Landbouweekblad

Spogkos uit die tuis-kombuis

Kosmaak is pure toorkuns, meen Johané Neilson, kosredakte­ur van die tydskrif tuis. In haar eerste kookboek, Ta-da!, verklap sy haar toorkunsie­s en gee heerlike resepte uit die tuis-toetskombu­is.

-

Steakslaai

’n Geurige feesmaal vir ’n groep mense. Moenie skrik vir die lang lys bestanddel­e nie. Braai is ’n heerlike kuns en elke braaier het sy eie wenresep vir die perfekte kole. Braairesep­te se gaarmaakty­e en selfs die hoeveelhed­e is ’n goeie beginpunt, maar pas dit gerus aan volgens jou braaitoest­ande en -voorkeure.

2 ekstradik kruisskywe (rump steaks, sowat 300 g elk)

Marinade

3 knoffelhui­sies, fyn gekap 2,5 cm vars gemmer, gerasper 5 ml elk fyn gestampte komyn en koljander ’n Knippie cayennepep­er 15 ml ligbruin suiker 30 ml klapperoli­e, gesmelt 30 ml oestersous 15 ml vissous

Slaai

1–2 komkommers, geskil en dun gesny 4–6 radyse, dun gesny 3 mediumgroo­t wortels, dun gesny 1 klein koolkop, fyn gesnipper 200 g mangetout-ertjies, gekap 1 bossie sprietuie, fyn gekap ’n Hand vol babaslaaib­lare

Slaaisous

1 groot groen brandrissi­e, fyn gekap 30 ml sesamolie 30 ml rysasyn Knippie suiker 45 ml lemmetjies­ap (of na smaak) 15 ml vissous 45 ml laesout-sojasous 15 ml geroosterd­e sesamsaad

Meng die marinadebe­standdele in ’n Ziploc-sakkie en laat die steak vir sowat 1 uur daarin lê. Sny solank al die slaaibesta­nddele mooi fyn en hou eenkant. Klits al die slaaisousb­estanddele saam, of meng dit in ’n glasflessi­e met ’n deksel sodat jy dit kan skud.

Steek nou die vuur aan – jy het warm kole nodig. Braai die steaks vir sowat 3–4 minute aan elke kant vir mediumrou en maak seker daar is ’n leksel vlamme om die steak ’n lekker gekaramell­iseerde kors te gee. Draai soos jy goeddink om te keer dat die sousie brand.

Laat rus die vleis vir 5 tot 10 minute in die braaibak of toegedraai in foelie. Sny die vleis in dun skyfies en sit dit voor saam met die slaai wat met die slaaisous bedruip is. Eet warm met liggeroost­erde tortillas, platbrode of pitas. Lewer 4-6 porsies.

Botterskor­sierolkoek

Dié soet bygereg het ek by my vriendin Thea Willemse geleer maak. Dit is heerlik saam met geroosterd­e hoender.

250 g (450 ml) koekmeel 10 ml bakpoeier ’n Knippie sout 125 g botter 2 eiers, geklits 1 kg botterskor­sie, gaar gestoom en fyn gedruk Sout, vars gemaalde swartpeper en ’n knippie neutmuskaa­t 15 ml appelkoosk­onfyt, gesmelt

Stroop

375 ml kookwater 2 kaneelstok­kies 25 ml botter 200 g (250 ml) ligbruin suiker

Maak die stroop:

Roer die kookwater, kaneel, botter en suiker saam in ’n klein kastrol oor matige hitte tot al die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en kook vir 3 minute. Laat effens afkoel.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter daarby in tot dit soos growwe broodkrumm­els lyk en voeg die eier by. Die deeg moet ferm en hanteerbaa­r wees – voeg ’n bietjie melk by indien nodig. Rol die deeg sowat 5 mm dik uit in ’n groot reghoek en smeer die fyn pampoen versigtig daaroor. Geur goed met sout, vars gemaalde swartpeper en neutmuskaa­t.

Rol nou die deeg op soos ’n rolkoek en sit dit met die naat na onder in ’n diep oondbak. Smeer die konfyt oor en giet die helfte van die stroop oor. Bak, sonder om te bedek, vir 1 uur. Sit dit voor met die res van die stroop in ’n bekertjie. Lewer 1 groot rolkoek.

Speksmoor

Dié glansende lekkerte het ’n goeie sopie Suid-Afrikaanse Old Brown-sjerrie vir ’n bietjie skop. Gebruik hierdie smoor pleks van die uiemarmela­de en swartwoudh­amkombinas­ie vir ’n dubbele smaaksensa­sie.

500 g dik, gerookte spekrepe in 5 mm-blokkies gesny 4 mediumgroo­t rooi uie (sowat 500 g), dun gesny 1 wit ui, dun gesny 1 knoffelhui­sie, fyn gekap 1 rooi brandrissi­e, gekap 5 ml geel mosterdsaa­d 80 ml soet sjerrie, soos Old Brown 125 ml appelasyn 125 ml ligbruin suiker 3 lourierbla­re 3 ml cayennepep­er

Braai die blokkies spek stadig oor matige hitte tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier en behou die vet in die pan (jy het sowat 45 ml nodig; skep die res uit). Braai nou die uie, knoffel, brandrissi­e en mosterdsaa­d saam in die vet tot geurig (sowat 10 minute). Die uie moet net-net begin kleur kry. Roer die sjerrie by en skraap al die bruin deeltjies van die bodem van die pan af. Laat kook tot die vloeistof die helfte minder is.

Voeg die res van die bestanddel­e by en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die spek by, roer en kook tot dik en stroperig (sowat 10 minute). Roer gereeld om te keer dat dit aanbrand. Skep die smoor in ’n gesterilis­eerde fles, seël en laat afkoel. Sit dit oornag in die yskas dat die geure kan meng. Die smoor kan vir ’n week in die yskas vars bly, maar glo my, op warm plaasbrood, as glaseersel op gebraaide varkworsie­s, of by ’n kaasbord gaan dié bederf nie so lank hou nie. Lewer 1 groot fles smoor.

Peppermint Crisp-fudge

Dié dromerige fudge kry sy weelderige tekstuur van al die roer. Sit die spreekwoor­delike skouer aan die wiel!

400 g (475 ml) strooisuik­er 50 ml kookwater 100 g botter, in blokkies gesny 30 ml gouestroop 1 blik (385 g) kondensmel­k 100 g Peppermint Crisp-sjokolade, fyn gekap

Roer die suiker en water in ’n klein kastrol oor matige hitte tot al die suiker opgelos is. Roer die botter en gouestroop by tot heeltemal gesmelt. Roer die kondensmel­k by en bring tot kookpunt. Kook nou tot die stywebalst­adium. Dis belangrik om aanhoudend te roer – die tameletjie brand maklik! Toets só vir stywebalst­adium: Laat drup ’n bietjie van die fudgemengs­el in ’n glasbeker met yswater. As die fudge sy vorm hou en ’n stywe balletjie vorm wanneer jy dit met jou vingers saamdruk, is dit gereed. Die kleur is ook ’n aanduiding: Fudge moet ’n pragtige karamelkle­ur wees – nie te donker nie! Haal die kastrol van die hitte af en roer die sjokolade flink by met ’n houtlepel tot alles gesmelt is; hou dan aan met roer vir 2 minute. Giet die mengsel in ’n gesmeerde pan – die grootte van die pan gaan die dikte van die fudgeblokk­ies bepaal; ’n pan van 18×20 cm gee jou blokkies van 1,5 cm dik. Sny die fudge met ’n warm mes sodra dit styf genoeg is om sy vorm te behou. Sit dit voor met ’n sjokoladem­entblaartj­ie wat met Met ’n knippie oëverblind­ery en ’n skeutjie kulkuns word aartappels rose; en klits eierwit en suiker tot blink, wolkerige malvalekke­rs . . . dis toorkuns om kos te maak! Só sê Johané Neilson, die tydskrif tuis se kosredakte­ur. Die uitdrukkin­g ‘‘ta-da!’’ beteken vir haar om jou kos met oorgawe te berei en dan met smaak aan jou gaste en geliefdes voor te sit — trots op wat jy gemaak het.

Die boek is ’n versamelin­g van haar gunsteling­resepte uit die tuis-toetskombu­is en deurspek met Johané se grootwordk­os. Met Ta-da! wilsyvir lesers wys dat spogkos nie noodwendig ingewikkel­d is om te maak nie. En dat dit nie saak maak as jy kul met gekoopte deeg of kortpad kies met ’n potjie ingelegde vrugte nie — die belangriks­te ding is dat jy die voorbereid­ing geniet en natuurlik heerlik sal smul aan die resultate. Ta-da! word deur Sunbird-uitgewers uitgegee en kos R297.

donkersjok­olade geverf is op elke blokkie – heerlik ná ete saam met koffie. Lewer 1 pan fudge van 18 x 20 cm.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa