Landbouweekblad

TOG IETS GOEDS UITRAMAPHO­SA SE LEUEN(S)

-

Dit is opmerklik dat mense nou

natuur. Ek het oorgeskake­l van die Bonsmara na ’n ander ras wat my wins per hektaat met 34% verbeter het, doodeenvou­dig as gevolg van verlaagde insetkoste.

MATTHYS JOHAN SWART

skryf: Wanneer jy diere bemark, word jy vergoed per kilogram dier. Niemand betaal ekstra vir hoe die diere lyk nie.

FLORIS VAN NIEKERK ant

woord: Matthys, bouvorm speel ’n groot rol by bemarking aan die haak of op die hoef.

MATTHYS JOHAN SWART ant

woord: By beeste in ’n mate, maar groei is waarmee jy geld maak of verloor.

BLOUBUL WILHELM skryf: Vir my moet ’n bul meer as 30 speenkalwe­rs wat 200-250 kg weeg per jaar kan produseer onder normale omstandigh­ede.

ANKO BONSMARAS skryf: Hier waar ek boer, koop die meeste boere met hul oog. Dit sukkel om dit te verander om teelwaarde­s ook in ag te neem.

ANNELIZE MUDGE skryf: Dis hoog tyd! Dit speel ’n groot rol dat ’n bul al die manlike eienskappe moet hê, maar min boere kyk na die beraamde teelwaarde­s (EBV’s) van sy nageslag as hulle bulle koop. kaalvuis reageer op pres. Cyril Ramaphosa se uitspraak in New York, Amerika, waar hy by die Verenigde Nasies (VN) gesê het dat daar geen moord op boere, spesifiek wit boere, in Suid-Afrika plaasvind nie, asook dat geen grondgrype­ry plaasvind nie.

Hy het die woord “geen” gebruik en nie eens probeer sê dat sulke voorvalle “raar” of “min” is nie.

Ek het al verskeie kere die stelling gemaak dat ons President nie vertrou kan word nie, dog hy het my nog nooit gedwing om te sê dat hy ’n opperste leuenaar is nie. Ek sê dit nou onomwon-

de. Maar anders as verskeie van sy ministers, lieg die President nie bloot om oorlewing nie. Nee, hy soek beleggings vir Suid-Afrika, en hierdie leuen word vir sakedoelei­ndes die wêreld ingestuur.

Ramaphosa sal weldra besef dat sy ontkenning van plaasmoord­e op veral wit boere sy beeld by die VN en in Suid-Afrika groot skade berokken. Boonop gee hy terselfder­tyd by implikasie te kenne dat die misdaadsta­tistieke, of watter statistiek­e ook al, in Suid-Afrika ongeloofwa­ardig of nutteloos is. Die ergste is egter dat die buitewêrel­d nou meer ingelig is oor Suid-Afrika as wat die President is.

Hierdie uitlating van Ramaphosa is erger as staatskapi­ng, met die verskil dat dit nie nodig is om dit na ’n kommissie van ondersoek te verwys nie. Dit laat Helen Zille se twiet oor kolonialis­me na ’n grappie klink.

Die President se uitlatings het gelukkig die skille van verskeie mense se oë laat afval. Ernst Roets van AfriForum is anderdag nog as ’n verwaande klein rammetjie-uitnek afgemaak toe hy die waarheid oor plaasmoord­e vertel het. Dan Kriek van Agri SA, wat Roets hewig gekritisee­r het, meen darem ook nou dat die waarheid erken moet word. Selfs Theo Venter, die politieke ontleder wat pres. Donald Trump om elke draai verfoei, meen dat Ramaphosa ’n fout gemaak het en dit moet erken. Ter versagting “raai” Venter darem in Ramaphosa se guns dat laasgenoem­de eintklik sus of so bedoel het. Die slagoffers van plaasaanva­lle en ooggetuies van sulke misdade

moes dus ook vir die polisie, asook in die howe, gelieg het toe hulle getuig het.

Ek verwag verskeie verduideli­kings oor wat Ramaphosa eintlik gesê het en wat hy daarmee bedoel het. Om een leuen die waarheid te maak, verg egter heelwat bykomende leuens. Daar wag werk op Ramaphosa. IZAK SMALMAN Potchefstr­oom

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa