Landbouweekblad

Werk maklik met dié nuwe rondebaler

Massey Ferguson het sy hooimaakre­eks uitgebrei met ’n stamboekba­ler. Boere kan dus op ’n Massey Ferguson-pakket, wat vierkanten blokbalers, tolsnyers, hooilugter­s en kragharke insluit, vertrou.

-

Verlede Oktober is Lely se voermaakaf­deling (wat Welger insluit) deur AGCO, Massey Ferguson se vervaardig­er, verkry.

Die reeks RB-rondebaler­s bestaan uit vyf modelle met vaste of veranderli­ke kamers vir die baal van gehaltehoo­i, -kuilvoer en -strooi oor die hele spektrum.

Daar is drie vastekamer-modelle: die intreevlak- MF RB 1125F, die MF RB 2125F en die swaardiens­MF RP 2125F. Dié balers maak bale met ’n deursnee van 1,25 m. Die 18 PowerGrip-staalrolle­rs en vinnige baalrotasi­e lewer kompakte, eenvormige bale.

Die reeks bied ook twee modelle met veranderli­ke baalkamers – die MF RB 4160V en MF RB 4180V, wat bale van 0,9 m tot 1,6 m of 1,8 m in deursnee en tot 800 kg maak. Vier naatlose dubbellaag­belde verseker duursame werkverrig­ting teen hoë snelhede.

Kenmerke van die reeks sluit in ’n opteller sonder ’n nokbaan

(camless pickup) wat die gladde invoer van materiaal verseker. Danksy vyf rye tande, wat 64 mm uit mekaar gespasieer is, kan materiaal egalig en skoon opgetel word. ’n Xtracut-funksie met 13, 17 of 25 snylemme, na gelang van die model, is beskikbaar waarmee hooi fyner gekerf kan word. Die lemme is die langste op die mark en geen materiaal word oorgeslaan nie.

Om produktiwi­teit verder te verhoog, kan groter balers met ’n Hydroflex-beheerstel­sel verskaf word. As die invoervolu­me baie groot is, sak die plaat agter die opteller outomaties om materiaal deur te laat en verstoppin­gs te voorkom. Groot verstoppin­gs word verwyder deur die agterste vloer van die baalkamer hidroulies uit die kajuit te laat sak.

Alle modelle het ’n Powersplit­ratkas wat aandrywing tussen die baalkamer en die rotor verdeel. Dit verlaag die kragvereis­te en bied gladder werkverrig­ting.

Outomaties­e smering verleng ook die lewe van kettings en verminder onderhoud. Geen roller hoef ook uit die baler gehaal te word om ’n laer te vervang nie.

Na gelang van model is die balers beskikbaar met net, of met tou én net. Die beproefde Varionet-bindstelse­l hanteer enige tipe net en draai bale perfek toe.

Die reeks word plaaslik deur BHBW versprei.

NAVRAE: Mnr. Theo Pieterse, e-pos: tpieterse@bhbw.co.za, tel. 011 898 0440.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa