die garsbedryf. “Ons gesels met groot versekeraa­rs oor moontlike oplossings wat hulle kan verskaf.”

WINSGEWEND­HEID

Claassen het gesê dit is belangrik dat binne die bedryf met winsgewend­heid tred gehou word. “Talle boere het gars in die Swartland begin plant om uit die greep van die koringbedr­yf se probleme te kom. As daar nie versagtend­e omstandigh­ede en ’n risikoprem­ie is nie, gaan dit nie so vinnig ontwikkel soos wat moontlik is nie.”

Volgens Hammann het die vraag na bier in Suid-Amerika, Afrika en Asië toegeneem. “Ons het ’n nuwe brouery in Nigerië gebou en dit oorskry reeds sy produksiev­ermoë.”

Pelser het gesê deeglike en deurlopend­e kommunikas­ie tussen al die belanghebb­endes in die bedryf gaan ’n belangrike rol vervul. “Die bou van verhouding­s is uiters belangrik en dit maak die bedryf uniek. Ons as mense wat graan opberg, is verbind tot die bedryf en wil deel wees van die toekoms.”

‘Dit is Afrika. Hier kan ons enigiets regkry. Ons kom tafel toe, ons wil praat.’

 ??  ?? Mnr. Gert Claassen
Mnr. Gert Claassen
 ??  ?? Mnr. Josh Hammann
Mnr. Josh Hammann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa