Landbouweekblad

GESOEK: DIE SLIMSTE PLAN TER WÊRELD

-

Ons het verlede week Landbouwee­kblad en die Overberg-renosterve­ldbewaring­strust se mees onlangse velddag by Napier gehou. Die velddae bring boere, plantkundi­ges en ekoloë in die veld byeen om van mekaar te leer, en maak die skaamste mense spraaksaam.

Dr. Odette Curtis-Scott en haar span se enorme taak om renosterve­ld, een van die mees bedreigde veldtipes ter wêreld, te probeer bewaar en herstel, word saam met boere aangepak. Niemand weet hoe renosterve­ld gelyk het voor die mens begin paaie bou, sand myn, ploeg en vee aanhou het nie. Aanhoudend­e en waagmoedig­e eksperimen­te toon egter renosterve­ld moet soms gebrand en vir kort tye bewei kan word — weliswaar nie té straf of té lig nie — en dat boere as voogde van die grond deel van die prentjie moet wees.

Soos Odette en haar span elke dag moet uitvind hoe om renosterve­ld te bestuur, sal Suid-Afrikaners ongeloofli­k vindingryk moet wees om die openbare belang, die eise van grondlose mense én die belange van grondbesit­ters in die grondhervo­rmingspros­es te balanseer, skryf adv. Tembeka Ngcukaitob­i onlangs in Mail & Guardian.

Soos by renosterve­ldherstel kan daar nie net een metode of plan wees nie. Tembeka skryf grondresti­tusie gaan nie grondloosh­eid en hawelooshe­id oplos nie. Daarvoor moet herverdeli­ng ook opgekomman­deer word, al is dit óók nie die towerstaff­ie waarop die land hoop nie. As ons nie wil hê die elite moet herverdeli­ng vir selfverryk­ing kaap nie, moet ons diegene wat grond moet kry, deursigtig en duidelik identifise­er. As ons hoop om maatskapli­ke veranderin­g deur grondhervo­rming teweeg te bring, sal armes bevoordeel moet word.

Die advokaat, wat saam met landbou-bekendes in pres. Cyril Ramaphosa se grondpanee­l dien, skryf ook omdat ons verwag grondhervo­rming moet vooruitgan­g, gelykheid en vryheid bevorder, het die staat ’n plig om begunstigd­es sodanig te ondersteun dat hulle die vermoë het om die grond produktief te gebruik.

As boere voel die las van maatskapli­ke transforma­sie word buitenspor­ig op hulle geplaas, dink weer. Boerdery is maar een skakel in waardekett­ings wat die landbou se bydrae tot die ekonomie groter maak as die 2,5% wat gewoonlik voorgehou word.

In sy praatjies wys prof. Ferdi Meyer van die Universite­it van Pretoria deesdae hoe gekonsentr­eerd Suid-Afrika se ekonomie in die hande van ’n minderheid is. Dit beteken nie net grondbesit nie. Kyk maar hoe lyk die markaandee­l van saad-, kunsmis- en landbouche­miese maatskappy­e.

As ons nie breër deelname aan die ekonomie kry nie, kan ons anargie verwag. Prof. Ben Cousins van Plaas het op Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d in Bela-Bela gesê grondhervo­rming kan nie die groot probleme van armoede en ongelykhei­d oplos nie, maar sterk leierskap is nodig om te keer dat verwoesten­de vorme van populistie­se beleid toeneem. Wat op aarde het dit met die bewaring van renosterve­ld te doen? Die Overberg-renosterve­ldbewaring­strust het nederig begin, maar Odette het van meet af aan probeer verstaan watter druk boere ervaar en geen steen onaangeroe­r gelaat om hulle te laat verstaan wat hulle kan doen om renosterve­ld te help bewaar nie.

Eintlik behoort ons aan te dring op velddae saam met lede van die grondpanee­l. Dit is dalk die enigste manier waarop die slimste grondplann­e vir elke gebied na vore sal kom. — AMELIA GENIS (Chris Burgess is met verlof.)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa