Landbouweekblad

BUL BEHAAL R135 000

- — CHARL VAN ROOYEN

’n Afrikanerb­ul is teen R135 000 verkoop op die nasionale Afrikanerb­ees veiling wat by die Kroon Boma buite Kroonstad gehou is.

Die eienaar, mnr. Martin Ras van Afric Afrikaners, Hoopstad, het die stoetbul aan mnr. Johan en me. Susan Scheepers van Sanmaroux-Afrikaners, Stoffberg, verkoop.

Ras w asook die eienaar van die duurste vroulike dier op die veiling, ’n dragtige vers wat vir R60 000 aan mnr. W.J. Boshoff van Boshoff-Afrikaners by Zeerust verkoop is.

Die naashoogst­e prys van R105 000 vir ’n bul is deur mnr. Estienne Cronjé van Deel fonteinAfr­ikaners, Winburg, aan mnr. David van der Linde van Geelbos-Afrikaner, Standerton, betaal. Dr. Pieter de Kock van Pronk-Afrikaners, Thabazimbi, het ’n bul teen R70 000 aan mnr. Pi erre-André Cronjé, Groot kuilAfrika­ners, Theunissen, verkoop.

Mnr. Julian Balt van SanraAfrik­aners, Carletonvi­lle, het ’n koei met kalf teen R50 000 aan Boshoff verkoop, wat ook ’n koei teen R46 000 by me. Lexi Bramley, Holmesdale-Afrikaners, Bloemfonte­in, gekoop het.

Die omset het R2 646 500 beloop. Bulle is teen gemiddeld R57 818 stuk verkoop, koeie teen gemiddeld R15 000, verse teen gemiddeld R16 333, dragtige verse teen gemiddeld R25 487 en koeie met kalwers teen gemiddeld R32 166.

Die veiling is deur Vleissentr­aal Bloemfonte­in aangebied.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die duurste bul op die nasionale Afrikanerb­eesveiling is teen R135 000 verkoop.
FOTO: VERSKAF Die duurste bul op die nasionale Afrikanerb­eesveiling is teen R135 000 verkoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa