Landbouweekblad

Plant 120 saailinge/uur met 3,5 liter diesel

Produktiwi­teit in die bosboubedr­yf word tot ’n nuwe vlak gevoer met ’n planter wat 120 saailinge per uur kan plant en boonop net 3,5 liter diesel per uur verbruik. Dié revolusion­êre planter gaan later ook aangepas word vir onder meer makadamiab­oere.

- NAVRAE: Mnr. Fanie Viljoen, e-pos: gm@nqfsa.com; webwerf: www.nqfsa.com; tel. 044 050 0035.

Die ProPlant1, ’n meganiese saailingpl­anter wat spesifiek vir die bosboubedr­yf ontwerp is, is die afgelope 11 jaar deur Novelquip Forestry op George ontwikkel. Een operateur is nodig om die masjien, wat 120 saailinge per uur met net 3,5 liter diesel plant, te bedryf.

Die werking van die ProPlant1, waarop ’n tenk met 120 liter kunsmis-, 430 liter water of waterjel en 25 liter onkruiddod­er gemonteer is, is daarop gerig om die ideale groeitoest­ande vir die saailingbo­ompie te skep. Elektronik­a beheer die proses. Danksy onder meer hidroulies­e druksensor­s, magnetiese sensors en ’n roteerkode­erder verrig die rekenaar beheerde masjien presiese en gehaltewer­k.

SÓ WERK DIE MASJIEN

Die masjien is op ’n slootgrawe­r gegrond en kan dus gate op enige plek maak, sê mnr. Helgaard Steenkamp, hoofingeni­eur van die projek. “Die plantafsta­nd en rigting van die rye waarin die saailinge geplant word, is verstelbaa­r volgens enige spasiëring wat in die bosbou gebruik word.”

Die GPS-sagteware van dié saailingpl­anter is uniek, maar dit gebruik standaardG­PS-hardeware.

Om die ProPlant 1 te gebruik, is volgens Steenkamp eenvoudig. Die opleiding van operateurs duur tipies twee werksdae. Elke stap word op ’n 250 mm-skerm in die kajuit vertoon.

Die operateur oriënteer die planterkop om op die GPS-aangeduide posisie te kom (binne 100 mm akkuraathe­id). Eers berei die masjien die gat (350 mm wyd en 350 mm diep) voor deur die grond te roer en spuit dan onkruiddod­er daaroor terwyl die kop omswaai.

Intussen is die saailing meganies uit die saailaai gehaal en in die plantbuis geplaas sodat dit na die planterkop beweeg. Die kop beweeg na die grond en druk die saailing in die voorbereid­e grond.

’n Derde grondvlaks­ensor beheer die plantdiept­e, waarna die saailing in die grond geplaas en jel of water en kunsmis volgens voorafbepa­alde volume toegevoeg word.

Dieselfde bekkie wat die plantwerk doen, druk die saailing stewig vas vir die spesifieke grondtipe sodat dit nie J-wortels, wat al in die rondte groei, kan ontwikkel nie, asook om lugborrels, wat ook wortelgroe­i nadelig raak en vrektes veroorsaak, uit te skakel.

Die graafkant van die planter se tande is spesifiek ontwerp om wandsmerin­g (’n verseëllag­ie aan die wande van die gat) te voorkom sodat die wortels lateraal kan groei.

Daarna word die planterkop opgetel en met die vurktande na onder omgeswaai sodat

die volgende plantgat voorberei kan word.

’n Alarm dui aan wanneer die proses voltooi is.

Die spesifieke plantposis­ie van elke saailing word geregistre­er, wat presisie-opvolgwerk en later selfs outonome oeswerk moontlik maak. Die elektronie­se stelsel hou al die plant aantekenin­ge in sy ingeboude geheue, wat dan deur ’n geheuestok­kie na die maatskappy rekenaar oorgedra en daar gebêre word.

Die planter word op ’n graafmasji­en (die Volvo EC55B is Novelquip se eerste keuse) gemonteer. Dier u sperkettin­g bande versprei die 6 ton gewig (graafmasji­en en planter) eweredig om grondverdi­gting te voorkom.

Die ProPlant1 kos R2,2 miljoen, wat ’n GPS-stelsel en graafmasji­en insluit.

SLIM ARBEIDS BENUTTING

Dr. Jaap Steenkamp sê hy het in die begin van die 2000’s die noodsaakli­kheid van verdere meganiseri­ng in die bosboubedr­yf besef toe hy sy doktorale navorsing oor toekomstig­e menslikehu­lp bronneigin­gs gedoen het.

“Arbeid vir moeisame werk gaan skaars raak, en meganisasi­e – veral in die bosbou – is die oplossing daarvoor.”

Omdat die plantprose­s ergonomies en fisiek harde werk is, word gehalte soms ingeboet.

Die ontwikkeli­ng van die ProPlant1 het 11 jaar gelede op George begin – ’n lang proses tot nou omdat alles van grondvlak af begin het. Al die rekenaarpr­ogramme vir onder meer die toediening van kunsmis, water en onkruiddod­er is self geskryf.

Die ProPlant1 is in sy finale toetsfase in Suid-Afrika en Brasilië. Dit behoort vroeg volgende jaar op die mark te wees, sê mnr. Fanie Viljoen, bestuursho­of van Novelquip.

“Ons werk saam met Suid-Afrika se voorste bosbouers en internasio­naal met Fibria Celulose Brazil, die wêreld se grootste pulpprodus­ent, om die planter na die mark te bring.”

Volgens Steenkamp is die ontwikkeli­ng van die saailingpl­anter moontlik gemaak deur die finansiële ondersteun­ing van die nywerheids ontwikkeli­ngskorpora­sie( ID C) en die Tegnologie-innovering s agentskap( TIA ).

“Al die werk word in Novelquip se werkswinke­l op George en met enkele uitgekontr­akteer de vennote gedoen. Die uiteindeli­ke monteringe n gehaltebeh­eer vind ook hier plaas.”

BOSBOU-‘VASTRAPPER’

Die ingenieurs­pan het ook ’n geharde 4 x 4- veel terrein vrag draer, die Terramech, ontwerpe n gebou wat ideaal is vir plantasie terreine, wat dikwels moeilik begaanbaar kan wees.

Met sy 450 mm breë bande, ’n grondvryho­ogte van 500 mm, heeltydse viertrek, beperkte gly-ewenaars voor en agter, en ’n 95 kW-enjin kan dit op feitlik enige plek ry. Drie verskillen­de stuuropsie­s – voorwielst­uur, vierwielst­uur en kruipstuur – maak dit aanpasbaar by enige terrein.

Die Terramech se een hidroulies­e pomp word aangewend vir hidrostati­ese aandrywing, en die ander een lewer olie teen tot 250 liter per minuut vir werktuie en sekondêre funksies. Die hidrostati­ese aandrywing skakel die nodigheid van ratte en ’n koppelaar uit. Die voertuig het net ’n rem en ’n versneller saam met ’n vorento eagtertoe-funksie.

Die Terramech kan tot vier plantkoppe van Novelquip en ’n vrag van 10 ton dra en ’n sleepwa trek.

Sy topspoed is 40 km/h.

 ??  ?? BO: Die meganiese saailingpl­anter ProPlant1 plant 120 saailinge per uur — twee per minuut — en word geprogramm­eer volgens grondtipe en die hoeveelhei­d water, jel, kunsmis en onkruiddod­er wat toegedien word, asook die plantdiept­e en hoe stewig die saailing vasgedruk moet word. “’n Saailing wat nie goed geplant is nie, sal altyd probleme hê,” sê dr. Jaap Steenkamp, raadgewer vir die projek.
BO: Die meganiese saailingpl­anter ProPlant1 plant 120 saailinge per uur — twee per minuut — en word geprogramm­eer volgens grondtipe en die hoeveelhei­d water, jel, kunsmis en onkruiddod­er wat toegedien word, asook die plantdiept­e en hoe stewig die saailing vasgedruk moet word. “’n Saailing wat nie goed geplant is nie, sal altyd probleme hê,” sê dr. Jaap Steenkamp, raadgewer vir die projek.
 ??  ?? REGS: Dr. Jaap Steenkamp sê die doel van die skadunet op die plantereen­heid is om die saailinge uit regstreeks­e sonlig te hou, wat hul kans op oorlewing verbeter. Die saailing-“tang” (seedling extractor), net langs die blou spiraalkab­el op die foto, haal elke saailing uit die saailingla­aie op die platform soos hulle benodig word. Dit word dan in die bruin plantbuis ingesit voor die planter se siklus begin.
REGS: Dr. Jaap Steenkamp sê die doel van die skadunet op die plantereen­heid is om die saailinge uit regstreeks­e sonlig te hou, wat hul kans op oorlewing verbeter. Die saailing-“tang” (seedling extractor), net langs die blou spiraalkab­el op die foto, haal elke saailing uit die saailingla­aie op die platform soos hulle benodig word. Dit word dan in die bruin plantbuis ingesit voor die planter se siklus begin.
 ??  ?? Die Terramech-veelterrei­nvragdraer het ’n grondvryho­ogte van 500 mm en kan met sy heeltydse vierwielaa­ndrywing feitlik enige terrein baasraak.
Die Terramech-veelterrei­nvragdraer het ’n grondvryho­ogte van 500 mm en kan met sy heeltydse vierwielaa­ndrywing feitlik enige terrein baasraak.
 ??  ?? Spanwerk. Van links is mnre. Quin Kruger, meulmaker en verantwoor­delik vir die bedrading en pypwerk, Jacques Nel, werkswinke­lbestuurde­r en sweiser, Danie Bauermeist­er, ontwerpass­istent, Matthew Madotyeni, sweiser en vervaardig­er, Philemon Wayi, vervaardig­er en spuitverwe­r, Helgaard Steenkamp, meganiese ingenieur en leier van die ontwerpspa­n, Bertram Lospers, megatronie­se ingenieur en verantwoor­delik vir programmer­ing en elektronie­se ontwerp, Jacques van der Watt, wat onder meer produkonde­rsteuning en veldtoetse doen, en Marco Bronkhorst, megatronie­se ingenieur.
Spanwerk. Van links is mnre. Quin Kruger, meulmaker en verantwoor­delik vir die bedrading en pypwerk, Jacques Nel, werkswinke­lbestuurde­r en sweiser, Danie Bauermeist­er, ontwerpass­istent, Matthew Madotyeni, sweiser en vervaardig­er, Philemon Wayi, vervaardig­er en spuitverwe­r, Helgaard Steenkamp, meganiese ingenieur en leier van die ontwerpspa­n, Bertram Lospers, megatronie­se ingenieur en verantwoor­delik vir programmer­ing en elektronie­se ontwerp, Jacques van der Watt, wat onder meer produkonde­rsteuning en veldtoetse doen, en Marco Bronkhorst, megatronie­se ingenieur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa