Landbouweekblad

‘WYS WATER MET WETENSKAP’

- — MARLEEN SMITH

Wetenskapl­ike metodes bly die beste manier om akkuraat vaste stel waar’ n droogteget­eisterde pla asse grondwater-are vir die presisiesi­nk van boorgate lê.

Vergeet maar van die hoed-, waterbotte­l-, wiggel-en koperdraad metodes.

Só sê mnr. Japie Kleynhans van die ondernemin­g MSG Eksplorasi­e op Jan Kempdorp.

Hy meen water wy smet die hulp van elektronie­se satelliet skandering is die oplossing vir die watertekor­te wat Suid-Afrika en die wêreld in die gesig staar.

Volgens Kleynhans het hy ’n program vir gevorderde satelliet afstandswa­arneming vanaf die Amerikaans­e ruimte-agentskap Nasa bekom. Hy ontwikkel dit nou al die afgelope agt jaar om nie net waterryke breuke op te spoor nie, maar ook groot gebiede te identifise­er waar formasies met diamante, goud, ystererts en ander minerale op plase voorkom.

Volgens hom is dit die enigste program in sy soort wat in Suid-Afrika beskikbaar is.

Kleynhans verduideli­k dat geohidrolo­gie te make het met die verspreidi­ng en beweging van grondwater.

“Waar water op die aarde se oppervlak altyd vanweë gravitasie vanaf ’n hoër punt na ’n laer punt vloei, sal grondwater vanweë drukgradië­nte vanaf ’n punt van hoë druk na ’n punt van lae druk vloei.

“Dit is waar breuke en gange in die aardkors ’n belangrike rol speel.”

Hy sê satellietw­aarneming, soos wat MSG gebruik, word al sedert die begin van die 21ste eeu gebruik om seker te maak boorgate word met koördinaat­plasings in waterryke breuke en krake gesink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa