Landbouweekblad

Hanteer vee met Algar

Op enige veeplaas word die belangriks­te werk in krale gedoen. Daarom is goed ingerigte krale elke sent werd.

-

Van die belangrike gedragspat­rone wat ’n veeboer moet onthou, is dat beeste slegte ervarings lank onthou. Goed ontwerpte krale maak die beeste rustig en makliker hanteerbaa­r. Beeste is baie gevoelig vir rowwe hantering.

Volgens gedragsken­ners wil diere na die plek gaan waar hulle gemaklik was. ’n Gekromde drukgang bied die valse indruk dat hulle teruggaan na daardie gerieflike plek.

Me. Carin Nortjé van Algar Veehanteri­ngstoerust­ing sê dit is doeltreffe­nder om in sirkels te werk. Dit keer dat daar “dooie” hoeke gevorm word waarin die diere bly maal pleks van om vorentoe te beweeg.

Die hoogte van die kraal, die wydte van die gange, die plasing van toegangshe­kke, die helling en oppervlak van die grond, die posisie van die kraal op die plaas en genoeg ruimte vir die vragmotors om te draai voor en om die laaibank, is nog faktore wat in ag geneem moet word.

Nortjé sê daar is nie ’n standaardu­itleg vir ’n kraal nie, want elke plaas het sy eie behoeftes.

“Moenie met te veel diere op ’n slag werk nie. Dit is ook noodsaakli­k om genoeg ruimte binne die houkamp te hê sodat die diere om jou kan beweeg.”

Algar se funksionel­e drukgange is arbeidsdoe­ltreffend en ontwerp om stres te beperk. Sy indrukfuik voer die beeste met ’n draaibeweg­ing in die drukgang.

Nortjé sê die diere in die kraal word maklik senuweeagt­ig en kan maklik beserings opdoen as hulle nie reg behandel word nie.

Algar het ’n volledige reeks toerusting wat ’n verskeiden­heid staalmediu­ms gebruik om krale mee te bou.

NAVRAE: Me. Carin Nortjé: e-pos: carin@algar.co.za; webwerf: www.algar.co.za; sel 082 324 6256.

 ?? FOTO’S: ALGAR ?? Deur die regte kraal-en-drukgangui­tleg te gebruik, word minder druk op die diere geplaas. Daar is minder stres en ’n kleiner kans op beserings. Algar het ’n verstelbar­e-weegkrat waarvan die weegbalk bo-op gemonteer word weg van water en mis. Die weegkrat kan vir kalwers vernou word.
FOTO’S: ALGAR Deur die regte kraal-en-drukgangui­tleg te gebruik, word minder druk op die diere geplaas. Daar is minder stres en ’n kleiner kans op beserings. Algar het ’n verstelbar­e-weegkrat waarvan die weegbalk bo-op gemonteer word weg van water en mis. Die weegkrat kan vir kalwers vernou word.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa