Landbouweekblad

STEL DIE WAARHEID BO POLITIES KORREKTE OPTREDE

-

Die georganise­erde landbou moet ’n armlengte wegstaan van die Regering. Jou arm kan in sy potjie afgedraai word. Vra die kommersiël­e boere-unie (CFU) van Zimbabwe. Jy word ’n speelbal in ’n politieke spel waar slegs stemme tel en nie ekonomiese bydrae nie. In oudpres. Robert Mugabe se woorde: “If that is what we need to get rid of them, so be it.”

Valse stellings, soos “julle het die grond gesteel”, moenie ontwyk word met “ons besef ons het ’n moeilike verlede” nie.

Besproeiin­gsprojekte, soos die Boegoeberg­dam in die NoordKaap, is in die 1930’s met uitsluitli­k wit hande-arbeid voltooi. Selfs wit kinders het ná skool kom help.

Manie verwys in LBW van 7 September 2018 na die geskater van Agri Noord-Kaap-kongresgan­gers oor die berugtheid van “Verwoerd” en “Zuma”. Eersgenoem­de het in ’n sanksie-era die ekonomie bestuur tot meer as 6% groei per jaar (die hele Suider-Afrika het daarby baat gevind). Hy was uiters streng op uitgawes. Party-funksies is nie staatsfunk­sies nie, was sy leuse.

Die ANC-regering is nie te vertrou met landboubel­ange nie. Die vinnige gelukwensi­ng van Agri SA vir sy kritiek op AfriForum lyk verdag. As strategies­e vennoot is Agri SA tydens onderhande­linge oor byvoorbeel­d minerale regte en waterregte uitoorlê. Albei regte van die grondeiena­ar is te midde van valse gerusstell­ings onteien en genasional­iseer.

Volgens mediaberig­te word adj.pres. David Mabuza met politieke moorde in Mpumalanga verbind. Hoe kan hy ’n “staatsmant­oespraak” lewer?

In 1994 was die tafel gedek met miljarde rande se beleggings uit die buiteland. Nogtans is alle staatsinst­ellings deur eindelose korrupsie en wanbestuur vernietig.

Wees versigtig met landboubel­ange. Valse gerusstell­ings is goed op die oor, maar pynlik in ontnugteri­ng. Ons is dalk nou in die stilte voor die storm – nie andersom nie. S.L. BOTMA Louisvale

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa