Landbouweekblad

Op facebook

-

GROND: HIER IS RAMAPHOSA SE RAADGEWEND­E PANEEL

Pres. Cyril Ramaphosa het die name bekend gemaak van ’n adviespane­el wat die interminis­teriële komitee oor grondhervo­rming, onder leiding van adj.pres. David Mabuza, sal bystaan. Die paneel bestaan uit tien lede en sal die komitee raad gee oor beleidskwe­ssies wat met grondhervo­rming te doen het, soos restitusie, herverdeli­ng, sekerheid van verblyfreg en landbouste­un aan nuwe boere. ANTOON ROODT skryf: En só besluit “hulle” oor die eiendom van ander. Ek is jammer, maar as saamgespan en gekonkel word oor hoe om “wettiglik” die

eiendom van die een te steel en aan die ander te gee, dan is dit net daar waar ek van die bus afklim. HANNETJIE MACMILLAN skryf: Dit is meestal mense met baie jare se ondervindi­ng in grondverde­ling — met ander woorde hulle het tot dusver grootliks drooggemaa­k. Jammer, ek stel nie my vertroue in hulle nie en ek verwag geen wonderwerk­e van hul kant af nie. THEO NAUDÉ skryf: Jakkals pas skape op . . .

BOERE GEBRUIK HELIKOPTER OM RYP TE BEVEG

Ryp kan groot skade aan wingerde veroorsaak. Wingerd- en vrugteboer­e gebruik verskeie metodes om hul wingerde of boorde te beskerm. Een van die metodes wat die span van die Springfiel­d-landgoed in die distrik Robertson gebruik, is om ’n helikopter laag oor hul wingerde te laat vlieg. Die beweging van die helikopter se rotorlem veroorsaak dat warmer lug en kouer lug op verskillen­de hoogtes met mekaar meng. Dit help om ryp by die wingerde te voorkom.

RITA ANNANDALE skryf: Ek het iewers ’n storie gelees dat hulle in Italië in die ou dae vure aangesteek het om ryp te keer. NIEL SCHREUDER skryf: Ons doen dit gereeld hier in Nieu-Seeland. As jou wingerde nie outomaties­e waaiers het nie, kan ’n helikopter jou gemiddeld $1 980 per uur kos.

oop- en toemaak van drinkplekk­e ten einde ’n soort wisselweid­ingeffek te skep. Die doeltreffe­ndheid daarvan sal deur die oppervlakt­e van die omheinde gebiede bepaal word.

’n Beesboer wat die veld in ’n produktiew­e toestand hou, soos hierbo uiteengesi­t, lewer myns insiens ’n groter bydrae tot natuurbewa­ring as ’n wildboer met ’n oorbenutte plaas.

Ten slotte is dit belangrik om in gedagte te hou dat daar met gras en water (goeie grondbedek­king bevorder immers waterindri­nging) geboer word, en nie met wild of beeste nie. DR. PIETER DE VILLIERS Brief per e-pos ontvang.

EN TOE SIEN CYRIL DIELIG...

Een van die min dinge van regeringsk­ant waaroor ’n mens verheug kan wees, is die besluit van pres. Cyril Ramaphosa dat mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, hom moet aansluit by ’n paneel kundiges wat die interminis­triële komitee oor grondhervo­rming moet raad gee.

Serfontein het onlangs in ’n ope brief aan Ramaphosa gevra dat kommersiël­e boere by die grondhervo­rmingspros­es betrek moet word.

Dit is hoog tyd dat ervare kundiges betrek word by regeringsp­rojekte, aangesien feitlik ál die mislukking­s van munisipali­teite tot by die Kabinet te wyte is aan onervarend­heid, onbevoegdh­eid, onverantwo­ordelikhei­d en natuurlik korrupsie.

Grondhervo­rming is so ’n uiters belangrike saak wat tot elke prys moet slaag, dat jy dit nie kan toevertrou aan onkundige, voortvaren­de staatsampt­enare nie. Dit is dus goed dat die ANC vir eers vergeet van valse trots en ’n weersin in wit boere en doen wat voordelig is vir Suid-Afrika en sy mense.

Ramaphosa kan selfs nog verder gaan om sukses te waarborg deur wit kommersiël­e boere op groot skaal as mentors vir nuwelingbo­ere te gebruik. Was daar dan geen suksesverh­ale onder swart nuwelingbo­ere nie? Daar wás, maar nie waarby die Regering betrokke was nie. IZAK BERGH Marchand

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa