Landbouweekblad

Stedelike landbou bied dié geleenthed­e

Oorweeg jy dit om die produksie van jou landboupro­dukte stad toe te skuif? Die belangstel­ling in stedelike landbou neem wêreldwyd toe.

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid.

Die produksie van landboupro­dukte en die verwerking en die verspreidi­ng daarvan in dorpe en stede gaan toeneem. Dit sluit veral die produksie van landboupro­dukte in kweekhuise, akwakultuu­r en binnenshui­se vertikale boerderypr­aktyke in. Groentepro­duksie op die dakke van geboue in Johannesbu­rg is al ’n werklikhei­d.

Daar is verskeie bronne wat die groei in stedelike landbou wêreldwyd projekteer en dit moet versigtig hanteer word. Sommige maatskappy­e wat in stedelike boerdery belê het, bestaan nie meer nie of is nie meer aktief betrokke by voedselpro­duksie in stedelike gebiede nie.

Volgens Global Market Watch kan die wêreldmark vir vertikale boerdery in 2022 al $6 triljoen beloop. Suid-Afrika se totale bruto produksiew­aarde vir primêre landboupro­duksie is sowat R266 miljard. Volgens Research and Markets sal dié mark in Europa in 2023 $7,2 biljoen bereik. Die markgroott­e was verlede jaar sowat $2,289 biljoen.

Die grootte van die mark vir vertikale boerdery word teen 2025 op A$9,9 biljoen gereken. Dit verteenwoo­rdig groei van 22,4% per jaar.

As neigings in die uitbreidin­g van stedelike boerdery ontleed word, is die aankoopsyf­ers van beligting stelsels vir binnenshui­se vertikale boerderye ’n akkurater aanduiding van die groei in die stedelike boerderyma­rk. Die maatskappy Osram voorsien byvoorbeel­d in 90% van die vertikale boerderybe­dryf se be- ligtingsbe­hoeftes.

Die groter ondernemin­gs wat lid word van die organisasi­es vir vertikale boerdery wêreldwyd, sluit Osram, Privia, Philips en Signify in. Hulle is aktief betrokke in die tegniese subsektor van dié boerderybe­dryf.

Die TABEL toon dat die beraamde wêreldwye inkomste uit die tuinboubel­igtingsmar­k verlede jaar $3,8 miljard beloop het. Na verwagting sal die mark tot in 2022 tot $17 miljard toeneem. Dit is ’n gemiddelde jaarlikse groei in verkope van 34%. Die neiging is gegrond op die verwante groei in stedelike landbou.

GROEI IN AKWAKULTUU­R

Akwakultuu­r is nie by bogenoemde syfers ingesluit nie. Die verwagte markgroei vir akwakultuu­r in die wêreld behoort van 2017 tot 2022 van $523,7 miljoen tot $870,6 miljoen te groei.

Die kuns en wetenskap om optimale plantgroei te verseker, ontwikkel saam met die nuutste ontwikkeli­ngs in digitale tegnologie vir vertikale boerderye. Die toekoms van vertikale boerdery in klimaat gekontrole­erde omgewings in stede is dinamies, vereis goeie konnektiwi­teit en is datagedrew­e.

Faktore wat die groei in stedelike boerdery aandryf, sluit onder meer die internet van dinge (IoT) in. IoT-sensors in boerderye om gewasse doeltreffe­nder te verbou, gaan toeneem. Die inligting wat uit boerdery produksies­telsels se sensors verkry word, word in die rekenaar-“wolk” gebêre en verder ontleed om sekere aksies te aktiveer wat optimale produksie steun.

Die toename in die outomatise­ring van boerderyst­elsels en die verhoogde verbruik van groot data( bigdata ), asook voorspelli­ngs ontleding som opbrengste sodoende te verhoog, gaan die stedelike boerderyma­rk uit die oogpunt van tegnologie verskaffer­s aansienlik laat toeneem.

Osram spits hom byvoorbeel­d toe op navorsing om te bepaal hoe liggehalte, die hoeveelhei­d lig wat benodig word, en die duur daarvan plantprodu­ksie kan optimalise­er. Die maatskappy spits hom daarop toe om tuisteskep­pers van die toekoms in staat te stel om hul groente- en kruiebehoe­ftes self daagliks tuis te produseer.

Stedelinge het ’n groot behoefte om gesonde diëte te volg en om hul eie voedsel te kweek. Tegnologie stel hulle toenemend daartoe in staat om dit tuis in ’n beperkte ruimte self met geslote produksies­telsels te doen. Dié stelsel bespaar water, beperk die gebruik van kunsmis en skakel die gebruik van plaagdoder­s heeltemal uit.

VAN NASA TOT DIE HUIS...

’n Groot deel van die tegnologie het sy oorsprong by Nasa-wetenskapl­ikes wat al oor die afgelope paar dekades daaraan werk om die produksie van kos in klein ruimtes te optimalise­er.

Osram se ligtegnolo­gie speel ’n groot rol in toekomstig­e ontwikkeli­ngs wat plantprodu­ksie na ’n volgende vlak kan voer. Elke plantsoort het eiesoortig­e ligbehoeft­es wat die gehalte en produksie hoeveelhei­d daarvan met unieke ligresepte, tegnologie en sagteware bepaal.

Die vereniging van vertikale boerdery (die AVF) is nie verteenwoo­rdig in Suid-Afrika nie en wil hom hier vestig.

Die vereniging moedig vertikale boere aan om die bedryf in Suid-Afrika meer georganise­erd te maak om hierdie sektor se belange te dien.

Vertikale boerdery is nie aan boere in Suid-Afrika onbekend nie. Dit blyk egter dat stedelinge oorweeg om vertikale boerderypr­aktyke deeltyds aan te pak omdat die beleggings moontlikhe­de en die tegnologie hulle in staat stel om ’n sukses daarvan te maak.

Daar is ’n nuwe geslag stedelike boere wat vertikale stelsels begin implemente­er, op kantoorgeb­oue in die stad voedsel kweek en die varswater visbedryf betree.

Dié boere is naby markte en spits hulle toe op hoë waarde-intensiewe produksies­telsels.

Moet dus nie die geleenthei­d miskyk nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa