Landbou in die Vrystaat
Die droogte het die landbou in die Vrystaat in alle opsigte kwaai getref, maar in die afgelope seisoen het die bedryf in dele van dié provinsie sy kop opgetel.
Hoewel die stropery in die Vrystaat aansienlik langer as gewoonlik geduur het, is die produksiesyfers oor die algemeen die afgelope seisoen goed, sê mnr. Luan van der Walt, ’n ekonoom by Graan SA. “Die stropery is meestal klaar, maar daar is boere wat nog tot byna middel-September mielies gestroop het. Die ander gewasse was reeds vroeër afgehandel,” sê hy.
Hoewel die produksiesyfers goed is, was daar wel dele waar aanplantings van mielies laat was met gevolglike swakker opbrengste. In die distrik Bultfontein kan talle boere nie produksie lenings vir vanjaar bekom nie weens 2015-’16 se droogte, laat plant weens 2017 se rekordproduksie en vroeë ryp.
OPBRENGSTE
“As jy net na die Vrystaat kyk, is 5,4 ton/ha die naashoogste gemiddelde opbrengs van mielies wat nog in die Vrystaat behaal is. Die hoogste was 6,3 ton/ha verlede jaar met die rekordseisoen. Die gemiddelde opbrengs oor tien jaar vir die Vrystaat is 4,5 ton/ha.
“Die provinsie se sonneblom opbrengs vir die seisoen was 1,55 ton/ha terwyl die gemiddelde opbrengs oor tien jaar in die Vrystaat sowat 1,37 ton/ha is.”
Oor die algemeen was die Vrystaat se opbrengste bogemiddeld vir die meeste somergrane. Grondbone se gemiddelde opbrengs was hierdie seisoen laer as die gemiddelde opbrengs op lang termyn.
MIELIES
Van der Walt sê die grootste probleem wat boere hierdie seisoen in die gesig gestaar het, was om betyds te plant.
“Die seisoen het in die grootste deel van die land en ook in die Vrystaat laat begin. Die later aanplantings as gewoonlik het die boere se risiko verhoog.
“Dit het nie net ’n invloed op die opbrengs verwagtinge nie, maar dit verhoog ook die risiko van veral moontlike vroeë koue aan die einde van die seisoen.
“Daar was egter dele in die weste van die Vrystaat waar die aanplantings regtig baie laat was. In daardie omgewings was die opbrengste oor die algemeen nie so goed nie.”
KORING
Aansienlik meer koring as verlede jaar is hierdie seisoen aangeplant, sê Van der Walt.
Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se eerste wintergraan-produksieskatting wat einde Augustus bekend gemaak is, is die oppervlakte koring wat in die Vrystaat
aangeplant is 105 000 ha vir die seisoen. Produksie word op 362 250 ton geskat.
Verlede seisoen is 80 000 ha aangeplant en die produksie was 336 000 ton.
ROOIVLEIS
Weidings toestande in die Vrystaat i snou bo normaal goed, sê mnr. Neels de Villiers, dagbestuurslid van die Vrystaatse Rooivleis produsente-organisasie en voorsitter van die Vrystaatse Diere gesondheid s forum.
Tydens die droogte tot in 2016 het boere hul veekuddes met 30% tot 40% verklein. Die afgelope twee jaar se goeie reën het die veld welig laat groei.
Vanweë die kleiner veestapel het vee en aanteelpryse drasties toegeneem. Graad A2-beesvleis was teen einde Augustus R48/kg en graad A2-lamsvleis R83/kg. Speenkalwers, na gelang van die gewig, kos ongeveer R35/kg en stoorlammers se prys
is R42/kg-R46/kg.
“Rooivleispryse neem trapsgewys toe. Op die oomblik beweeg rooivleispryse sywaarts. Dit is waarom daar in ’n stygende fase so’ n verbruikers weerstand teen rooivleis is. Rooivleis bly egter die beste proteïenbron en Suid-Afrikaanse rooivleis is globaal die goedkoopste.”
De Villiers sê rooivleisboere het beslis nog kontantvloei probleme omdat vroulike diere in
die voerkraal beland. “Boere is nog besig om weer hul kuddes op te bou. Dit sal nog ongeveer twee tot drie jaar duur, mits ons normale reënvaljare het.”
Die rooivleisbedryf is rooskleurig, maar die prentjie kan heeltemal verander as bek-enklouseer weer uitbreek. “Dit sal ’n verlies van R6 miljard vir die totale veebedryf beteken. Sowat 20% van Suid-Afrika se rooivleis word reeds uitgevoer.
Suid-Afrika produseer ongeveer 18% van die wêreld se wol. Australië is die grootste wolproduserende land met ’n produksie van ongeveer 71%. “Die rooivleisen die wolbedryf sal onder groot druk wees, wat die SuidAfrikaanse veebedryf nie kan bekostig nie.”