Landbouweekblad

Só sê ’n rooibosboe­r

-

Klipopmeka­ar, in die hartjie van die noordelike Sederberge, is een van die grootste en modernste organiese rooibospla­se ter wêreld. Hier word etlike tonne organiese tee elke jaar op etiese wyse verbou. Die eindproduk word wêreldwyd verkoop, sê Paul Schlechter, plaasbestu­urder.

Waar kom rooibos oral voor?

In die Wes-Kaap, basies oral waar jy fynbos sal aantref. Rooibos (Aspalathus linearis) kom wild voor in die Sederberg-streek met sy Mediterree­nse klimaat, diep, suur sanderige grond en temperatur­e wat strek van 0 °C in die winter tot 45 °C in die somer. Tee groei ook wild op Klipopmeka­ar en ons oes in ’n mindere mate daarvan.

Wanneer breek oestyd aan?

In die Agter-Pakhuisber­g oes ons van November en maak eers klaar in Maart. Ons oes begin vroeër as in die ander gebiede omdat dit ’n droë area is waar die teeplante gouer stres ervaar, dus moet ons vroeër begin pluk. Rooibos is ’n geharde gewas wat goed vaar in droogtetoe­stande. Ons vind ook dat die beste gehalte tee in hoërliggen­de areas groei waar die reënval (en die opbrengs) laer is. Ons oes net drie jaar lank aan ’n rooiboslan­d en daarna word dit ingewerk. Dan plant ons ’n ander gewas, naamlik hawer, vir een tot drie jaar. Die hawer word as groenbemes­ting ingewerk om die grond se humus- en koolstofvl­akke te bou.

Wat gebeur ná oestyd, voor die tee in jou koppie beland?

As die tee by ons verwerking­sgerief op die plaas aankom, sorteer ons die bondels en sny dit op in fyn stukkies (1 mm tot 5 mm). Die vars gesnyde, nat rooibos gaan dan deur ’n sweetprose­s, waartydens die rooibos se kleur van groen na die kenmerkend­e amberkleur verander. Die geur en aroma word ook vrygestel. Dan word die tee in die son gedroog. Die tee word binne 24 uur gesny, gesweet en gedroog. Daarna moet dit gesif en gesterilis­eer word voor ons dit verpak en verkoop.

Hoekom is rooibos so ’n besondere produk?

Dis ’n natuurlike krui wat inheems in ons streek voorkom, en dit spog met verskeie gesondheid­seienskapp­e.

Hoe reageer die oorsese markte op rooibostee?

Die bemarkers moet hierdie vraag beantwoord, maar waar ons bemark, is almal opgewonde oor rooibostee.

Wat is ’n rooibosboe­r se grootste probleem?

Om die boerdery te laat groei tot op ’n kommersiël­e vlak waar dit sy stempel kan afdruk. Boere het rooibos nog altyd net as ’n alternatie­we gewas beskou.

Hoe drink jy graag jou rooibostee?

Ystee is my gunsteling.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa