Landbouweekblad

MEGANISASI­E

-

Die Suid-Afrikaanse Landboumas­jinerie-assosiasie (Salma) se jongste syfers toon dat die kleinhande­lverkope van trekkers en stropers in Augustus effens gely het, onder meer weens die laat mielie-oes, kommer oor boere se kontantvlo­eiprobleme, probleme met bankfinans­iering en politieke onsekerhei­d.

Trekkerver­kope van 487 eenhede in Augustus is sowat 18% minder as die 591 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerver­kope egter sowat 7% hoër as verlede jaar.

Stroperver­kope van nege eenhede is drie eenhede minder as die 12 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperver­kope nou sowat 7% laer as verlede jaar.

Die landboumas­jineriebed­ryf is egter steeds hoopvol, ondanks die laer verkope.

“Sodra boere klaar hul somergewas­se geoes het en beplanning vir die nuwe produksiej­aar begin, sal hulle kyk na die aankoop van nuwe toerusting, veral omdat die huidige swak rand uiteindeli­k later in die jaar tot hoër pryse vir toerusting sal lei.

“Bedryfsram­ings vir die 2018-kalenderja­ar bly op ’n vlak van 6 750 eenhede tot 7 000 eenhede, wat 5-10% meer is as verlede jaar se verkope,” het mnr. Greg Cadman, voorsitter van Salma, in ’n verklaring gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa